Monday 21 January 2013

Ek is....



Ek is


Ons as mense het die gewoonte om God se eenvoudige Woord te neem en dit onsetend kompleks te maak. Soveel so dat ek partykeer getwyfel het in my geloof en selfs in God! Christenskap is veronderstel om so eenvoudig te wees dat die kinders dit moet kan verstaan. My enigste sekerheid in die lewe is God Homself. Verder het ek gevind dat alles anders tot niet gaan of jou gaan terleurstel. Ek het gevind dat sou ek my geloof basseer op dit wat ander mense sê en selfs leer, is die kanse goed dat ek iewers probleme gaan optel. Die Heilige Gees wil ons self leer en al gebruik Hy wie of wat ookal Hy wil om dit te doen (Hy mag maak wat Hy wil want Hy is God!), moet ek alles na Hom toe vat en dit toets aan die Woord. Dit kan slegs gedoen word deur my eie persoonlike verhouding met God te hê. Jesus het dit moontlik vir ons almal gemaak om self met God te kan praat! ‘n Mens se lewe word grootliks bepaal deur jou prentjie van wie God is.







My vraag was eenvoudig: Wie is die God wat ek my lewe voor gee? Ek ken Hom ‘n bietjie maar weet nie eintlik wie Hy is nie. Die Bybel is vol beskrywings en stories wat God en Sy karaktereienskappe beskryf en dit is noodsaaklik dat ons God so leer ken. Maar daar is ‘n paar plekke in Sy Woord waar God pertinent sê Ek is, of Hy is, of Jesus is soos bv waar Jesus sê Ek is die weg, die waarheid, die lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. So ek het al hierdie versies in die Woord gaan soek. My gebed is dat dit jou kan help om ons Skepper en Vader en God beter te leer ken. 




Moet asb nie alles net deur lees nie! Print dit, skryf dit uit, maar spandeer tyd en bid asb oor elke versie! Lees met die Bybel byderhand en lees die paar versies voor en na elke genoemde versie om die konteks beter te kan verstaan. Laat die Gees jul lei en leer Hom ken!


Hier is die versies waar God sê Ek is….


Ø  GÉNESIS 15:1 AFR53-AF
NÁ hierdie dinge het die woord van die Here tot Abram gekom in ’n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ’n skild en jou loon is baie groot.

Ø  GÉNESIS 15:7 AFR53-AF
Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die Here wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee.

Ø  GÉNESIS 17:1 AFR53-AF
TOE Abram negen-en-negentig jaar oud was, het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor My aangesig, dan sal jy opreg wees.

Ø  GÉNESIS 26:24 AFR53-AF
En die Here het aan hom in dieselfde nag verskyn en gesê: Ek is die God van Abraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want Ek is met jou; en Ek sal jou seën en jou nageslag vermeerder ter wille van Abraham, my kneg.

Ø  GÉNESIS 28:13-15 AFR53-AF
En kyk, die Here het bo-aan gestaan en gesê: Ek is die Here, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee;
en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide; en in jou en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word.
En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het.

Ø  GÉNESIS 31:13 AFR53-AF
Ek is die God van Bet-el waar jy die gedenksteen gesalf het, waar jy aan My ’n gelofte gedoen het. Maak jou dan nou klaar, trek weg uit hierdie land en gaan terug na jou geboorteland.

Ø  GÉNESIS 35:11 AFR53-AF
Verder sê God vir hom: Ek is God, die Almagtige. Wees vrugbaar en vermeerder. ’n Nasie, ja, ’n menigte van nasies, sal van jou afstam, en konings sal uit jou lendene voortkom.

Ø  GÉNESIS 46:3 AFR53-AF
Toe sê Hy: Ek is God, die God van jou vader. Moenie bevrees wees om na Egipte af te trek nie, want Ek sal jou daar ’n groot nasie maak.

Ø  EXODUS 3:6 AFR53-AF
Verder sê Hy: Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob. Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te sien.

