Friday 24 May 2013

Holiday for Jesus and charity!

Kohandé Luxury tented accommodation – located in leeuwkloof valley(Pretoria)
 
Winter Special from 24 May 2013 – 18 August 2013 only R800 for 2 persons for 2 nights
Normal rates apply for only 1 night – R300 per person
10% of booking goes to “Avontuur vir Jesus Jeugkampe” www.avontuurvirjesus.co.za
 
Description: Description: C:\Users\KOBUS-PC\AppData\Local\Microsoft\Windows\Temporary Internet Files\Content.Outlook\WTHUEIIL\Tent 1 voor  lapa 2 007.jpgDescription: Description: C:\Users\KOBUS-PC\AppData\Local\Microsoft\Windows\Temporary Internet Files\Content.Outlook\WTHUEIIL\Tent binne_0657.jpgDescription: Description: C:\Users\KOBUS-PC\AppData\Local\Microsoft\Windows\Temporary Internet Files\Content.Outlook\WTHUEIIL\Tent 1 kombuis 2 003 (2).jpg Description: Description: C:\Users\KOBUS-PC\AppData\Local\Microsoft\Windows\Temporary Internet Files\Content.Outlook\WTHUEIIL\Elande 2 087.jpg
Three luxury tents with on suite bathrooms provide accommodation for 2 adults. A fully equipped kitchenette with fridge makes self-catering a pleasure. Each tent is private with its own lovely panoramic view over the bushveld where you can relax and enjoy the extraordinary sunsets and listen to the call of jackals.
Free roaming game like Kudu, Impala, Njala, to name a few, can be viewed at your leisure. Kohandè is a birdwatcher’s paradise with abundant bird life. Hornbills, flycatchers and many more inhabit our valley.
Each tent has its own “boma” with a braai facility, is private and will allow you to escape and provide you with  the relaxation you crave  after a stressful week.
Kohandè is within easy reach of Pretoria, Johannesburg , East & West Rand. We are only 20 km away from CULLINAN.
Please forward this to friends and family so that they can also make use of this special offer.
 
Please Contact Dirk Botes and present the E-mail for this lovely offer.
Cell: 082 806 5903

Tuesday 21 May 2013

Heilige Gees...


Heilige Gees…
Ons as mense het die gewoonte om God se eenvoudige Woord te neem en dit onsetend kompleks te maak. Soveel so dat ek partykeer getwyfel het in my geloof en selfs in God! Christenskap is veronderstel om so eenvoudig te wees dat die kinders dit moet kan verstaan. My enigste sekerheid in die lewe is God Homself. Verder het ek gevind dat alles anders tot niet gaan of jou gaan terleurstel. Ek het gevind dat sou ek my geloof basseer op dit wat ander mense sê en selfs leer, is die kanse goed dat ek iewers probleme gaan optel. Die Heilige Gees wil ons self leer en al gebruik Hy wie of wat ookal Hy wil om dit te doen (Hy mag maak wat Hy wil want Hy is God!), moet ek alles na Hom toe vat en dit toets aan die Woord. Dit kan slegs gedoen word deur my eie persoonlike verhouding met God te hê. Jesus het dit moontlik vir ons almal gemaak om self met God te kan praat! ‘n Mens se lewe word grootliks bepaal deur jou prentjie van wie God is.

My vraag was eenvoudig: Wie is die God wat ek my lewe voor gee? Ek ken Hom ‘n bietjie maar weet nie eintlik wie Hy is nie. Die Bybel is vol beskrywings en stories wat God en Sy karaktereienskappe beskryf en dit is noodsaaklik dat ons God so leer ken. Maar daar is ‘n paar plekke in Sy Woord waar God pertinent sê Ek is, of Hy is, of Jesus is soos bv waar Jesus sê Ek is die weg, die waarheid, die lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. So ek het al hierdie versies in die Woord gaan soek. My gebed is dat dit jou kan help om ons Skepper en Vader en God beter te leer ken.

Moet asb nie alles net deur lees nie! Print dit, skryf dit uit, maar spandeer tyd en bid asb oor elke versie! Lees met die Bybel byderhand en lees die paar versies voor en na elke genoemde versie om die konteks beter te kan verstaan. Laat die Gees jul lei en leer Hom ken!

Hier is die versies waar God sê Heilige Gees….


Ø  PSALMS 51:13 AFR53-AF
Verwerp my nie van U aangesig nie en neem U Heilige Gees nie van my weg nie.

