Ek is…
Ons as mense het die gewoonte om God se eenvoudige Woord
te neem en dit onsetend kompleks te maak. Soveel so dat ek partykeer getwyfel
het in my geloof en selfs in God! Christenskap is veronderstel om so eenvoudig
te wees dat die kinders dit moet kan verstaan. My enigste sekerheid in die lewe
is God Homself. Verder het ek gevind dat alles anders tot niet gaan of jou gaan
terleurstel. Ek het gevind dat sou ek my geloof basseer op dit wat ander mense
sê en selfs leer, is die kanse goed dat ek iewers probleme gaan optel. Die
Heilige Gees wil ons self leer en al gebruik Hy wie of wat ookal Hy wil om dit
te doen (Hy mag maak wat Hy wil want Hy is God!), moet ek alles na Hom toe vat
en dit toets aan die Woord. Dit kan slegs gedoen word deur my eie persoonlike
verhouding met God te hê. Jesus het dit moontlik vir ons almal gemaak om self
met God te kan praat! ‘n Mens se lewe word grootliks bepaal deur jou prentjie
van wie God is.
My vraag was eenvoudig: Wie is die God wat ek my lewe
voor gee? Ek ken Hom ‘n bietjie maar weet nie eintlik wie Hy is nie. Die Bybel
is vol beskrywings en stories wat God en Sy karaktereienskappe beskryf en dit
is noodsaaklik dat ons God so leer ken. Maar daar is ‘n paar plekke in Sy Woord
waar God pertinent sê Ek is, of Hy is, of Jesus is soos bv waar Jesus sê Ek is
die weg, die waarheid, die lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
So ek het al hierdie versies in die Woord gaan soek. My gebed is dat dit jou
kan help om ons Skepper en Vader en God beter te leer ken.
Moet asb nie alles net deur lees nie! Print dit, skryf
dit uit, maar spandeer tyd en bid asb oor elke versie! Lees met die Bybel
byderhand en lees die paar versies voor en na elke genoemde versie om die
konteks beter te kan verstaan. Laat die Gees jul lei en leer Hom ken!
Hier is die versies waar God sê Ek is….
Ø GÉNESIS 15:1 AFR53-AF
NÁ
hierdie dinge het die woord van die Here tot Abram gekom in ’n gesig en gesê:
Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ’n
skild en jou loon is baie groot.
Ø GÉNESIS
15:7 AFR53-AF
Verder
het Hy vir hom gesê: Ek is die Here wat jou uitgelei het uit Ur van die
Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee.
Ø GÉNESIS
17:1 AFR53-AF
TOE
Abram negen-en-negentig jaar oud was, het die Here aan Abram verskyn en vir hom
gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor My aangesig, dan sal jy opreg wees.
Ø GÉNESIS
26:24 AFR53-AF
En
die Here het aan hom in dieselfde nag verskyn en gesê: Ek is die God van
Abraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want Ek is met jou; en Ek sal jou
seën en jou nageslag vermeerder ter wille van Abraham, my kneg.
Ø GÉNESIS
28:13-15 AFR53-AF
En
kyk, die Here het bo-aan gestaan en gesê: Ek is die Here, die God van jou vader
Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en
jou nageslag gee;
en
jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde, en jy sal uitbrei na die
weste en ooste, en na die noorde en suide; en in jou en jou nageslag sal al die
geslagte van die aarde geseën word.
En
kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou
terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen
het wat Ek jou gesê het.
Ø GÉNESIS
31:13 AFR53-AF
Ek
is die God van Bet-el waar jy die gedenksteen gesalf het, waar jy aan My ’n
gelofte gedoen het. Maak jou dan nou klaar, trek weg uit hierdie land en gaan
terug na jou geboorteland.
Ø GÉNESIS
35:11 AFR53-AF
Verder
sê God vir hom: Ek is God, die Almagtige. Wees vrugbaar en vermeerder. ’n
Nasie, ja, ’n menigte van nasies, sal van jou afstam, en konings sal uit jou
lendene voortkom.
Ø GÉNESIS
46:3 AFR53-AF
Toe
sê Hy: Ek is God, die God van jou vader. Moenie bevrees wees om na Egipte af te
trek nie, want Ek sal jou daar ’n groot nasie maak.