Ø  EXODUS 3:14 AFR53-AF
En God sê vir Moses: Ek is wat Ek is. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: Ek is het my na julle gestuur.

Ø  EXODUS 6:1-2 AFR53-AF
VERDER het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is die Here.
En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met My Naam Here het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie.

Ø  EXODUS 6:5 AFR53-AF
Daarom, sê aan die kinders van Israel: Ek is die Here, en Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julle verlos deur ’n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte;

Ø  EXODUS 6:28 AFR53-AF
het die Here Moses aangespreek met die woorde: Ek is die Here. Sê aan Farao, die koning van Egipte, alles wat Ek met jou spreek.

Ø  EXODUS 15:26 AFR53-AF
en gesê: As jy getrou na die stem van die Here jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die Here  wat jou gesond maak.

Ø  EXODUS 20:2 AFR53-AF
Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.

Ø  EXODUS 22:27 AFR53-AF
want dit is sy enigste bedekking, dit is die bekleding vir sy vel. Waarin moet hy anders slaap? En as hy na My roep, sal Ek hoor, want Ek is genadig.

Ø  EXODUS 29:45-46 AFR53-AF
En Ek sal onder die kinders van Israel woon en vir hulle ’n God wees;
en hulle sal weet dat Ek die Here hulle God is wat hulle uit Egipteland uitgelei het om in hulle midde te woon. Ek is die Here hulle God.




Ø  LEVÍTIKUS 11:44-45 AFR53-AF
Want Ek is die Here julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig; daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie.
Want Ek is die Here wat julle uit Egipteland laat optrek het om julle God te wees. So moet julle dan heilig wees, omdat Ek heilig is.

Ø  LEVÍTIKUS 18:2 AFR53-AF
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Ek is die Here julle God.

Ø  LEVÍTIKUS 18:4-6 AFR53-AF
My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is die Here julle God.
Hou dan my insettinge en my verordeninge wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe. Ek is die Here.
Niemand van julle mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie. Ek is die Here.

Ø  LEVÍTIKUS 18:21 AFR53-AF
En van jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is die Here.

Ø  LEVÍTIKUS 18:30 AFR53-AF
Daarom moet julle my ordening onderhou om niks te doen van die gruwelike insettinge wat voor julle gedoen is nie, dat julle jul nie daardeur verontreinig nie. Ek is die Here julle God.

Ø  LEVÍTIKUS 19:3-4 AFR53-AF
Elkeen moet sy moeder en sy vader vrees, en my sabbatte hou. Ek is die Here julle God.
Begeef julle nie tot die afgode en maak vir julle geen gegote gode nie. Ek is die Here julle God.

Ø  LEVÍTIKUS 19:10 AFR53-AF
Jou wingerd moet jy ook nie skoon afoes nie, en die trossies wat van jou wingerd val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die Here julle God.

Ø  LEVÍTIKUS 19:12 AFR53-AF
En julle mag nie vals sweer by my Naam en so die Naam van jou God ontheilig nie. Ek is die Here.

Ø  LEVÍTIKUS 19:14 AFR53-AF
Jy mag ’n dowe nie vloek nie, en voor die blinde geen struikelblok lê nie; maar jy moet jou God vrees. Ek is die Here.

Ø  LEVÍTIKUS 19:16 AFR53-AF
Jy mag nie as ’n kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek is die Here.

Ø  LEVÍTIKUS 19:18 AFR53-AF
Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.

Ø  LEVÍTIKUS 19:25 AFR53-AF
en in die vyfde jaar mag julle hulle vrugte eet — dit alles om hulle opbrings vir julle meer te maak. Ek is die Here julle God.

Ø  LEVÍTIKUS 19:28 AFR53-AF
Julle mag ook ter wille van ’n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die Here.

Ø  LEVÍTIKUS 19:30-32 AFR53-AF
Julle moet my sabbatte hou en my heiligdom ontsien. Ek is die Here.
Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie. Ek is die Here julle God.
Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van ’n grysaard eer; en jy moet jou God vrees. Ek is die Here.

