Sunday 25 November 2012

Here is...




Here is...

Ons as mense het die gewoonte om God se eenvoudige Woord te neem en dit onsetend kompleks te maak. Soveel so dat ek partykeer getwyfel het in my geloof en selfs in God! Christenskap is veronderstel om so eenvoudig te wees dat die kinders dit moet kan verstaan. My enigste sekerheid in die lewe is God Homself. Verder het ek gevind dat alles anders tot niet gaan of jou gaan terleurstel. Ek het gevind dat sou ek my geloof basseer op dit wat ander mense sê en selfs leer, is die kanse goed dat ek iewers probleme gaan optel. Die Heilige Gees wil ons self leer en al gebruik Hy wie of wat ookal Hy wil om dit te doen (Hy mag maak wat Hy wil want Hy is God!), moet ek alles na Hom toe vat en dit toets aan die Woord. Dit kan slegs gedoen word deur my eie persoonlike verhouding met God te hê. Jesus het dit moontlik vir ons almal gemaak om self met God te kan praat!

My vraag was eenvoudig: Wie is die God wat ek my lewe voor gee? Ek ken Hom ‘n bietjie maar weet nie eintlik wie Hy is nie. Die Bybel is vol beskrywings en stories wat God en Sy karaktereienskappe beskryf en dit is noodsaaklik dat ons God so leer ken. Maar daar is ‘n paar plekke in Sy Woord waar God pertinent sê Ek is, of Hy is, of Jesus is soos bv waar Jesus sê Ek is die weg, die waarheid, die lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. So ek het al hierdie versies in die Woord gaan soek. My gebed is dat dit jou kan help om ons Skepper en Vader en God beter te leer ken.

Moet asb nie alles net deur lees nie! Print dit, skryf dit uit, maar spandeer tyd en bid asb oor elke versie! Lees met die Bybel byderhand en lees die paar versies voor en na elke genoemde versie om die konteks beter te kan verstaan. Laat die Gees jul lei en leer Hom ken!

Hier is die versies wat sê die Here is….

GÉNESIS 28:16 AFR53-AF
Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, die Here is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie.

EXODUS 7:5 AFR53-AF
Dan sal die Egiptenaars weet dat Ek die Here is, as Ek my hand oor Egipte uitstrek en die kinders van Israel tussen hulle uitlei.

EXODUS 7:17 AFR53-AF
So spreek die Here: Hieraan sal jy weet dat Ek die Here is. Kyk, ek sal met die staf wat in my hand is, op die water slaan wat in die Nyl is, en dit sal in bloed verander word.

EXODUS 8:22 AFR53-AF
Maar Ek sal op dié dag met die land Gosen, waarin My volk woon, ’n uitsondering maak, dat daar geen steekvlieë sal wees nie; sodat jy kan weet dat Ek die Here is in die land.

EXODUS 9:27 AFR53-AF
Toe het Farao Moses en Aäron laat roep en vir hulle gesê: Ek het dié keer sonde gedoen. Die Here is reg, maar ek en my volk het ongelyk.

EXODUS 10:2 AFR53-AF
en dat jy voor die ore van jou kind en jou kindskind kan vertel wat Ek Egipte aangedoen het, en my tekens wat Ek onder hulle gedoen het, dat julle kan weet dat Ek die Here is.

EXODUS 12:11 AFR53-AF
En só moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet. ’n Pasga van die Here is dit.

EXODUS 14:4 AFR53-AF
En Ek sal Farao se hart verhard, dat hy hulle agtervolg; en Ek wil My aan Farao en sy hele leërmag verheerlik, en die Egiptenaars sal weet dat Ek die Here is. En hulle het so gedoen.

EXODUS 14:18 AFR53-AF
En die Egiptenaars sal weet dat Ek die Here is, as Ek My verheerlik aan Farao, aan sy strydwaens en aan sy ruiters.

EXODUS 15:2-3 AFR53-AF
Die Here is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Hom sal ek verhef.
Die Here is ’n krygsman; Here is Sy Naam.

EXODUS 17:15 AFR53-AF
En Moses het ’n altaar gebou en dit genoem: Die Here is my banier.

EXODUS 29:23 AFR53-AF
en een ronde brood en een oliebroodkoek en een platkoek uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van die Here is.

EXODUS 31:13 AFR53-AF
Spreek jý met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik My sabbatte onderhou, want dit is ’n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die Here is wat julle heilig.

LEVÍTIKUS 10:7 AFR53-AF
Julle mag ook uit die ingang van die tent van samekoms nie uitgaan nie, dat julle nie sterwe nie; want die salfolie van die Here is op julle. En hulle het gehandel ooreenkomstig die woord van Moses.

LEVÍTIKUS 16:18 AFR53-AF
Dan moet hy na die altaar uitgaan wat voor die aangesig van die Here is en daarvoor versoening doen: hy moet van die bloed van die bul en van die bloed van die bok neem en dit rondom aan die horings van die altaar stryk

NÚMERI 12:6 AFR53-AF
Toe sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van die Here is, sal Ek deur ’n gesig My aan hom bekend maak, deur ’n droom sal Ek met hom spreek.

NÚMERI 14:9 AFR53-AF
Wees net nie teen die Here opstandig nie, en wees julle nie bevrees vir die volk van die land nie, want hulle is ons spys. Hulle beskutting het van hulle gewyk, en die Here is met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie!