Ø EXODUS
3:6 AFR53-AF
Verder
sê Hy: Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en
die God van Jakob. Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om
God aan te sien.
Ø EXODUS
3:14 AFR53-AF
En
God sê vir Moses: Ek is wat Ek is. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel
antwoord: Ek is het my na julle gestuur.
Ø EXODUS
6:1-2 AFR53-AF
VERDER
het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is die Here.
En
Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar
met My Naam Here het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie.
Ø EXODUS
6:5 AFR53-AF
Daarom,
sê aan die kinders van Israel: Ek is die Here, en Ek sal julle onder die harde
arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal
julle verlos deur ’n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte;
Ø EXODUS
6:28 AFR53-AF
het
die Here Moses aangespreek met die woorde: Ek is die Here. Sê aan Farao, die
koning van Egipte, alles wat Ek met jou spreek.
Ø EXODUS
15:26 AFR53-AF
en
gesê: As jy getrou na die stem van die Here jou God luister en doen wat reg is
in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen
van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die
Here wat jou gesond maak.
Ø EXODUS
20:2 AFR53-AF
Ek
is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.
Ø EXODUS
22:27 AFR53-AF
want
dit is sy enigste bedekking, dit is die bekleding vir sy vel. Waarin moet hy
anders slaap? En as hy na My roep, sal Ek hoor, want Ek is genadig.
Ø EXODUS
29:45-46 AFR53-AF
En
Ek sal onder die kinders van Israel woon en vir hulle ’n God wees;
en
hulle sal weet dat Ek die Here hulle God is wat hulle uit Egipteland uitgelei
het om in hulle midde te woon. Ek is die Here hulle God.
Ø LEVÍTIKUS
11:44-45 AFR53-AF
Want
Ek is die Here julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek
is heilig; daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die
aarde kruip nie.
Want
Ek is die Here wat julle uit Egipteland laat optrek het om julle God te wees.
So moet julle dan heilig wees, omdat Ek heilig is.
Ø LEVÍTIKUS
18:2 AFR53-AF
Spreek
met die kinders van Israel en sê vir hulle: Ek is die Here julle God.
Ø LEVÍTIKUS
18:4-6 AFR53-AF
My
verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is
die Here julle God.
Hou
dan my insettinge en my verordeninge wat die mens moet doen, dat hy daardeur
kan lewe. Ek is die Here.
Niemand
van julle mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie.
Ek is die Here.
Ø LEVÍTIKUS
18:21 AFR53-AF
En
van jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te laat deurgaan nie,
dat jy die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is die Here.
Ø LEVÍTIKUS
18:30 AFR53-AF
Daarom
moet julle my ordening onderhou om niks te doen van die gruwelike insettinge
wat voor julle gedoen is nie, dat julle jul nie daardeur verontreinig nie. Ek
is die Here julle God.
Ø LEVÍTIKUS
19:3-4 AFR53-AF
Elkeen
moet sy moeder en sy vader vrees, en my sabbatte hou. Ek is die Here julle God.
Begeef
julle nie tot die afgode en maak vir julle geen gegote gode nie. Ek is die Here
julle God.
Ø LEVÍTIKUS
19:10 AFR53-AF
Jou
wingerd moet jy ook nie skoon afoes nie, en die trossies wat van jou wingerd
val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly.
Ek is die Here julle God.
Ø LEVÍTIKUS
19:12 AFR53-AF
En
julle mag nie vals sweer by my Naam en so die Naam van jou God ontheilig nie.
Ek is die Here.
Ø LEVÍTIKUS
19:14 AFR53-AF
Jy
mag ’n dowe nie vloek nie, en voor die blinde geen struikelblok lê nie; maar jy
moet jou God vrees. Ek is die Here.
Ø LEVÍTIKUS
19:16 AFR53-AF
Jy
mag nie as ’n kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen
die lewe van jou naaste optree nie. Ek is die Here.
Ø LEVÍTIKUS
19:18 AFR53-AF
Jy
mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie,
maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.
Ø LEVÍTIKUS
19:25 AFR53-AF
en
in die vyfde jaar mag julle hulle vrugte eet — dit alles om hulle opbrings vir
julle meer te maak. Ek is die Here julle God.