Ø  LEVÍTIKUS 19:34 AFR53-AF
Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos ’n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Ek is die Here julle God.

Ø  LEVÍTIKUS 19:36-37 AFR53-AF
Julle moet ’n regte weegskaal hê, regte weegstene, ’n regte efa en ’n regte hin. Ek is die Here julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het.
Daarom moet julle al my insettinge en al my verordeninge onderhou en dit doen. Ek is die Here.

Ø  LEVÍTIKUS 20:7-8 AFR53-AF
Toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is die Here julle God.
En onderhou my insettinge en doen dit. Ek is die Here wat julle heilig.

Ø  LEVÍTIKUS 20:24 AFR53-AF
En Ek het vir julle gesê: Júlle sal hulle land in besit neem, en Ék sal dit aan julle as besitting gee, ’n land wat oorloop van melk en heuning. Ek is die Here julle God wat julle van die volke afgesonder het.

Ø  LEVÍTIKUS 21:12 AFR53-AF
en hy mag uit die heiligdom nie uitgaan nie, sodat hy die heiligdom van sy God nie ontheilig nie, want die wyding van die salfolie van sy God is op hom. Ek is die Here.

Ø  LEVÍTIKUS 21:15 AFR53-AF
dat hy nie sy kroos onder sy volksgenote ontheilig nie; want Ek is die Here wat hom heilig.

Ø  LEVÍTIKUS 21:23 AFR53-AF
maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie nader kom nie, omdat ’n liggaamsgebrek aan hom is, dat hy my heiligdomme nie ontheilig nie; want Ek is die Here wat hulle heilig.

Ø  LEVÍTIKUS 22:2-3 AFR53-AF
Spreek met Aäron en sy seuns dat hulle versigtig moet wees met die heilige gawes van die kinders van Israel — wat hulle aan My heilig — sodat hulle my heilige Naam nie ontheilig nie. Ek is die Here.
Sê vir hulle: Enigeen in julle geslagte wat uit al julle nakomelinge na die heilige gawes aankom wat die kinders van Israel aan die Here heilig, terwyl sy onreinheid op hom is, dié siel moet uitgeroei word van my aangesig af weg. Ek is die Here.

Ø  LEVÍTIKUS 22:8-9 AFR53-AF
Aas of iets wat verskeur is, mag hy nie eet, sodat hy daardeur nie onrein word nie. Ek is die Here.
Hulle moet dan my ordening onderhou, dat hulle weens die heilige gawes  geen sonde op hulle laai en daardeur sterwe nie, omdat hulle dit ontheilig het. Ek is die Here wat hulle heilig.

Ø  LEVÍTIKUS 22:16 AFR53-AF
en op húlle geen strafbare skuld laai deurdat húlle die heilige gawes sou eet nie; want Ek is die Here wat hulle heilig.

Ø  LEVÍTIKUS 22:30-33 AFR53-AF
Op dieselfde dag moet dit geëet word. Julle moet daarvan niks laat oorbly tot die môre toe nie. Ek is die Here.
Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is die Here.
En ontheilig My heilige Naam nie, sodat Ek geheilig kan word onder die kinders van Israel. Ek is die Here  wat julle heilig,
wat julle uit Egipteland uitgelei het om vir julle ’n God te wees. Ek is die Here.

Ø  LEVÍTIKUS 23:22 AFR53-AF
En as julle die opbrings van jul land oes, moet jy die kant van jou land as jy oes nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die Here julle God.

Ø  LEVÍTIKUS 23:43 AFR53-AF
sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland uitgelei het. Ek is die Here julle God.

Ø  LEVÍTIKUS 24:22 AFR53-AF
Net een wet moet daar vir julle wees — die vreemdeling moet soos die kind van die land wees; want Ek is die Here julle God.

Ø  LEVÍTIKUS 25:17 AFR53-AF
Laat niemand dan sy naaste verdruk nie, en vrees jy jou God; want Ek is die Here julle God.

