Wednesday 6 February 2013

Jesus is...



Jesus is



Ons as mense het die gewoonte om God se eenvoudige Woord te neem en dit onsetend
kompleks te maak. Soveel so dat ek partykeer getwyfel het in my geloof en selfs in God!
Christenskap is veronderstel om so eenvoudig te wees dat die kinders dit moet kan ver-
staan. My enigste sekerheid in die lewe is God Homself. Verder het ek gevind dat alles
anders tot niet gaan of jou gaan terleurstel. Ek het gevind dat sou ek my geloof basseer op dit wat ander mense sê en selfs leer, is die kanse goed dat ek iewers probleme gaan optel. Die Heilige Gees wil ons self leer en al gebruik Hy wie of wat ookal Hy wil om dit te doen
(Hy mag maak wat Hy wil want Hy is God!), moet ek alles na Hom toe vat en dit toets aan
die Woord. Dit kan slegs gedoen word deur my eie persoonlike verhouding met God te hê. Jesus het dit moontlik vir ons almal gemaak om self met God te kan praat! ‘n Mens se lewe word grootliks bepaal deur jou prentjie van wie God is.

My vraag was eenvoudig: Wie is die God wat ek my lewe voor gee? Ek ken Hom ‘n bietjie maar weet nie eintlik wie Hy is nie. Die Bybel is vol beskrywings en stories wat God en Sy
karaktereienskappe beskryf en dit is noodsaaklik dat ons God so leer ken. Maar daar is ‘n
paar plekke in Sy Woord waar God pertinent sê Ek is, of Hy is, of Jesus is soos bv waar
Jesus sê Ek is die weg, die waarheid, die lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur
My nie. So ek het al hierdie versies in die Woord gaan soek. My gebed is dat dit jou kan
help om ons Skepper en Vader en God beter te leer ken.

Moet asb nie alles net deur lees nie! Print dit, skryf dit uit, maar spandeer tyd en bid asb oorelke versie! Lees met die Bybel byderhand en lees die paar versies voor en na elke ge-
noemde versie om die konteks beter te kan verstaan. Laat die Gees jul lei en leer Hom ken!

Hier is die versies waar God sê Jesus is….



·         HANDELINGE 19:17 AFR53-AF
En dit het bekend geword aan al die Jode en Grieke wat in Éfese woon, en vrees het op hulle almal geval, en die Naam van die Here Jesus is groot gemaak.

·         ROMEINE 3:24-26 AFR53-AF
en hulle word deur Sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.
Hom het God voorgestel in Sy bloed as ’n versoening deur die geloof, om Sy geregtig-
heid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God —
om Sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees
      en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.

·         ROMEINE 8:1 AFR53-AF
DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie
na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

·         I THESSALONICENSE 2:14 AFR53-AF
Want julle, broeders, het navolgers geword van die gemeentes van God wat in Christus Jesus is in Judéa, omdat julle ook dieselfde dinge gely het van julle eie stamgenote net soos hulle van die Jode,



·         I TIMÓTHEÜS 1:14 AFR53-AF
      En die genade van onse Here was baie oorvloedig met geloof en liefde wat in Christus Jesus is.

·         II TIMÓTHEÜS 1:1 AFR53-AF
PAULUS, ’n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, ooreenkomstig die belofte van die lewe wat in Christus Jesus is,

·         II TIMÓTHEÜS 1:13 AFR53-AF
Hou as voorbeeld van gesonde woorde dié wat jy van my gehoor het, in die geloof en
liefde wat in Christus Jesus is.

·         II TIMÓTHEÜS 2:1 AFR53-AF
JY dan, my seun, wees sterk deur die genade wat in Christus Jesus is;

·         II TIMÓTHEÜS 2:10 AFR53-AF
Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing
wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid.

·         I PETRUS 5:14 AFR53-AF
Groet mekaar met ’n kus van liefde. Vrede vir julle almal wat in Christus Jesus is!
Amen.

·         OPENBARING 19:10 AFR53-AF
En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is ’n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het.
Aanbid God. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie.



Seun is...



Seun is


Ons as mense het die gewoonte om God se eenvoudige Woord te neem en dit onsetend kompleks te maak. Soveel so dat ek partykeer getwyfel het in my geloof en selfs in God! Christenskap is veronderstel om so eenvoudig te wees dat die kinders dit moet kan verstaan. My enigste sekerheid in die lewe is God Homself. Verder het ek gevind dat alles anders tot niet gaan of jou gaan terleurstel. Ek het gevind dat sou ek my geloof basseer op dit wat ander mense sê en selfs leer, is die kanse goed dat ek iewers probleme gaan optel. Die Heilige Gees wil ons self leer en al gebruik Hy wie of wat ookal Hy wil om dit te doen (Hy mag maak wat Hy wil want Hy is God!), moet ek alles na Hom toe vat en dit toets aan die Woord. Dit kan slegs gedoen word deur my eie persoonlike verhouding met God te hê. Jesus het dit moontlik vir ons almal gemaak om self met God te kan praat! ‘n Mens se lewe word grootliks bepaal deur jou prentjie van wie God is.

My vraag was eenvoudig: Wie is die God wat ek my lewe voor gee? Ek ken Hom ‘n bietjie maar weet nie eintlik wie Hy is nie. Die Bybel is vol beskrywings en stories wat God en Sy karaktereienskappe beskryf en dit is noodsaaklik dat ons God so leer ken. Maar daar is ‘n paar plekke in Sy Woord waar God pertinent sê Ek is, of Hy is, of Jesus is soos bv waar Jesus sê Ek is die weg, die waarheid, die lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. So ek het al hierdie versies in die Woord gaan soek. My gebed is dat dit jou kan help om ons Skepper en Vader en God beter te leer ken.

Moet asb nie alles net deur lees nie! Print dit, skryf dit uit, maar spandeer tyd en bid asb oor elke versie! Lees met die Bybel byderhand en lees die paar versies voor en na elke genoemde versie om die konteks beter te kan verstaan. Laat die Gees jul lei en leer Hom ken!

Hier is die versies waar God sê Seun is….


·         JESAJA 9:5-6 AFR53-AF
Want n Kind is vir ons gebore, n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors
       tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die Here van die leërskare sal dit doen.

·         MATTHÉÜS 22:42 AFR53-AF
en sê: Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy?

·         LUKAS 10:22 AFR53-AF
Alles is aan My oorgegee deur my Vader; en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader, en wie die Vader is nie, behalwe die Seun en hy aan wie die Seun dit wil openbaar.