Ø LEVÍTIKUS
19:28 AFR53-AF
Julle
mag ook ter wille van ’n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen
ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die Here.
Ø LEVÍTIKUS
19:30-32 AFR53-AF
Julle
moet my sabbatte hou en my heiligdom ontsien. Ek is die Here.
Begeef
julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek
hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie. Ek is die Here julle God.
Vir
die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van ’n grysaard eer; en jy moet
jou God vrees. Ek is die Here.
Ø LEVÍTIKUS
19:34 AFR53-AF
Die
vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos ’n kind van die land
wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was
vreemdelinge in Egipteland. Ek is die Here julle God.
Ø LEVÍTIKUS
19:36-37 AFR53-AF
Julle
moet ’n regte weegskaal hê, regte weegstene, ’n regte efa en ’n regte hin. Ek
is die Here julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het.
Daarom
moet julle al my insettinge en al my verordeninge onderhou en dit doen. Ek is
die Here.
Ø LEVÍTIKUS
20:7-8 AFR53-AF
Toon
dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is die Here julle God.
En
onderhou my insettinge en doen dit. Ek is die Here wat julle heilig.
Ø LEVÍTIKUS 20:24 AFR53-AF
En Ek het vir julle gesê: Júlle sal hulle land in
besit neem, en Ék sal dit aan julle as besitting gee, ’n land wat oorloop van
melk en heuning. Ek is die Here julle God wat julle van die volke afgesonder
het.
Ø LEVÍTIKUS 21:12 AFR53-AF
en hy mag uit die heiligdom nie uitgaan nie, sodat
hy die heiligdom van sy God nie ontheilig nie, want die wyding van die salfolie
van sy God is op hom. Ek is die Here.
Ø LEVÍTIKUS 21:15 AFR53-AF
dat hy nie sy kroos onder sy volksgenote ontheilig
nie; want Ek is die Here wat hom heilig.
Ø LEVÍTIKUS 21:23 AFR53-AF
maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die
altaar nie nader kom nie, omdat ’n liggaamsgebrek aan hom is, dat hy my
heiligdomme nie ontheilig nie; want Ek is die Here wat hulle heilig.
Ø LEVÍTIKUS 22:2-3 AFR53-AF
Spreek met Aäron en sy seuns dat hulle versigtig
moet wees met die heilige gawes van die kinders van Israel — wat hulle aan My
heilig — sodat hulle my heilige Naam nie ontheilig nie. Ek is die Here.
Sê vir hulle: Enigeen in julle geslagte wat uit al
julle nakomelinge na die heilige gawes aankom wat die kinders van Israel aan
die Here heilig, terwyl sy onreinheid op hom is, dié siel moet uitgeroei word
van my aangesig af weg. Ek is die Here.
Ø LEVÍTIKUS 22:8-9 AFR53-AF
Aas of iets wat verskeur is, mag hy nie eet, sodat
hy daardeur nie onrein word nie. Ek is die Here.
Hulle moet dan my ordening onderhou, dat hulle
weens die heilige gawes geen sonde op
hulle laai en daardeur sterwe nie, omdat hulle dit ontheilig het. Ek is die
Here wat hulle heilig.
Ø LEVÍTIKUS 22:16 AFR53-AF
en op húlle geen strafbare skuld laai deurdat húlle
die heilige gawes sou eet nie; want Ek is die Here wat hulle heilig.
Ø LEVÍTIKUS 22:30-33 AFR53-AF
Op dieselfde dag moet dit geëet word. Julle moet
daarvan niks laat oorbly tot die môre toe nie. Ek is die Here.
Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is die Here.
En ontheilig My heilige Naam nie, sodat Ek geheilig
kan word onder die kinders van Israel. Ek is die Here wat julle heilig,
wat julle uit Egipteland uitgelei het om vir julle
’n God te wees. Ek is die Here.
Ø LEVÍTIKUS 23:22 AFR53-AF
En as julle die opbrings van jul land oes, moet jy
die kant van jou land as jy oes nie heeltemal afoes en die are wat val, nie
versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is
die Here julle God.