Ø  LEVÍTIKUS 25:38 AFR53-AF
Ek is die Here julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het om julle die land Kanaän te gee, om julle God te wees.

Ø  LEVÍTIKUS 25:55 AFR53-AF
Want die kinders van Israel is my knegte; my knegte is hulle wat Ek uit Egipteland uitgelei het. Ek is die Here julle God.

Ø  LEVÍTIKUS 26:1-2 AFR53-AF
JULLE mag vir julle geen afgode maak nie; en ’n gesnede beeld of ’n klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie en ’n steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie; want Ek is die Here julle God.
My sabbatte moet julle hou en my heiligdom ontsien. Ek is die Here.

Ø  LEVÍTIKUS 26:13 AFR53-AF
Ek is die Here julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het, dat julle nie hulle slawe moet wees nie; en Ek het julle jukskeie verbreek en het julle regop laat loop.

Ø  LEVÍTIKUS 26:44-45 AFR53-AF
Maar ook dan, as hulle in die land van hul vyande is, verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek ’n einde aan hulle sou maak en my verbond met hulle sou verbreek nie; want Ek is die Here hulle God.
Maar Ek sal tot hulle beswil dink aan die verbond van die voorvaders wat Ek uit Egipteland voor die oë van die nasies uitgelei het om vir hulle ’n God te wees. Ek is die Here.




Ø  NÚMERI 3:41 AFR53-AF
En jy moet vir My — Ek is die Here — die Leviete neem in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die vee van die kinders van Israel.

Ø  NÚMERI 3:45 AFR53-AF
Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van hulle vee, sodat die Leviete myne kan wees. Ek is die Here.

Ø  NÚMERI 10:10 AFR53-AF
Op die dag as julle vrolik is, sowel as op julle feestye en by die begin van julle maande moet julle by jul brandoffers en by jul dankoffers op die trompette blaas: hulle sal dien om julle in gedagtenis te bring voor die aangesig van julle God. Ek is die Here julle God.

Ø  NÚMERI 15:41 AFR53-AF.
Ek is die Here julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het om vir julle ’n God te wees. Ek is die Here julle God.

Ø  NÚMERI 18:20 AFR53-AF
Ook het die Here vir Aäron gesê: Jy sal in hulle land nie erwe nie, en jy sal geen deel onder hulle hê nie. Ek is jou deel en jou erfenis onder die kinders van Israel.

Ø  DEUTERONÓMIUM 1:42 AFR53-AF
het die Here vir my gesê: Sê vir hulle: Julle mag nie optrek en veg nie — want Ek is nie in julle midde nie — dat julle nie voor julle vyande verslaan word nie

Ø  DEUTERONÓMIUM 5:6 AFR53-AF
Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.

Ø  DEUTERONÓMIUM 32:39 AFR53-AF
Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god naas My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie.

Ø  JOSUA 5:14 AFR53-AF
En Hy sê: Nee, maar Ek is die leërowerste van die Here; Ek het nou gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Here aan sy dienskneg sê?

Ø  RIGTERS 6:10 AFR53-AF
En Ek het aan julle gesê: Ek is die Here julle God; julle mag die gode van die Amoriete in wie se land julle woon, nie vrees nie. Maar julle het nie na my stem geluister nie.

Ø  PSALMS 35:3 AFR53-AF
En trek die spies uit en stuit my vervolgers! Spreek tot my siel: Ek is jou heil!

Ø  PSALMS 50:7 AFR53-AF
Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; Israel, dat Ek jou dit kan inskerp: Ek is God, jou God!

Ø  PSALMS 50:21 AFR53-AF
Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor oë stel.

Ø  PSALMS 81:11 AFR53-AF
Ek is die Here jou God wat jou laat optrek het uit Egipteland; maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul.




Ø  JESAJA 1:11 AFR53-AF
Wat het Ek aan die menigte van julle slagoffers? sê die Here. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van vetgemaakte kalwers; en Ek het geen behae in die bloed van stiere of lammers of bokke nie.

Ø  JESAJA 1:14 AFR53-AF
Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My ’n oorlas. Ek is moeg om dit te dra.

Ø  JESAJA 41:10 AFR53-AF
Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.

Ø  JESAJA 42:8 AFR53-AF
EK is die Here, dit is my Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee, of ook my lof aan die gesnede beelde nie.

Ø  JESAJA 43:3-5 AFR53-AF
Want Ek is die Here, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.
Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.
Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af.

Ø  JESAJA 43:10-13, 15 AFR53-AF
Júlle is my getuies, spreek die Here, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is — voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie.
Ek, Ek is die Here, en daar is geen Heiland buiten My nie.
Ék het verkondig en verlos en dit laat hoor, en daar was geen ander god onder julle nie; en julle is my getuies, spreek die Here, en Ek is God.
Ook van vandag af is Ek dit, en niemand red uit my hand nie; Ek werk, en wie kan dit keer?
Ek is die Here, julle Heilige; die Skepper van Israel, julle Koning.

Ø  JESAJA 43:25 AFR53-AF
Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.

Ø  JESAJA 44:6 AFR53-AF
SO sê die Here, die Koning van Israel en sy Losser, die Here van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.

Ø  JESAJA 44:24 AFR53-AF
SO sê die Here, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die Here wat alles volbring, wat die hemel uitspan, Ek alleen, en wat die aarde uitsprei — wie was met My?

Ø  JESAJA 45:5-6 AFR53-AF
Ek is die Here, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,
sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die Here, en daar is geen ander nie;

Ø  JESAJA 45:18-19 AFR53-AF
Want so sê die Here, wat die hemele geskape het — Hy is God! — wat die aarde geformeer en dit gemaak het — Hy het dit bevestig; Hy het dit nie geskape om woes te wees nie, maar dit geformeer om bewoon te word — Ek is die Here, en daar is geen ander nie.
Ek het in die geheim nie gespreek nie — op ’n plek van die donker land; Ek het aan die geslag van Jakob nie gesê: Soek My tevergeefs nie. Ek is die Here wat geregtigheid spreek, wat regte dinge verkondig.

Ø  JESAJA 45:22 AFR53-AF
Wend julle tot My en laat julle red, alle eindes van die aarde! Want Ek is God, en daar is geen ander nie.

Ø  JESAJA 46:9 AFR53-AF
Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie;

Ø  JESAJA 48:12 AFR53-AF
Luister na My, o Jakob, en Israel, wat Ek geroep het, dit is Ek; Ek is die Eerste, ook is Ek die Laaste.

Ø  JESAJA 48:17 AFR53-AF
So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan.

Ø  JESAJA 51:12 AFR53-AF
Ek is dit wat julle troos! Wie is jy, dat jy bevrees is vir die mens wat moet sterwe, en vir die mensekind wat oorgegee word soos gras?

Ø  JESAJA 51:15 AFR53-AF
Maar Ek is die Here jou God wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis; Here van die leërskare is sy Naam!

Ø  JESAJA 52:6 AFR53-AF
Daarom sal my volk my Naam leer ken; daarom sal hulle weet  op dié dag dat dit Ek is wat spreek: Hier is Ek!

Ø  JEREMIA 1:8 AFR53-AF
Wees vir hulle nie bevrees nie, want Ek is met jou om jou uit te red, spreek die Here.

Ø  JEREMIA 1:12 AFR53-AF
Toe sê die Here vir my: Jy het goed gesien, want Ek is wakker oor my woord om dit te volbring.

Ø  JEREMIA 1:19 AFR53-AF
En hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie; want Ek is met jou, spreek die Here, om jou uit te red.

Ø  JEREMIA 3:12 AFR53-AF
Gaan en roep hierdie woorde na die noorde toe uit en sê: Keer terug, o afkerige, Israel, spreek die Here. Ek sal julle nie donker aankyk nie, want Ek is goedertieren, spreek die Here; Ek sal die toorn nie vir ewig behou nie.