Ø  JESAJA 63:10-11 AFR53-AF
Maar húlle was wederstrewig en het sy Heilige Gees bedroef; daarom het Hy vir hulle in ’n vyand verander: Hy self het teen hulle gestry.
Toe het sy volk gedink aan die dae van die ou tyd, van Moses: Waar is Hy wat hulle uit die see laat optrek het saam met die herder van sy kudde? Waar is Hy wat sy Heilige Gees in hulle midde gegee het?


Ø  MATTHÉÜS 1:18 AFR53-AF
DIE geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.

Ø  MATTHÉÜS 1:20 AFR53-AF
Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ’n engel van die Here in ’n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;

Ø  MATTHÉÜS 3:11 AFR53-AF
Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

Ø  MATTHÉÜS 12:32 AFR53-AF
En elkeen wat ’n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.

Ø  MATTHÉÜS 28:19 AFR53-AF
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Ø  MARKUS 1:8 AFR53-AF
Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.

Ø  MARKUS 3:29 AFR53-AF
maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel

Ø  MARKUS 12:36 AFR53-AF
Want Dawid self het deur die Heilige Gees gesê: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ’n voetbank van u voete.

Ø  MARKUS 13:11 AFR53-AF
En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees.

 
Ø  LUKAS 1:15 AFR53-AF
want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.

Ø  LUKAS 1:35 AFR53-AF
En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.

Ø  LUKAS 1:41 AFR53-AF
En toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in haar skoot opgespring; en Elisabet is vervul met die Heilige Gees

Ø  LUKAS 1:67 AFR53-AF
EN Sagaría, sy vader, is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer en gesê:

Ø  LUKAS 2:25-26 AFR53-AF
EN daar was ’n man in Jerusalem met die naam van Símeon; en hierdie man was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige Gees was op hom.
   En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie.

Ø  LUKAS 3:16 AFR53-AF
antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie — Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

Ø  LUKAS 3:22 AFR53-AF
en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos ’n duif op Hom neergedaal; en ’n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek ’n welbehae.

Ø  LUKAS 4:1 AFR53-AF
EN Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei,

Ø  LUKAS 11:13 AFR53-AF
As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?

Ø  LUKAS 12:10 AFR53-AF
En elkeen wat ’n woord teen die Seun van die mens sal spreek, dit sal hom vergewe word; maar vir hom wat gelaster het teen die Heilige Gees, sal dit nie vergewe word nie.

Ø  LUKAS 12:12 AFR53-AF
want die Heilige Gees sal julle in dieselfde uur leer wat julle moet sê.


Ø  JOHANNES 1:33 AFR53-AF
En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.

Ø  JOHANNES 7:39 AFR53-AF
En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.

Ø  JOHANNES 14:26 AFR53-AF
maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

Ø  JOHANNES 20:22 AFR53-AF
En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.


Ø  HANDELINGE 1:2 AFR53-AF
tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het;

Ø  HANDELINGE 1:5 AFR53-AF
Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.

Ø  HANDELINGE 1:8 AFR53-AF
maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Ø  HANDELINGE 1:16 AFR53-AF
Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het;

Ø  HANDELINGE 2:4 AFR53-AF
En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

Ø  HANDELINGE 2:33 AFR53-AF
Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor.

Ø  HANDELINGE 2:38 AFR53-AF
En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Ø  HANDELINGE 4:8 AFR53-AF
Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel,

Ø  HANDELINGE 4:31 AFR53-AF
En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.

Ø  HANDELINGE 5:3 AFR53-AF
Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?

Ø  HANDELINGE 5:32 AFR53-AF
En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.

Ø  HANDELINGE 6:3 AFR53-AF
Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel;

Ø  HANDELINGE 6:5 AFR53-AF
En die woord het byval gevind by die hele menigte; en hulle het gekies: Stéfanus, ’n man vol van geloof en van die Heilige Gees, en Filippus en Próchorus en Nikánor en Timon en Pármenas en Nikoláüs, ’n Jodegenoot uit Antiochíë,

Ø  HANDELINGE 7:51 AFR53-AF
Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle.

Ø  HANDELINGE 7:55 AFR53-AF
Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.

Ø  HANDELINGE 8:15 AFR53-AF
Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang,

Ø  HANDELINGE 8:17-19 AFR53-AF
Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.
   En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied
   en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang.

Ø  HANDELINGE 9:17 AFR53-AF
En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.

Ø  HANDELINGE 9:31 AFR53-AF
En die gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.