Ø LEVÍTIKUS 23:43 AFR53-AF
sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders
van Israel in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland uitgelei het. Ek
is die Here julle God.
Ø LEVÍTIKUS 24:22 AFR53-AF
Net een wet moet daar vir julle wees — die
vreemdeling moet soos die kind van die land wees; want Ek is die Here julle
God.
Ø LEVÍTIKUS 25:17 AFR53-AF
Laat niemand dan sy naaste verdruk nie, en vrees jy
jou God; want Ek is die Here julle God.
Ø LEVÍTIKUS 25:38 AFR53-AF
Ek is die Here julle God wat julle uit Egipteland
uitgelei het om julle die land Kanaän te gee, om julle God te wees.
Ø LEVÍTIKUS 25:55 AFR53-AF
Want die kinders van Israel is my knegte; my knegte
is hulle wat Ek uit Egipteland uitgelei het. Ek is die Here julle God.
Ø LEVÍTIKUS 26:1-2 AFR53-AF
JULLE mag vir julle geen afgode maak nie; en ’n
gesnede beeld of ’n klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie en ’n steen
met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie;
want Ek is die Here julle God.
My sabbatte moet julle hou en my heiligdom ontsien.
Ek is die Here.
Ø LEVÍTIKUS 26:13 AFR53-AF
Ek is die Here julle God wat julle uit Egipteland
uitgelei het, dat julle nie hulle slawe moet wees nie; en Ek het julle jukskeie
verbreek en het julle regop laat loop.
Ø LEVÍTIKUS 26:44-45 AFR53-AF
Maar ook dan, as hulle in die land van hul vyande
is, verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek ’n einde aan
hulle sou maak en my verbond met hulle sou verbreek nie; want Ek is die Here
hulle God.
Maar Ek sal tot hulle beswil dink aan die verbond
van die voorvaders wat Ek uit Egipteland voor die oë van die nasies uitgelei
het om vir hulle ’n God te wees. Ek is die Here.
Ø NÚMERI 3:41 AFR53-AF
En jy moet vir My — Ek is die Here — die Leviete
neem in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die
vee van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die vee van die
kinders van Israel.
Ø NÚMERI 3:45 AFR53-AF
Neem die Leviete in die plek van al die
eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die
plek van hulle vee, sodat die Leviete myne kan wees. Ek is die Here.
Ø NÚMERI 10:10 AFR53-AF
Op die dag as julle vrolik is, sowel as op julle
feestye en by die begin van julle maande moet julle by jul brandoffers en by
jul dankoffers op die trompette blaas: hulle sal dien om julle in gedagtenis te
bring voor die aangesig van julle God. Ek is die Here julle God.
Ø NÚMERI 15:41 AFR53-AF.
Ek is die Here julle God wat julle uit Egipteland
uitgelei het om vir julle ’n God te wees. Ek is die Here julle God.
Ø NÚMERI 18:20 AFR53-AF
Ook het die Here vir Aäron gesê: Jy sal in hulle
land nie erwe nie, en jy sal geen deel onder hulle hê nie. Ek is jou deel en
jou erfenis onder die kinders van Israel.
Ø DEUTERONÓMIUM 1:42 AFR53-AF
het die Here vir my gesê: Sê vir hulle: Julle mag
nie optrek en veg nie — want Ek is nie in julle midde nie — dat julle nie voor
julle vyande verslaan word nie
Ø DEUTERONÓMIUM 5:6 AFR53-AF
Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit
die slawehuis, uitgelei het.
Ø DEUTERONÓMIUM 32:39 AFR53-AF
Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god naas
My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar
is niemand wat uit my hand red nie.
Ø JOSUA 5:14 AFR53-AF
En Hy sê: Nee, maar Ek is die leërowerste van die
Here; Ek het nou gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom
neer en vra Hom: Wat wil my Here aan sy dienskneg sê?
Ø RIGTERS 6:10 AFR53-AF
En Ek het aan julle gesê: Ek is die Here julle God;
julle mag die gode van die Amoriete in wie se land julle woon, nie vrees nie.
Maar julle het nie na my stem geluister nie.
Ø PSALMS 35:3 AFR53-AF
En trek die spies uit en stuit my vervolgers!
Spreek tot my siel: Ek is jou heil!
Ø PSALMS 50:7 AFR53-AF
Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; Israel, dat Ek
jou dit kan inskerp: Ek is God, jou God!
Ø PSALMS 50:21 AFR53-AF
Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy
dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor oë stel.
Ø PSALMS 81:11 AFR53-AF
Ek is die Here jou God wat jou laat optrek het uit
Egipteland; maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul.
Ø JESAJA 1:11 AFR53-AF
Wat het Ek aan die menigte van julle slagoffers? sê
die Here. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van vetgemaakte
kalwers; en Ek het geen behae in die bloed van stiere of lammers of bokke nie.
Ø JESAJA 1:14 AFR53-AF
Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle
is My ’n oorlas. Ek is moeg om dit te dra.
Ø JESAJA 41:10 AFR53-AF
Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie
angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook
ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.
Ø JESAJA 42:8 AFR53-AF
EK is die Here, dit is my Naam; en my eer sal Ek
aan geen ander gee, of ook my lof aan die gesnede beelde nie.
Ø JESAJA 43:3-5 AFR53-AF
Want Ek is die Here, jou God, die Heilige van
Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou
plek.
Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek
jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.
Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal
jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af.
Ø JESAJA 43:10-13, 15 AFR53-AF
Júlle is my getuies, spreek die Here, en my kneg
wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek
is — voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie.
Ek, Ek is die Here, en daar is geen Heiland buiten
My nie.
Ék het verkondig en verlos en dit laat hoor, en
daar was geen ander god onder julle nie; en julle is my getuies, spreek die
Here, en Ek is God.
Ook van vandag af is Ek dit, en niemand red uit my
hand nie; Ek werk, en wie kan dit keer?
Ek is die Here, julle Heilige; die Skepper van
Israel, julle Koning.
Ø JESAJA 43:25 AFR53-AF
Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My
ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.
Ø JESAJA 44:6 AFR53-AF
SO sê die Here, die Koning van Israel en sy Losser,
die Here van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My
is daar geen God nie.
Ø JESAJA 44:24 AFR53-AF
SO sê die Here, jou Verlosser, en Hy wat jou
geformeer het van die moederskoot af: Ek is die Here wat alles volbring, wat
die hemel uitspan, Ek alleen, en wat die aarde uitsprei — wie was met My?
Ø JESAJA 45:5-6 AFR53-AF
Ek is die Here, en daar is geen ander nie; buiten
My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,
sodat hulle kan weet van die opgang van die son en
van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die Here, en daar
is geen ander nie;
Ø JESAJA 45:18-19 AFR53-AF
Want so sê die Here, wat die hemele geskape het —
Hy is God! — wat die aarde geformeer en dit gemaak het — Hy het dit bevestig;
Hy het dit nie geskape om woes te wees nie, maar dit geformeer om bewoon te
word — Ek is die Here, en daar is geen ander nie.
Ek het in die geheim nie gespreek nie — op ’n plek
van die donker land; Ek het aan die geslag van Jakob nie gesê: Soek My
tevergeefs nie. Ek is die Here wat geregtigheid spreek, wat regte dinge
verkondig.
Ø JESAJA 45:22 AFR53-AF
Wend julle tot My en laat julle red, alle eindes
van die aarde! Want Ek is God, en daar is geen ander nie.
Ø JESAJA 46:9 AFR53-AF
Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat
Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek
nie;
Ø JESAJA 48:12 AFR53-AF
Luister na My, o Jakob, en Israel, wat Ek geroep
het, dit is Ek; Ek is die Eerste, ook is Ek die Laaste.
Ø JESAJA 48:17 AFR53-AF
So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van
Israel: Ek is die Here jou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op
die weg wat jy moet gaan.
Ø JESAJA 51:12 AFR53-AF
Ek is dit wat julle troos! Wie is jy, dat jy
bevrees is vir die mens wat moet sterwe, en vir die mensekind wat oorgegee word
soos gras?
Ø JESAJA 51:15 AFR53-AF
Maar Ek is die Here jou God wat die see in
beroering bring, sodat sy golwe bruis; Here van die leërskare is sy Naam!