Ø  JEREMIA 3:14 AFR53-AF
Keer terug, o afkerige kinders, spreek die Here, want Ek is heer oor julle; en Ek sal julle neem, een uit ’n stad en twee uit ’n geslag en sal julle in Sion bring.

Ø  JEREMIA 15:6 AFR53-AF
Jy het My verwerp, spreek die Here, jy het ál agteruitgegaan; daarom strek Ek my hand teen jou uit en verwoes jou; Ek is moeg om berou te hê.

Ø  JEREMIA 15:20 AFR53-AF
En Ek sal jou ’n onneembare kopermuur vir hierdie volk maak; en hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorweldig nie; want Ek is met jou om jou te verlos en om jou te red, spreek die Here.

Ø  JEREMIA 29:23 AFR53-AF
omdat hulle ’n skanddaad in Israel begaan het en owerspel met die vroue van hulle naaste bedryf het en ’n leuenwoord in my Naam gespreek het, wat Ek hulle nie beveel het nie; en Ek is die Een wat weet en getuie is, spreek die Here.

Ø  JEREMIA 30:11 AFR53-AF
Want Ek is met jou, spreek die Here, om jou te verlos. Want Ek sal ’n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.

Ø  JEREMIA 31:9 AFR53-AF
Hulle sal kom met geween, en met smekinge sal Ek hulle lei; Ek sal hulle bring by waterstrome, op ’n gelyk pad waarop hulle nie sal struikel nie; want Ek is vir Israel ’n Vader, en Efraim is my eersgeborene.

Ø  JEREMIA 32:27 AFR53-AF
Kyk, Ek is die Here, die God van alle vlees; sou enige ding vir My te wonderbaar wees?

Ø  JEREMIA 42:11 AFR53-AF
Vrees nie vir die koning van Babel vir wie julle bang is nie; wees nie vir hom bevrees nie, spreek die Here, want Ek is met julle om julle te verlos en julle uit sy hand te red.

Ø  JEREMIA 44:26-27 AFR53-AF
Daarom, hoor die woord van die Here, o hele Juda wat in Egipteland woon! Kyk, Ek sweer by my grote Naam, sê die Here: Nooit sal my Naam meer aangeroep word deur die mond van enige man van Juda in die hele Egipteland nie, met die woorde: So waar as die Here Here leef!
Kyk, Ek is wakker oor hulle ten kwade en nie ten goede nie; en al die manne van Juda wat in Egipteland is, sal deur die swaard en die hongersnood omkom, totdat dit met hulle gedaan is.

Ø  JEREMIA 46:28 AFR53-AF
Jy, o my kneg Jakob, wees nie bevrees nie, spreek die Here, want Ek is met jou. Want Ek sal ’n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verdryf het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.

Ø  ESÉGIËL 20:5 AFR53-AF
en sê aan hulle: So spreek die Here Here: Die dag toe Ek Israel uitverkies het, het Ek my hand opgehef vir die geslag van die huis van Jakob en My aan hulle bekend gemaak in Egipteland; ja, Ek het my hand vir hulle opgehef en gesê: Ek is die Here julle God.

Ø  ESÉGIËL 20:7 AFR53-AF
En Ek het aan hulle gesê: Gooi weg, elkeen die verfoeisels van sy oë, en verontreinig julle nie met die drekgode van Egipte nie: Ek is die Here julle God.

Ø  ESÉGIËL 20:19 AFR53-AF
Ek is die Here julle God; wandel in my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit.

Ø  ESÉGIËL 34:31 AFR53-AF
En julle is my skape, die skape van my weide; julle is mense, Ek is julle God, spreek die Here Here.

Ø  ESÉGIËL 44:28 AFR53-AF
En dit sal vir hulle ’n erfdeel wees: Ek is hulle erfdeel; en julle mag aan hulle geen besitting in Israel gee nie: Ek is hulle besitting.

Ø  HOSÉA 2:1 AFR53-AF
TWIS met julle moeder, twis; want sy is nie my vrou nie, en Ek is nie haar man nie, en laat sy haar hoerery van haar aangesig verwyder en haar owerspel van haar borste af weg.

Ø  HOSÉA 5:14 AFR53-AF
Want Ek is soos ’n leeu vir Efraim, en soos ’n jong leeu vir die huis van Juda; Ek, Ek verskeur en gaan heen, Ek dra weg sonder dat iemand red.

Ø  HOSÉA 11:9 AFR53-AF
Ek sal my toorngloed nie laat geld nie, Ek sal Efraim nie weer te gronde rig nie; want Ek is God en nie ’n mens nie, die Heilige in jou midde. En Ek sal nie kom in grimmigheid nie.

Ø  HOSÉA 12:10 AFR53-AF
Maar Ek is die Here jou God van Egipteland af, Ek sal jou weer in tente laat woon soos in die dae van die huttefees.

Ø  HOSÉA 14:9 AFR53-AF
Efraim, wat het Ek nog met die afgode te doen? Ek het hom verhoor en hou my oog oor hom. Ek is soos ’n groen sipres; uit My word jou vrug gevind.

Ø  HAGGAI 1:13 AFR53-AF
Daarop het Haggai, die boodskapper van die Here, kragtens die boodskap van die Here, met die volk gespreek en gesê: Ek is met julle, spreek die Here.

Ø  HAGGAI 2:4 AFR53-AF
Nou dan, skep moed, Serubbábel, spreek die Here, en skep moed, Josua, hoëpriester, seun van Jósadak, en skep moed, julle almal, volk van die land, spreek die Here, en werk! Want Ek is met julle, spreek die Here van die leërskare,

Ø  SAGARÍA 1:15 AFR53-AF
maar Ek is grootliks vertoornd oor die sorglose nasies wat, terwyl Ek ’n weinig vertoornd was, die onheil aangehelp het.

Ø  SAGARÍA 10:6 AFR53-AF
En Ek sal die huis van Juda sterk maak en aan die huis van Josef hulp verleen en hulle ’n woonplek aanwys, want Ek ontferm My oor hulle; en hulle sal wees asof Ek hulle nie verwerp het nie, want Ek is die Here hulle God, en Ek sal hulle verhoor.


Ø  MATTHÉÜS 11:29-30 AFR53-AF
Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want My juk is sag en My las is lig.

Ø  MATTHÉÜS 15:24 AFR53-AF
Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.

Ø  MATTHÉÜS 22:32 AFR53-AF
Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie ’n God van dooies nie, maar van lewendes.

Ø  MATTHÉÜS 27:43 AFR53-AF
Hy het op God vertrou; laat Hy Hom nou verlos as Hy behae in Hom het; want Hy het gesê: Ek is die Seun van God.

Ø  MATTHÉÜS 28:20 AFR53-AF
En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

Ø  MARKUS 12:26 AFR53-AF
En wat die dode betref, dat hulle opstaan — het julle nie gelees in die boek van Moses, in die gedeelte oor die doringbos, hoe God vir hom gesê het: Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob nie?

Ø  MARKUS 14:62 AFR53-AF
En Jesus sê: Ek is. En u almal sal die Seun van die mens aan die regterhand van die krag van God sien sit en kom met die wolke van die hemel.

Ø  LUKAS 22:27 AFR53-AF
Want wie is groter: die een wat aan tafel is, of die een wat dien? Is dit nie hy wat aan tafel is nie? Maar Ek is onder julle soos een wat dien.


Ø  JOHANNES 6:35 AFR53-AF
En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.

Ø  JOHANNES 6:41 AFR53-AF
Toe murmureer die Jode oor Hom, omdat Hy gesê het: Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het.

Ø  JOHANNES 6:48 AFR53-AF
Ek is die brood van die lewe.

Ø  JOHANNES 6:51 AFR53-AF
Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.

Ø  JOHANNES 7:28 AFR53-AF
Jesus roep toe uit, terwyl Hy in die tempel leer, en sê: Julle ken My en julle weet ook van waar Ek is; tog het Ek nie uit Myself gekom nie; maar Hy wat My gestuur het, is waaragtig, vir wie julle nie ken nie.

Ø  JOHANNES 7:34 AFR53-AF
Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie.

Ø  JOHANNES 8:12 AFR53-AF
EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

Ø  JOHANNES 8:23-24 AFR53-AF
En Hy sê vir hulle: Julle is van benede, Ek is van bo; julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie.
Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.

Ø  JOHANNES 8:28 AFR53-AF
En Jesus sê vir hulle: Wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, dan sal julle weet dat dit Ek is; en uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek.

Ø  JOHANNES 8:49 AFR53-AF
Jesus antwoord: Ek is nie van die duiwel besete nie; maar Ek eer my Vader, en julle doen My oneer aan.

Ø  JOHANNES 10:7-11 AFR53-AF
Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape.
Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie.
Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.

Ø  JOHANNES 10:36 AFR53-AF
sê julle vir Hom wat die Vader geheilig en in die wêreld gestuur het: U spreek godslasterlik — omdat Ek gesê het: Ek is die Seun van God?

Ø  JOHANNES 11:15 AFR53-AF
En Ek is bly om julle ontwil dat Ek nie daar was nie, sodat julle kan glo. Maar laat ons na hom toe gaan.

Ø  JOHANNES 11:25 AFR53-AF
Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;

Ø  JOHANNES 12:26 AFR53-AF
As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.

Ø  JOHANNES 13:13 AFR53-AF
Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit.

Ø  JOHANNES 13:19 AFR53-AF
Van nou af sê Ek dit aan julle voordat dit gebeur, sodat wanneer dit gebeur, julle kan glo dat dit Ek is.

Ø  JOHANNES 14:3 AFR53-AF
En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

Ø  JOHANNES 14:6 AFR53-AF
Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Ø  JOHANNES 14:9 AFR53-AF
Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?

Ø  JOHANNES 15:1 AFR53-AF
EK is die ware wynstok, en My Vader is die landbouer.

Ø  JOHANNES 15:5 AFR53-AF
Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

Ø  JOHANNES 17:10-11 AFR53-AF
En alles wat Myne is, is Uwe; en wat Uwe is, is Myne; en Ek is in hulle verheerlik.
En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in U Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.

Ø  JOHANNES 17:24 AFR53-AF
Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.

Ø  JOHANNES 18:8 AFR53-AF
Jesus antwoord: Ek het vir julle gesê dat dit Ek is. As julle My dan soek, laat hierdie manne weggaan



Ø  HANDELINGE 7:32 AFR53-AF
Ek is die God van jou vaders, die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob. En Moses het begin bewe en nie gewaag om dit te bekyk nie.

Ø  HANDELINGE 9:5 AFR53-AF
En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.

Ø  HANDELINGE 18:9-10 AFR53-AF
Wees nie bevrees nie, maar spreek en moenie swyg nie; want Ek is met jou, en niemand sal die hand aan jou slaan om jou kwaad aan te doen nie, want Ek het baie mense in hierdie stad.

Ø  I PETRUS 1:16 AFR53-AF
omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.

Ø  OPENBARING 1:8 AFR53-AF
Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Ø  OPENBARING 1:11 AFR53-AF
Ek is die Alfa en die Oméga, die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in ’n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na Éfese en Smirna en Pérgamus en Thiatíre en Sardis en Filadelfía en Laodicéa.

Ø  OPENBARING 1:17-18 AFR53-AF
En toe ek Hom sien, val ek soos ’n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

Ø  OPENBARING 2:23 AFR53-AF
En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.

Ø  OPENBARING 21:6 AFR53-AF
En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.

Ø  OPENBARING 22:13 AFR53-AF
Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.

Ø  OPENBARING 22:16 AFR53-AF
Ek, Jesus, het My engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.