Ø  HANDELINGE 10:38 AFR53-AF
met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.

Ø  HANDELINGE 10:44-45 AFR53-AF
En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.
   En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is.

Ø  HANDELINGE 10:47 AFR53
Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?

Ø  HANDELINGE 11:15-16 AFR53
En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos ook op ons in die begin.  En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.

Ø  HANDELINGE 11:24 AFR53
want hy was ’n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en ’n aansienlike skare is aan die Here toegebring.

Ø  HANDELINGE 11:28 AFR53
En een van hulle met die naam van Ágabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar ’n groot hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het onder keiser Claudius.

Ø  HANDELINGE 13:2 AFR53
En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het

Ø  HANDELINGE 13:4 AFR53
So het hulle dan, deur die Heilige Gees uitgestuur, afgegaan na Seleúcië en daarvandaan weggevaar na Ciprus.

Ø  HANDELINGE 13:9 AFR53
Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê:

Ø  HANDELINGE 13:52 AFR53
En die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees.

Ø  HANDELINGE 15:8 AFR53
En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons.

Ø  HANDELINGE 15:28 AFR53
Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge:

Ø  HANDELINGE 16:6 AFR53
En hulle het deur die land Frígië en Galásië gegaan, omdat die Heilige Gees hulle verhinder het om in Asië die woord te verkondig.

Ø  HANDELINGE 19:2 AFR53
en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ’n Heilige Gees is nie.

Ø  HANDELINGE 19:6 AFR53
En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

Ø  HANDELINGE 20:23 AFR53
behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag.

Ø  HANDELINGE 20:28 AFR53
Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.

Ø  HANDELINGE 21:11 AFR53
En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: Dít spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer.

Ø  HANDELINGE 28:25 AFR53
En toe hulle onder mekaar onenig was, het hulle uiteengegaan nadat Paulus hierdie woord gesê het, naamlik: Tereg het die Heilige Gees deur Jesaja, die profeet, tot ons vaders gespreek


Ø  ROMEINE 5:5 AFR53
en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

Ø  ROMEINE 9:1 AFR53
EK spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie — my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees —

Ø  ROMEINE 14:17 AFR53
Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.

Ø  ROMEINE 15:13 AFR53
En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!

Ø  ROMEINE 15:16 AFR53
om ’n dienaar van Jesus Christus onder die heidene te wees, ’n dienaar van die evangelie van God, sodat die offer van die heidene welgevallig kan wees, geheilig deur die Heilige Gees.


Ø  I KORINTHIËRS 2:13 AFR53
Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.

Ø  I KORINTHIËRS 6:19 AFR53
Of weet julle nie dat julle liggaam ’n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?

Ø  I KORINTHIËRS 12:3 AFR53
Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ’n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.

Ø  II KORINTHIËRS 6:6 AFR53
in reinheid, in kennis, in lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde;

Ø  II KORINTHIËRS 13:13 AFR53
Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen.

Ø  EFÉSIËRS 1:13 AFR53
in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,

Ø  EFÉSIËRS 4:30 AFR53
En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.

Ø  I THESSALONICENSE 1:5-6 AFR53
Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid, soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het.  En julle het navolgers van ons geword en van die Here deurdat julle die woord in baie verdrukking ontvang het met die blydskap van die Heilige Gees,

Ø  I THESSALONICENSE 4:8 AFR53
Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ’n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.

Ø  II TIMÓTHEÜS 1:14 AFR53
Bewaar jou goeie pand deur die Heilige Gees wat in ons woon.

Ø  TITUS 3:5 AFR53
nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees

Ø  HEBREËRS 2:4 AFR53
terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?

Ø  HEBREËRS 3:7 AFR53
Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor,

Ø  HEBREËRS 6:4 AFR53
Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het,

Ø  HEBREËRS 9:8 AFR53
waarmee die Heilige Gees dít duidelik maak, dat die weg na die heiligdom nog nie geopen is so lank as die eerste tabernakel nog standhou nie.

Ø  HEBREËRS 10:15 AFR53
En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis;

 
Ø  I PETRUS 1:12 AFR53
Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is — dinge waarin die engele begerig is om in te sien.

Ø  II PETRUS 1:21 AFR53
want geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.

Ø  I JOHANNES 5:7 AFR53
Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een;

Ø  JUDAS 1:20 AFR53
Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid

Ø  GALÁSIËRS 5:22 AFR53
Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

Ø  I JOHANNES 5:6 AFR53
Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid.