Seun is…
Ons
as mense het die gewoonte om God se eenvoudige Woord te neem en dit onsetend
kompleks te maak. Soveel so dat ek partykeer getwyfel het in my geloof en selfs
in God! Christenskap is veronderstel om so eenvoudig te wees dat die kinders
dit moet kan verstaan. My enigste sekerheid in die lewe is God Homself. Verder
het ek gevind dat alles anders tot niet gaan of jou gaan terleurstel. Ek het
gevind dat sou ek my geloof basseer op dit wat ander mense sê en selfs leer, is
die kanse goed dat ek iewers probleme gaan optel. Die Heilige Gees wil ons self
leer en al gebruik Hy wie of wat ookal Hy wil om dit te doen (Hy mag maak wat
Hy wil want Hy is God!), moet ek alles na Hom toe vat en dit toets aan die
Woord. Dit kan slegs gedoen word deur my eie persoonlike verhouding met God te
hê. Jesus het dit moontlik vir ons almal gemaak om self met God te kan praat!
‘n Mens se lewe word grootliks bepaal deur jou prentjie van wie God is.
My
vraag was eenvoudig: Wie is die God wat ek my lewe voor gee? Ek ken Hom ‘n
bietjie maar weet nie eintlik wie Hy is nie. Die Bybel is vol beskrywings en
stories wat God en Sy karaktereienskappe beskryf en dit is noodsaaklik dat ons
God so leer ken. Maar daar is ‘n paar plekke in Sy Woord waar God pertinent sê
Ek is, of Hy is, of Jesus is soos bv waar Jesus sê Ek is die weg, die waarheid,
die lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. So ek het al hierdie
versies in die Woord gaan soek. My gebed is dat dit jou kan help om ons Skepper
en Vader en God beter te leer ken.
Moet
asb nie alles net deur lees nie! Print dit, skryf dit uit, maar spandeer tyd en
bid asb oor elke versie! Lees met die Bybel byderhand en lees die paar versies
voor en na elke genoemde versie om die konteks beter te kan verstaan. Laat die
Gees jul lei en leer Hom ken!
Hier
is die versies waar God sê Seun
is….
·
JESAJA 9:5-6 AFR53-AF
Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die
heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke
God, Ewige Vader, Vredevors —
tot vermeerdering van die heerskappy en tot
vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te
bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in
ewigheid. Die ywer van die Here van die leërskare sal dit doen.
·
MATTHÉÜS 22:42 AFR53-AF
en sê: Wat dink julle van die Christus? Wie
se seun is Hy?
·
LUKAS 10:22 AFR53-AF
Alles is aan My oorgegee deur my
Vader; en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader, en wie die Vader
is nie, behalwe die Seun en hy aan wie die Seun dit wil openbaar.
No comments:
Post a Comment