NÚMERI 14:18 AFR53-AF
Die Here is lankmoedig en groot van goedertierenheid, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie, wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag.

NÚMERI 14:42 AFR53-AF
Moenie optrek nie, want die Here is nie in julle midde nie — anders word julle verslaan voor julle vyande.

NÚMERI 16:3 AFR53-AF
En hulle het bymekaargekom teen Moses en Aäron en aan hulle gesê: Dit is nou genoeg; want die hele vergadering, hulle almal, is heilig; en die Here is in hulle midde! Waarom verhef julle jul dan oor die vergadering van die Here?

DEUTERONÓMIUM 10:9 AFR53-AF
Daarom het Levi geen deel of erfenis saam met sy broers nie; die Here is sy erfdeel, soos die Here jou God hom beloof het.

DEUTERONÓMIUM 15:2 AFR53-AF
En dit is die saak van die kwytskelding: elke skuldeiser moet kwytskeld wat hy aan sy naaste geleen het; hy moet sy naaste en sy broer nie aanmaan nie, want tot eer van die Here is daar ’n kwytskelding uitgeroep.

DEUTERONÓMIUM 18:2 AFR53-AF
En hy mag geen erfdeel hê onder sy broers nie; die Here is sy erfdeel soos Hy hom beloof het.

DEUTERONÓMIUM 33:13 AFR53-AF
En van Josef het hy gesê: Geseënd deur die Here is sy land met die kostelikste gawe van die hemel, met dou en met die wêreldvloed wat onder lê,

JOSUA 22:22 AFR53-AF
Die God van die gode, die Here, die God van die gode, die Here, Hy weet dit; en ook Israel mag dit weet: As dit deur opstandigheid of deur troubreuk teen die Here is — verlos ons nie vandag nie, Here! —

RIGTERS 6:12 AFR53-AF
En die Engel van die Here het aan hom verskyn en vir hom gesê: Die Here is met jou, dapper held!

RIGTERS 6:24 AFR53-AF
Toe bou Gídeon daar ’n altaar vir die Here en noem dit: Die Here is vrede! Dit staan vandag nog daar by Ofra van die Abiësriete.

I SAMUEL 2:3 AFR53-AF
Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat vermetele taal nie uit julle mond uitgaan nie; want die Here is ’n God van diepe kennis, en deur Hom word die dade beproef.

I SAMUEL 12:5 AFR53-AF
Daarop sê hy vir hulle: Die Here is getuie teen julle, en getuie is sy gesalfde vandag, dat julle niks in my hand gevind het nie. En hulle roep: Hy is getuie.

I SAMUEL 14:6 AFR53-AF
Jónatan dan het aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van daardie onbesnedenes; miskien sal die Here vir ons optree, want by die Here is daar geen verhindering om deur baie of deur min te verlos nie.

I SAMUEL 16:18 AFR53-AF
En een van die dienaars antwoord en sê: Kyk, ek het ’n seun van Ísai, die Betlehemiet, gesien wat kan speel, en hy is ’n dapper held en ’n krygsman en wel ter tale en mooi gebou, en die Here is met hom.

I SAMUEL 20:23 AFR53-A
En wat die saak aangaan wat ons bespreek het, ek en jy — kyk, die Here is tussen my en jou tot in ewigheid.

II SAMUEL 7:3 AFR53-AF
Toe sê Natan aan die koning: Gaan heen, doen alles wat in u hart is, want die Here is met u.

II SAMUEL 22:2 AFR53-AF
En hy het gesê: Die Here is my rots en my bergvesting en my redder;

II SAMUEL 22:31 AFR53-AF
Die weg van God is volmaak; die woord van die Here is gelouter; Hy is ’n skild vir almal wat by Hom skuil.

I KONINGS 20:13 AFR53-AF
Opeens kom daar ’n profeet na Agab, die koning van Israel, en sê: So spreek die Here: Het jy hierdie hele groot menigte gesien? Kyk, Ek gee hulle vandag in jou hand, dat jy kan weet dat Ek die Here is.

I KONINGS 20:28 AFR53-AF
Toe kom die man van God nader en sê aan die koning van Israel: So spreek die Here: Omdat die Arameërs gesê het: Die Here is ’n god van die berge, en Hy is nie ’n god van die laagtes nie — daarom sal Ek hierdie hele groot menigte in jou hand gee, dat julle kan weet dat Ek die Here is.

II KONINGS 22:5 AFR53-AF
en laat hulle dit oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel is oor die huis van die Here, sodat hulle dit kan gee aan die wat die werk doen, wat in die huis van die Here is om die bouvallige plekke van die huis te herstel,

II KONINGS 22:13 AFR53-AF
Gaan raadpleeg die Here vir my en vir die volk en vir die hele Juda oor die woorde van hierdie boek wat gevind is; want die grimmigheid van die Here is groot wat teen ons ontvlam het, omdat ons vaders nie geluister het na die woorde van hierdie boek om te handel volgens alles wat ons voorgeskrywe is nie.

I KRONIEKE 16:14 AFR53-AF
Hy, die Here is onse God; oor die ganse aarde is sy oordele.

I KONIEKE 16:25 AFR53-AF
Want die Here is groot en baie lofwaardig, en Hy is gedug bo al die gode.

I KRONIEKE 16:31 AFR53-AF
Laat die hemele bly wees en die aarde juig, en laat hulle onder die volke sê: Die Here is Koning!

II KRONIEKE 12:6 AFR53-AF
Hierop het die owerstes van Israel en die koning hulle verootmoedig en gesê: Die Here is regverdig.

II KRONIEKE 13:10 AFR53-AF
Maar ons — die Here is onse God, en ons het Hom nie verlaat nie; en as priesters dien die seuns van Aäron die Here, en die Leviete is in die dienswerk.

II KRONIEKE 15:2 AFR53-AF
en hy het uitgegaan om Asa te ontmoet en vir hom gesê: Luister na my, Asa en die hele Juda en Benjamin! Die Here is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.

II KRONIEKE 25:7 AFR53-AF
Toe kom daar ’n man van God na hom en sê: o  Koning, laat die kommando van Israel nie saam met u gaan nie, want die Here is nie met Israel, met al die kinders van Efraim nie.

II KRONIEKE 28:11 AFR53-AF
Luister dan nou na my en laat die gevangenes wat julle van jul broers weggevoer het, teruggaan; want die toorngloed van die Here is op julle!

II KRONIEKE 35:16 AFR53-AF
Die hele diens van die Here is toe op dié dag gereël — om die pasga te hou en brandoffers te bring op die altaar van die Here volgens die gebod van koning Josía.

JOB 28:28 AFR53-AF
Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die Here is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.

PSALMS 10:16 AFR53-AF
Die Here is Koning vir ewig en altyd; die heidene het vergaan uit sy land.

PSALMS 11:4 AFR53-AF
Die Here is in sy heilige paleis; die troon van die Here is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders.

PSALMS 11:7 AFR53-AF
Want die Here is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.

PSALMS 12:7 AFR53-AF
Die woorde van die Here is rein woorde, silwer wat gelouter is in ’n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.

PSALMS 14:6 AFR53-AF
Die raad van die ellendige — julle kan dit tot skande maak; waarlik, die Here is sy toevlug.

PSALMS 16:5 AFR53-AF
Die Here is die deel van my erfenis en van my beker; Ú onderhou my lot.

PSALMS 18:3 AFR53-AF
Die Here is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.

PSALMS 18:31 AFR53-AF
Die weg van God is volmaak; die woord van die Here is gelouter; Hy is ’n skild vir almal wat by Hom skuil.

PSALMS 19:8-10 AFR53-AF
Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.
   Die bevele van die Here is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die Here is suiwer: dit verlig die oë.
   Die vrees van die Here is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die Here is waarheid — tesame is hulle regverdig.

PSALMS 23:1 AFR53-AF
Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie.

PSALMS 25:8 AFR53-AF
Die Here is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.

PSALMS 25:10 AFR53-AF
Al die paaie van die Here is goedertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar.

PSALMS 25:14 AFR53-AF
Die verborgenheid van die Here is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.

PSALMS 27:1 AFR53-AF
Die Here is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die Here is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?

PSALMS 28:7-8 AFR53-AF
Die Here is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.
   Die Here is ’n sterkte vir hulle, en Hy is ’n vesting van verlossing vir sy gesalfde.

PSALMS 29:3-4 AFR53-AF
Die stem van die Here is op die waters, die God van eer donder; die Here is op die groot waters.
   Die stem van die Here is met krag; die stem van die Here is met heerlikheid.

PSALMS 33:4 AFR53-AF
Want die woord van die Here is reg, en al sy werk is met trou.

PSALMS 33:6 AFR53-AF
Deur die Woord van die Here is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.

PSALMS 33:12 AFR53-AF
Welgeluksalig is die nasie wie se God die Here is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.

PSALMS 33:18 AFR53-AF
Kyk, die oog van die Here is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag;

PSALMS 34:16-17 AFR53-AF
Die oë van die Here is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep.
Die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei.

PSALMS 34:19 AFR53-AF
Die Here is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.

PSALMS 48:2 AFR53-AF
Die Here is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg!

PSALMS 68:5 AFR53-AF
Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: Here is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!

PSALMS 68:18 AFR53-AF
Die waens van God is tienduisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle; dit is Sinai in heiligheid.

PSALMS 75:9 AFR53-AF
Want in die hand van die Here is ’n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink.

PSALMS 83:19 AFR53-AF
sodat hulle kan weet dat U, wie se Naam Here is, alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde.

PSALMS 93:1 AFR53-AF
DIE Here is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die Here is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.

PSALMS 94:22 AFR53-AF
Maar die Here is ’n rotsvesting vir my, en my God die rots van my toevlug

PSALMS 95:3 AFR53-AF
Want die Here is ’n grote God, ja, ’n groot Koning bo al die gode.

PSALMS 96:4 AFR53-AF
Want die Here is groot en baie lofwaardig; Hy is gedug bo al die gode.

PSALMS 96:10 AFR53-AF
Sê onder die volke: Die Here is Koning! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. Hy sal die volke regverdig oordeel.

PSALMS 97:1 AFR53-AF
DIE Here is Koning; laat die aarde juig; laat baie eilande bly wees!

PSALMS 99:1-2 AFR53-AF
DIE Here is Koning; laat die volke bewe! Hy troon op die gérubs; laat die aarde sidder!
   Die Here is groot in Sion, en verhewe is Hy bo al die volke

PSALMS 100:5 AFR53-AF
Want die Here is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.

PSALMS 103:17 AFR53-AF
Maar die goedertierenheid van die Here is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders,

PSALMS 111:2 AFR53-AF
Die werke van die Here is groot; Dalet. nagespeur word hulle deur almal wat daar ’n welbehae in het.

PSALMS 111:4 AFR53-AF
Hy het vir sy wonders ’n gedagtenis gestig; Get. die Here is genadig en barmhartig.

PSALMS 111:10 AFR53-AF
Die vrees van die Here is die beginsel van die wysheid; Sin. almal wat dit beoefen, het ’n goeie verstand. Sy lof bestaan tot in ewigheid.

PSALMS 113:4 AFR53-AF
Die Here is hoog bo al die nasies; bo die hemele is sy heerlikheid.

PSALMS 116:5 AFR53-AF
Die Here is genadig en regverdig, en onse God is ’n ontfermer.

PSALMS 117:2 AFR53-AF
Want sy goedertierenheid is geweldig oor ons, en die trou van die Here is tot in ewigheid. Halleluja!

PSALMS 118:6-7 AFR53-AF
Die Here is vír my; ek sal nie vrees nie: wat kan ’n mens my doen?
     Die Here is vír my as my helper; so sal ék dan neersien op die wat my haat.

PSALMS 118:14 AFR53-AF
Die Here is my sterkte en psalm, en Hy het my tot heil geword.

PSALMS 118:27 AFR53-AF
Die Here is God, en Hy het vir ons lig gegee. Bind die feesoffer met toue, tot by die horings van die altaar.

PSALMS 119:57 AFR53-AF
Die Here is my deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar.

PSALMS 121:5 AFR53-AF
Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand.

PSALMS 129:4 AFR53-AF
Die Here is regverdig: Hy het die toue van die goddelose afgekap.

PSALMS 130:7 AFR53-AF
Wag op die Here, o Israel! want by die Here is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;

PSALMS 135:3 AFR53-AF
Loof die Here, want die Here is goed; psalmsing tot eer van sy Naam, want dié is lieflik!

PSALMS 138:5-6 AFR53-AF
en hulle sal sing van die weë van die Here, want die heerlikheid van die Here is groot.
     Want die Here is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte.

PSALMS 144:15 AFR53-AF
Welgeluksalig is die volk met wie dit so gaan; welgeluksalig is die volk wie se God die Here is!

PSALMS 145:3 AFR53-AF
Gimel.  Die Here is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik.

PSALMS 145:9 AFR53-AF
Die Here is vir almal goed, en sy barmhartighede is oor al sy werke.

PSALMS 145:17-18 AFR53-AF
Die Here is regverdig in al Sy werke.
Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid.

PSALMS 146:10 AFR53-AF
Die Here is vir ewig Koning; jou God, o Sion, is van geslag tot geslag! Halleluja!

PSALMS 147:5 AFR53-AF
Onse Here is groot en ryk aan krag; Sy verstand is oneindig.

SPREUKE 1:7 AFR53-AF.
DIE vrees van die Here is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.

SPREUKE 3:33 AFR53-AF
Die vloek van die Here is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.

SPREUKE 8:13 AFR53-AF
Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ’n slegte wandel en ’n huigelagtige mond haat ek.

SPREUKE 10:29 AFR53-AF
Die weg van die Here is vir die opregte ’n vesting, maar ’n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.

SPREUKE 14:27 AFR53-AF
Die vrees van die Here is ’n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.

SPREUKE 15:29 AFR53-AF
Die Here is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy.

SPREUKE 15:33 AFR53-AF
Die vrees van die Here is die tug van die wysheid, en nederigheid gaan aan die eer vooraf.

SPREUKE 18:10 AFR53-AF
Die Naam van die Here is ’n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.

SPREUKE 19:23 AFR53-AF
Die vrees van die Here is tot die lewe; en versadig bring ’n mens die nag deur, sonder om deur ’n onheil besoek te word.

JESAJA 12:2 AFR53-AF
Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die Here Here is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword.

JESAJA 13:6 AFR53-AF
Huil julle, want die dag van die Here is naby; hy kom as ’n verwoesting van die Almagtige.

JESAJA 26:4 AFR53-AF
Vertrou op die Here  vir ewig, want in die Here Here is ’n ewige rots.

JESAJA 30:18 AFR53-AF
En daarom sal die Here met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die Here is ’n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag!

JESAJA 30:33 AFR53-AF
Want ’n Tofet is van gister af gereedgemaak, ook is dit vir die koning berei; diep en wyd het Hy die houtstapel daarvan aangelê met vuur en hout in menigte; die asem van die Here is soos ’n stroom van swawel wat dit aan die brand steek.

JESAJA 33:5 AFR53-AF
Die Here is verhewe, want Hy woon in die hoogte; Hy het Sion vervul met reg en geregtigheid.

JESAJA 33:22 AFR53-AF
Want die Here is ons Regter, die Here is ons Aanvoerder, die Here is ons Koning: Hý sal ons verlos.

JESAJA 34:2 AFR53-AF
Want die toorn van die Here is oor al die nasies, en grimmigheid oor al hulle leërskare; Hy het hulle met die banvloek getref, Hy het hulle oorgegee om geslag te word.

JESAJA 34:6 AFR53-AF
Die swaard van die Here is vol bloed, dit drup van vet, van die bloed van lammers en bokke, van die niervet van ramme; want die Here het ’n slagoffer in Bosra en ’n groot slagting in die land Edom.

JESAJA 45:3 AFR53-AF
En Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die Here is wat jou by jou naam roep, die God van Israel;

JESAJA 45:24 AFR53-AF
Hulle sal van My sê: Alleen in die Here is volle geregtigheid en sterkte; na Hom sal hulle kom; maar hulle almal sal beskaamd staan wat op Hom toornig is.

JESAJA 49:23 AFR53-AF
en konings sal jou oppassers wees, hulle vorstinne jou pleegmoeders; hulle sal voor jou neerbuig met die aangesig na die aarde toe en die stof van jou voete lek; en jy sal weet dat Ek die Here is, dat hulle nie beskaamd staan wat My verwag nie.

JESAJA 59:1 AFR53-AF
KYK, die hand van die Here is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie;

JESAJA 61:1 AFR53-AF
DIE Gees van die Here Here is op My, omdat die Here My gesalf het om ’n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ’n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;

JEREMIA 6:10 AFR53-AF
Wie sal ek toespreek en waarsku, dat hulle kan hoor? Kyk, hulle oor is onbesnede, sodat hulle nie kan luister nie. Kyk, die woord van die Here is vir hulle ’n smaad, hulle het daar geen behae in nie.

JEREMIA 8:8 AFR53-AF
Hoe durf julle sê: Ons is wys, en die wet van die Here is by ons? Waarlik, kyk, bedrieglik werk die leuenpen van die skrywers.

JEREMIA 9:24 AFR53-AF
maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die Here is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in dié dinge het Ek ’n behae, spreek die Here.

JEREMIA 10:10 AFR53-AF
Maar die Here is waarlik God, Hy is die lewende God en ’n ewige Koning; vir sy toorn beef die aarde, en die nasies kan sy grimmigheid nie verdra nie

JEREMIA 16:21 AFR53-AF
Daarom, kyk, Ek laat hulle hierdie keer voel, voel my hand en my mag; en hulle sal weet dat my Naam Here is.

JEREMIA 17:7 AFR53-AF
Geseënd is die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue die Here is

JEREMIA 20:11 AFR53-AF
Maar die Here is met my soos ’n geweldige held; daarom sal my vervolgers struikel en nie oorwin nie; hulle staan diep beskaamd, omdat hulle nie geslaag het nie, ’n ewige smaad wat nie vergeet sal word nie.

JEREMIA 24:7 AFR53-AF
En Ek sal hulle ’n hart gee om My te ken, dat Ek die Here is; en hulle sal vir My ’n volk wees, en Ek sal vir hulle ’n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart.

JEREMIA 33:2-3 AFR53-AF
So spreek die Here wat dit doen, die Here wat dit formeer om dit te bevestig, Here is sy Naam:
   Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.

JEREMIA 33:11 AFR53-AF
die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die stem van die wat sê: Loof die Here van die leërskare, want die Here is goed, want sy goedertierenheid is in ewigheid! — van die wat ’n lofoffer bring in die huis van die Here; want Ek sal die lot van die land verander soos tevore, sê die Here.

JEREMIA 33:16 AFR53-AF
In dié dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit sal die naam daarvan wees: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.

KLAAGLIEDERE 3:24 AFR53-AF
Die Here is my deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom hoop.

ESÉGIËL 6:7 AFR53-AF
En die wat verslaan is, sal onder julle lê, sodat julle kan weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 6:10 AFR53-AF
En hulle sal weet dat Ek die Here is; Ek het nie tevergeefs gespreek dat Ek hulle hierdie onheil sal berokken nie.

ESÉGIËL 6:13-14 AFR53-AF
En julle sal weet dat Ek die Here is, as die wat uit hulle verslaan is, onder hulle drekgode lê rondom hulle altare op elke hoë heuwel, op al die bergtoppe en onder elke groen boom en onder elke digte terpentynboom, die plek waar hulle aan al hulle drekgode ’n lieflike offergeur gebring het.
   En Ek sal my hand teen hulle uitstrek en sal die land ’n wildernis maak en ’n woesteny, van die Woestyn af tot by Ribla in al hulle woonplekke. En hulle sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 7:4 AFR53-AF
en my oog sal jou nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie, maar Ek sal jou wandel op jou laat neerkom, en jou gruwels sal in jou midde wees; en julle sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 7:9 AFR53-AF
En my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; Ek sal dit op jou laat neerkom volgens jou weë, en jou gruwels sal in jou midde wees; en julle sal weet dat Ek die Here is wat slaan.

ESÉGIËL 7:27 AFR53-AF
Die koning sal rou, en die vors sal hom beklee met verbasing, en die hande van die mense van die land sal deur skrik verlam wees. Ek sal met hulle handel volgens hulle weg, en volgens hulle verordeninge sal Ek hulle vonnis; en hulle sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 11:10 AFR53-AF
Julle sal deur die swaard val; by die grens van Israel sal Ek julle oordeel. En julle sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 11:12 AFR53-AF
En julle sal weet dat Ek die Here is, omdat julle nie in my insettinge gewandel en my verordeninge nie gehou het nie, maar gehandel het volgens verordeninge van die nasies wat rondom julle is.

ESÉGIËL 12:15-16 AFR53-AF
Dan sal hulle weet dat Ek die Here is, as Ek hulle onder die nasies versprei en hulle in die lande verstrooi;
     maar Ek sal van hulle ’n klein klompie laat oorbly van die swaard, die hongersnood en die pes, sodat hulle al húlle gruwels kan vertel onder die nasies waar hulle kom; en dié sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 12:20 AFR53-AF
En die stede wat bewoon is, sal woes word, en die land sal ’n wildernis wees; en julle sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 13:9 AFR53-AF
En my hand sal wees teen die profete wat bedrieglike gesigte sien en leuens waarsê: hulle sal in die vergadering van my volk nie wees nie en in die boek van die huis van Israel nie opgeskryf word nie en in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek die Here Here is.

ESÉGIËL 13:14 AFR53-AF
En Ek sal die muur afbreek wat julle met los kalk gepleister het, en dit op die grond gooi, sodat sy fondament blootgelê sal word; dan sal die stad val, en julle sal daarin omkom; en julle sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 13:21 AFR53-AF
Ek sal ook julle sluiers skeur en my volk uit julle hand red, sodat hulle nie meer ’n buit in julle hand sal wees nie; en julle sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 13:23 AFR53-AF
daarom sal julle geen bedrieglike gesigte meer sien en geen waarsêery meer drywe nie; maar Ek sal my volk uit julle hand red, en julle sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 14:8 AFR53-AF
Ek sal my aangesig rig teen dié man en hom tot ’n teken en ’n voorwerp van spot maak, en Ek sal hom uitroei uit die midde van my volk; en julle sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 15:7 AFR53-AF
Ek sal my aangesig teen hulle rig: uit die vuur het hulle voortgekom, en die vuur sal hulle verteer; en julle sal weet dat Ek die Here is as Ek my aangesig teen hulle rig

ESÉGIËL 16:62-63 AFR53-AF
En Ek sal my verbond met jou oprig, en jy sal weet dat Ek die Here is;
   sodat jy kan nadink en beskaamd staan en jou mond nie meer oopmaak vanweë jou skande nie, as Ek vir jou versoening sal bewerk oor alles wat jy gedoen het, spreek die Here Here.

ESÉGIËL 18:25 AFR53-AF
Tog sê julle: Die weg van die Here is nie reg nie. Hoor tog, o huis van Israel! Is mý weg nie reg nie? Is júlle weë nie onreg nie?

ESÉGIËL 18:29 AFR53-AF
Tog sê die huis van Israel: Die weg van die Here is nie reg nie. Is mý weë nie reg nie, o huis van Israel? Is júlle weë nie onreg nie?

ESÉGIËL 20:26 AFR53-AF
En Ek het hulle verontreinig deur hulle offergawes, omdat hulle deur die vuur laat deurgaan het alles wat die moederskoot open; sodat Ek hulle kon vernietig, dat hulle sou weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 20:38 AFR53-AF
En Ek sal uit julle afsonder die wat opstandig is en teen My oortree; Ek sal hulle uit die land van hul vreemdelingskap uitlei, maar hulle sal in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 20:42 AFR53-AF
En julle sal weet dat Ek die Here is as Ek julle in die land van Israel bring, in die land waar Ek my hand oor opgehef het om dit aan julle vaders te gee

ESÉGIËL 20:44 AFR53-AF
En julle sal weet dat Ek die Here is as Ek met julle handel ter wille van my Naam en nie volgens julle verkeerde weë of julle verdorwe handelinge nie, o huis van Israel, spreek die Here Here.

ESÉGIËL 22:16 AFR53-AF
En jy sal deur jouself ontheilig wees voor die oë van die nasies; en jy sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 23:49 AFR53-AF
En hulle sal julle skandelike dade op julle laat neerkom, en julle sal die sondes van julle drekgode dra; en julle sal weet dat Ek die Here Here is.

ESÉGIËL 24:24 AFR53-AF
En Eségiël sal vir julle ’n sinnebeeld wees; net soos hy gedoen het, sal julle doen; as dit kom, sal julle weet dat Ek die Here Here is.

ESÉGIËL 24:27 AFR53-AF
Op dié dag sal jou mond geopen word tegelyk met dié van die vlugteling, en jy sal spreek en nie meer stom wees nie. So sal jy dan vir hulle ’n sinnebeeld wees, en hulle sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 25:5 AFR53-AF
En Ek sal Rabba ’n weiveld maak vir kamele en die kinders van Ammon ’n lêplek vir kleinvee, en julle sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 25:7 AFR53-AF
daarom, kyk, Ek strek my hand teen jou uit en gee jou as buit vir die nasies, en Ek sal jou uitroei uit die volke en jou uit die lande verdelg; Ek sal jou vernietig, en jy sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 25:11 AFR53-AF
Ek sal ook in Moab strafgerigte voltrek; en hulle sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 25:17 AFR53-AF
En Ek sal gedugte wraak aan hulle oefen met grimmige strawwe; en hulle sal weet dat Ek die Here is as Ek my wraak oor hulle bring.

ESÉGIËL 26:6 AFR53-AF
En sy dogters wat op die land is, sal met die swaard gedood word; en hulle sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 28:22-24 AFR53-AF
en sê: So spreek die Here Here: Kyk, Ek het dit teen jou, o Sidon, en Ek sal My verheerlik in jou midde; en hulle sal weet dat Ek die Here is as Ek in hom strafgerigte voltrek en My in hom as die Heilige laat ken.
   En Ek sal die pes in hom stuur en bloed op sy strate, en die gewondes sal in hom val deur die swaard wat teen hom is van alle kante, en hulle sal weet dat Ek die Here is.
   En daar sal vir die huis van Israel geen steekdoring en smartlike distel meer wees onder almal wat rondom hulle is nie, wat hulle verag; en hulle sal weet dat Ek die Here Here is.

ESÉGIËL 29:6 AFR53-AF
En al die inwoners van Egipte sal weet dat Ek die Here is, omdat hulle vir die huis van Israel ’n rietstok is —

ESÉGIËL 29:9 AFR53-AF
En Egipteland sal ’n wildernis en puinhoop word, en hulle sal weet dat Ek die Here is. Omdat hy sê: Die Nyl is myne, en ek het dit gemaak —

ESÉGIËL 29:16 AFR53-AF
En dit sal vir die huis van Israel geen voorwerp van vertroue meer wees, wat die ongeregtigheid in gedagtenis bring as Israel omdraai agter hulle aan nie; en hulle sal weet dat Ek die Here Here is.

ESÉGIËL 29:21 AFR53-AF
In dié dag sal Ek vir die huis van Israel ’n horing laat uitspruit, en Ek sal vir jou opening van die mond gee onder hulle; en hulle sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 30:8 AFR53-AF
En hulle sal weet dat Ek die Here is, as Ek ’n vuur werp in Egipte en al sy helpers verbreek word.

ESÉGIËL 30:19 AFR53-AF
So sal Ek dan strafgerigte voltrek in Egipte; en hulle sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 30:25-26 AFR53-AF
Ja, Ek sal die arms van die koning van Babel versterk, maar Farao se arms sal afval; en hulle sal weet dat Ek die Here is as Ek my swaard in die hand van die koning van Babel gee, dat hy dit kan uitstrek oor Egipteland.
   En Ek sal die Egiptenaars verstrooi onder die nasies en hulle versprei in die lande. So sal hulle dan weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 32:15 AFR53-AF
As Ek Egipteland ’n wildernis maak en die land woes lê, van sy volheid beroof, as Ek almal wat daarin woon, verslaan het, dan sal hulle weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 33:17 AFR53-AF
Maar die kinders van jou volk sê: Die weg van die Here is nie reg nie, terwyl tog hulle eie weg nie reg is nie.

ESÉGIËL 33:20 AFR53-AF
Tog sê julle: Die weg van die Here is nie reg nie. Ek sal julle oordeel, elkeen volgens sy weë, o huis van Israel!

ESÉGIËL 33:29 AFR53-AF
Dan sal hulle weet dat Ek die Here is, as Ek die land ’n wildernis en ’n woesteny maak oor al hul gruwels wat hulle bedryf het.

ESÉGIËL 34:27 AFR53-AF
En die bome van die veld sal hulle vrugte gee, en die land sal sy opbrings gee, en hulle sal veilig wees in hul land; en hulle sal weet dat Ek die Here is as Ek hulle jukskeie stukkend breek en hulle red uit die hand van die wat hulle diensbaar gemaak het.

ESÉGIËL 35:4 AFR53-AF
Ek sal jou stede ’n puinhoop maak, en jy self sal ’n wildernis word; en jy sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 35:9 AFR53-AF
Ewige wildernisse sal Ek jou maak, en jou stede sal nie bewoon word nie; en julle sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 35:15 AFR53-AF
Soos jy vrolik was oor die erfdeel van die huis van Israel, omdat dit verwoes is, so sal Ek met jou maak: jy sal ’n wildernis word, o berg Seïr en die hele Edom, almal saam. En hulle sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 36:11 AFR53-AF
Ja, Ek sal mense en diere op julle vermenigvuldig, en hulle sal vermenigvuldig en vrugbaar wees; en Ek sal julle laat bewoon soos in jul voortyd en aan julle weldoen meer as in julle vroeër dae, en julle sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 36:23 AFR53-AF
En Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek die Here is, spreek die Here Here, as Ek My in julle voor hul oë as die Heilige laat ken.

ESÉGIËL 36:38 AFR53-AF
Soos die geheiligde skape, soos die skape van Jerusalem op sy feestye, so sal die stede wat in puin lê, vol wees van kuddes van mense; en hulle sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 37:6 AFR53-AF
En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en ’n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 37:13 AFR53-AF
En julle sal weet dat Ek die Here is as Ek julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk!

ESÉGIËL 37:28 AFR53-AF
En die nasies sal weet dat Ek die Here is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees.

ESÉGIËL 38:23 AFR53-AF
So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die Here is.

ESÉGIËL 39:6-7 AFR53-AF
En Ek sal ’n vuur slinger in Magog en onder hulle wat in die kuslande veilig woon; en hulle sal weet dat Ek die Here is.
   En Ek sal my heilige Naam bekend maak onder my volk Israel en sal my heilige Naam nie meer laat ontheilig nie; en die nasies sal weet dat Ek die Here is, die Heilige in Israel.

ESÉGIËL 41:22 AFR53-AF
Die altaar was van hout, drie el hoog, en sy lengte twee el, en dit het sy hoekstukke gehad; en sy voetstuk en sy sykante was van hout. En hy het vir my gesê: Dit is die tafel wat voor die aangesig van die Here is.

ESÉGIËL 48:35 AFR53-AF
rondom agttienduisend el; en die naam van die stad sal van vandag af wees: Die Here is daar!

HOSÉA 12:6 AFR53-AF
En Here God van die leërskare, Here is sy gedenknaam.

HOSÉA 14:10 AFR53-AF
Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken! Want die weë van die Here is reg; en die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel!

JOËL 2:11 AFR53-AF
En die Here verhef sy stem voor sy leërmag uit; want geweldig groot is sy leër, ja, magtig die uitvoerder van sy woord. Want die dag van die Here is groot en uitermate vreeslik, en wie kan dit verdra?

AMOS 5:8 AFR53-AF
Hy wat die Sewe-ster en die Oríon gemaak het en die duisternis in môrelig verander en die dag tot nag verduister, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die oppervlakte van die aarde — Here is sy Naam!

AMOS 9:6 AFR53-AF
Dit is Hy wat sy solders in die hemele bou en sy hemelgewelf bo die aarde vestig, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die aardbodem, Here is sy Naam!

AMOS 9:8 AFR53-AF
Kyk, die oë van die Here Here is gerig teen die sondige koninkryk, en Ek sal dit van die aardbodem verdelg; maar Ek sal die huis van Jakob nie heeltemal verdelg nie, spreek die Here.

OBÁDJA 1:15 AFR53-AF
Want die dag van die Here is naby oor al die nasies; soos jy gedoen het, sal aan jou gedoen word, jou daad sal op jou hoof neerkom.

MIGA 7:8 AFR53-AF
Wees nie bly oor my nie, o my vyandin! Al het ek geval, ek staan weer op; al sit ek in duisternis, die Here is ’n lig vir my.

NAHUM 1:3 AFR53-AF
Die Here is lankmoedig, maar groot van krag; en nooit laat die Here ongestraf bly nie. Sy weg is in warrelwind en in storm, en wolke is die stof van sy voete.

NAHUM 1:7 AFR53-AF
Die Here is goed, ’n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.

HÁBAKUK 2:20 AFR53-AF
Maar die Here is in sy heilige tempel — swyg voor Hom, o ganse aarde!

HÁBAKUK 3:19 AFR53-AF
Die Here Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.

SEFÁNJA 1:7 AFR53-AF
Swyg voor die Here Here! Want die dag van die Here is naby; want die Here het ’n offer berei, sy gaste geheilig.

SEFÁNJA 2:5 AFR53-AF
Wee die inwoners van die kusstreek, die nasie van die Kretiërs! Die woord van die Here is teen julle, Kanaän, land van die Filistyne — Ek verdelg jou, sodat daar niemand meer woon nie.

SEFÁNJA 3:5 AFR53-AF
Die Here is regverdig binne-in hom, Hy doen geen onreg nie; elke môre laat Hy sy reg aan die lig kom, dit ontbreek nooit nie; maar die kwaaddoener ken geen skaamte nie.

SEFÁNJA 3:15 AFR53-AF
Die Here het jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die koning van Israel, die Here is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie.

SAGARÍA 10:5 AFR53-AF
En hulle sal wees soos helde wat in die oorlog die modder van die strate vertrap; en hulle sal veg, want die Here is met hulle; en die ruitery sal beskaamd uitkom.

MALEÁGI 1:7 AFR53-AF
Julle bring spys wat verontreinig is, op my altaar, en dan vra julle: Waardeur het ons U verontreinig? Deurdat julle sê: Die tafel van die Here is veragtelik.

MALEÁGI 1:12 AFR53-AF
Julle daarenteen ontheilig dit as julle sê: Die tafel van die Here is verontreinig, en wat sy opbrings betref — sy spys is veragtelik.

LUKAS 1:28 AFR53-AF
En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue.

LUKAS 4:18-19 AFR53-AF
Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees;
   om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.

JOHANNES 21:7 AFR53-AF
Daarop sê die dissipel — die een vir wie Jesus liefgehad het — aan Petrus: Dit is die Here! En toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, gord hy sy bo-kleed om — want hy was naak — en werp homself in die see.

HANDELINGE 13:11 AFR53-AF
En nou, kyk, die hand van die Here is op jou, en jy sal blind wees en die son ’n tyd lank nie sien nie. En onmiddellik het daar donkerheid en duisternis op hom geval, en hy het rondgegaan en gesoek na mense wat hom by die hand kon lei.

HANDELINGE 13:49 AFR53-AF
En die woord van die Here is deur die hele land verbrei.

ROMEINE 16:11 AFR53-AF
Groet Heródion, my stamgenoot. Groet hulle wat van die huis van Narcíssus is, die wat in die Here is.

I KORINTHIËRS 4:17 AFR53-AF
Daarom het ek Timótheüs, wat my geliefde en getroue seun in die Here is, na julle gestuur. Hy sal julle herinner aan my handelwyse in Christus, soos ek oral in elke gemeente leer.

I KORINTHIËRS 11:11 AFR53-AF
En tog, in die Here is die man nie sonder die vrou nie, en die vrou ook nie sonder die man nie.

I KORINTHIËRS 12:3 AFR53-AF
Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ’n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.

I KORINTHIËRS 14:37 AFR53-AF
As iemand meen dat hy ’n profeet of ’n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is.

II KORINTHIËRS 3:17 AFR53-AF
Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.

EFÉSIËRS 5:17 AFR53-AF
Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.

FILIPPENSE 2:11 AFR53-AF
en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.

FILIPPENSE 4:5 AFR53-AF
Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.

I THESSALONICENSE 5:12 AFR53-AF
MAAR ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan;

II THESSALONICENSE 3:3 AFR53-AF
Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose.

HEBREËRS 13:6 AFR53-AF
Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ’n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ’n mens aan my doen?

JAKOBUS 5:8 AFR53-AF
Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby.

I PETRUS 3:12 AFR53-AF
Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.