Ø JESAJA 52:6 AFR53-AF
Daarom sal my volk my Naam leer ken; daarom sal
hulle weet op dié dag dat dit Ek is wat
spreek: Hier is Ek!
Ø JEREMIA 1:8 AFR53-AF
Wees vir hulle nie bevrees nie, want Ek is met jou
om jou uit te red, spreek die Here.
Ø JEREMIA 1:12 AFR53-AF
Toe sê die Here vir my: Jy het goed gesien, want Ek
is wakker oor my woord om dit te volbring.
Ø JEREMIA 1:19 AFR53-AF
En hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie;
want Ek is met jou, spreek die Here, om jou uit te red.
Ø JEREMIA 3:12 AFR53-AF
Gaan en roep hierdie woorde na die noorde toe uit
en sê: Keer terug, o afkerige, Israel, spreek die Here. Ek sal julle nie donker
aankyk nie, want Ek is goedertieren, spreek die Here; Ek sal die toorn nie vir
ewig behou nie.
Ø JEREMIA 3:14 AFR53-AF
Keer terug, o afkerige kinders, spreek die Here,
want Ek is heer oor julle; en Ek sal julle neem, een uit ’n stad en twee uit ’n
geslag en sal julle in Sion bring.
Ø JEREMIA 15:6 AFR53-AF
Jy het My verwerp, spreek die Here, jy het ál
agteruitgegaan; daarom strek Ek my hand teen jou uit en verwoes jou; Ek is moeg
om berou te hê.
Ø JEREMIA 15:20 AFR53-AF
En Ek sal jou ’n onneembare kopermuur vir hierdie
volk maak; en hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorweldig nie; want Ek is
met jou om jou te verlos en om jou te red, spreek die Here.
Ø JEREMIA 29:23 AFR53-AF
omdat hulle ’n skanddaad in Israel begaan het en
owerspel met die vroue van hulle naaste bedryf het en ’n leuenwoord in my Naam
gespreek het, wat Ek hulle nie beveel het nie; en Ek is die Een wat weet en
getuie is, spreek die Here.
Ø JEREMIA 30:11 AFR53-AF
Want Ek is met jou, spreek die Here, om jou te
verlos. Want Ek sal ’n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi
het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate,
al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.
Ø JEREMIA 31:9 AFR53-AF
Hulle sal kom met geween, en met smekinge sal Ek
hulle lei; Ek sal hulle bring by waterstrome, op ’n gelyk pad waarop hulle nie
sal struikel nie; want Ek is vir Israel ’n Vader, en Efraim is my eersgeborene.
Ø JEREMIA 32:27 AFR53-AF
Kyk, Ek is die Here, die God van alle vlees; sou
enige ding vir My te wonderbaar wees?
Ø JEREMIA 42:11 AFR53-AF
Vrees nie vir die koning van Babel vir wie julle
bang is nie; wees nie vir hom bevrees nie, spreek die Here, want Ek is met
julle om julle te verlos en julle uit sy hand te red.
Ø JEREMIA 44:26-27 AFR53-AF
Daarom, hoor die woord van die Here, o hele Juda
wat in Egipteland woon! Kyk, Ek sweer by my grote Naam, sê die Here: Nooit sal
my Naam meer aangeroep word deur die mond van enige man van Juda in die hele
Egipteland nie, met die woorde: So waar as die Here Here leef!
Kyk, Ek is wakker oor hulle ten kwade en nie ten
goede nie; en al die manne van Juda wat in Egipteland is, sal deur die swaard
en die hongersnood omkom, totdat dit met hulle gedaan is.
Ø JEREMIA 46:28 AFR53-AF
Jy, o my kneg Jakob, wees nie bevrees nie, spreek
die Here, want Ek is met jou. Want Ek sal ’n einde maak aan al die nasies waarheen
Ek jou verdryf het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou
tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.
Ø ESÉGIËL 20:5 AFR53-AF
en sê aan hulle: So spreek die Here Here: Die dag
toe Ek Israel uitverkies het, het Ek my hand opgehef vir die geslag van die
huis van Jakob en My aan hulle bekend gemaak in Egipteland; ja, Ek het my hand
vir hulle opgehef en gesê: Ek is die Here julle God.
Ø ESÉGIËL 20:7 AFR53-AF
En Ek het aan hulle gesê: Gooi weg, elkeen die
verfoeisels van sy oë, en verontreinig julle nie met die drekgode van Egipte
nie: Ek is die Here julle God.
Ø ESÉGIËL 20:19 AFR53-AF
Ek is die Here julle God; wandel in my insettinge
en onderhou my verordeninge en doen dit.
Ø ESÉGIËL 34:31 AFR53-AF
En julle is my skape, die skape van my weide; julle
is mense, Ek is julle God, spreek die Here Here.
Ø ESÉGIËL 44:28 AFR53-AF
En dit sal vir hulle ’n erfdeel wees: Ek is hulle
erfdeel; en julle mag aan hulle geen besitting in Israel gee nie: Ek is hulle
besitting.
Ø HOSÉA 2:1 AFR53-AF
TWIS met julle moeder, twis; want sy is nie my vrou
nie, en Ek is nie haar man nie, en laat sy haar hoerery van haar aangesig
verwyder en haar owerspel van haar borste af weg.
Ø HOSÉA 5:14 AFR53-AF
Want Ek is soos ’n leeu vir Efraim, en soos ’n jong
leeu vir die huis van Juda; Ek, Ek verskeur en gaan heen, Ek dra weg sonder dat
iemand red.
Ø HOSÉA 11:9 AFR53-AF
Ek sal my toorngloed nie laat geld nie, Ek sal
Efraim nie weer te gronde rig nie; want Ek is God en nie ’n mens nie, die
Heilige in jou midde. En Ek sal nie kom in grimmigheid nie.
Ø HOSÉA 12:10 AFR53-AF
Maar Ek is die Here jou God van Egipteland af, Ek
sal jou weer in tente laat woon soos in die dae van die huttefees.
Ø HOSÉA 14:9 AFR53-AF
Efraim, wat het Ek nog met die afgode te doen? Ek
het hom verhoor en hou my oog oor hom. Ek is soos ’n groen sipres; uit My word
jou vrug gevind.
Ø HAGGAI 1:13 AFR53-AF
Daarop het Haggai, die boodskapper van die Here,
kragtens die boodskap van die Here, met die volk gespreek en gesê: Ek is met
julle, spreek die Here.
Ø HAGGAI 2:4 AFR53-AF
Nou dan, skep moed, Serubbábel, spreek die Here, en
skep moed, Josua, hoëpriester, seun van Jósadak, en skep moed, julle almal,
volk van die land, spreek die Here, en werk! Want Ek is met julle, spreek die
Here van die leërskare,
Ø SAGARÍA 1:15 AFR53-AF
maar Ek is grootliks vertoornd oor die sorglose
nasies wat, terwyl Ek ’n weinig vertoornd was, die onheil aangehelp het.
Ø SAGARÍA 10:6 AFR53-AF
En Ek sal die huis van Juda sterk maak en aan die
huis van Josef hulp verleen en hulle ’n woonplek aanwys, want Ek ontferm My oor
hulle; en hulle sal wees asof Ek hulle nie verwerp het nie, want Ek is die Here
hulle God, en Ek sal hulle verhoor.
Ø MATTHÉÜS 11:29-30 AFR53-AF
Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is
sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want My
juk is sag en My las is lig.
Ø MATTHÉÜS 15:24 AFR53-AF
Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die
verlore skape van die huis van Israel.
Ø MATTHÉÜS 22:32 AFR53-AF
Ek is die God van Abraham en die God van Isak en
die God van Jakob? God is nie ’n God van dooies nie, maar van lewendes.
Ø MATTHÉÜS 27:43 AFR53-AF
Hy het op God vertrou; laat Hy Hom nou verlos as Hy
behae in Hom het; want Hy het gesê: Ek is die Seun van God.
Ø MATTHÉÜS 28:20 AFR53-AF
En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die
voleinding van die wêreld. Amen.
Ø MARKUS 12:26 AFR53-AF
En wat die dode betref, dat hulle opstaan — het
julle nie gelees in die boek van Moses, in die gedeelte oor die doringbos, hoe
God vir hom gesê het: Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God
van Jakob nie?
Ø MARKUS 14:62 AFR53-AF
En Jesus sê: Ek is. En u almal sal die Seun van die
mens aan die regterhand van die krag van God sien sit en kom met die wolke van
die hemel.
Ø LUKAS 22:27 AFR53-AF
Want wie is groter: die een wat aan tafel is, of
die een wat dien? Is dit nie hy wat aan tafel is nie? Maar Ek is onder julle
soos een wat dien.
Ø JOHANNES 6:35 AFR53-AF
En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die
lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit
dors kry nie.
Ø JOHANNES 6:41 AFR53-AF
Toe murmureer die Jode oor Hom, omdat Hy gesê het:
Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het.
Ø JOHANNES 6:48 AFR53-AF
Ek is die brood van die lewe.
Ø JOHANNES 6:51 AFR53-AF
Ek is die lewende brood wat uit die hemel
neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid.
En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal
gee.
Ø JOHANNES 7:28 AFR53-AF
Jesus roep toe uit, terwyl Hy in die tempel leer,
en sê: Julle ken My en julle weet ook van waar Ek is; tog het Ek nie uit Myself
gekom nie; maar Hy wat My gestuur het, is waaragtig, vir wie julle nie ken nie.
Ø JOHANNES 7:34 AFR53-AF
Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is,
kan julle nie kom nie.
Ø JOHANNES 8:12 AFR53-AF
EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is
die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel
nie, maar sal die lig van die lewe hê.
Ø JOHANNES 8:23-24 AFR53-AF
En Hy sê vir hulle: Julle is van benede, Ek is van
bo; julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie.
Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes
sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes
sterwe.
Ø JOHANNES 8:28 AFR53-AF
En Jesus sê vir hulle: Wanneer julle die Seun van
die mens verhoog het, dan sal julle weet dat dit Ek is; en uit Myself doen Ek
niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek.
Ø JOHANNES 8:49 AFR53-AF
Jesus antwoord: Ek is nie van die duiwel besete
nie; maar Ek eer my Vader, en julle doen My oneer aan.
Ø JOHANNES 10:7-11 AFR53-AF
Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar,
voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape.
Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers;
maar die skape het nie na hulle geluister nie.
Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy
gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
Die dief kom net om te steel en te slag en te
verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe
af vir die skape.
Ø JOHANNES 10:36 AFR53-AF
sê julle vir Hom wat die Vader geheilig en in die
wêreld gestuur het: U spreek godslasterlik — omdat Ek gesê het: Ek is die Seun
van God?
Ø JOHANNES 11:15 AFR53-AF
En Ek is bly om julle ontwil dat Ek nie daar was
nie, sodat julle kan glo. Maar laat ons na hom toe gaan.
Ø JOHANNES 11:25 AFR53-AF
Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die
lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;
Ø JOHANNES 12:26 AFR53-AF
As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is,
daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.
Ø JOHANNES 13:13 AFR53-AF
Julle noem My Meester en Here, en julle is reg,
want Ek is dit.
Ø JOHANNES 13:19 AFR53-AF
Van nou af sê Ek dit aan julle voordat dit gebeur,
sodat wanneer dit gebeur, julle kan glo dat dit Ek is.
Ø JOHANNES 14:3 AFR53-AF
En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek
weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
Ø JOHANNES 14:6 AFR53-AF
Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid
en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Ø JOHANNES 14:9 AFR53-AF
Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het
jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En
hoe sê jy: Toon ons die Vader?
Ø JOHANNES 15:1 AFR53-AF
EK is die ware wynstok, en My Vader is die
landbouer.
Ø JOHANNES 15:5 AFR53-AF
Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly,
en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
Ø JOHANNES 17:10-11 AFR53-AF
En alles wat Myne is, is Uwe; en wat Uwe is, is
Myne; en Ek is in hulle verheerlik.
En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is
in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in U Naam die wat U My
gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.
Ø JOHANNES 17:24 AFR53-AF
Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee
het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My
gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.
Ø JOHANNES 18:8 AFR53-AF
Jesus antwoord: Ek het vir julle gesê dat dit Ek
is. As julle My dan soek, laat hierdie manne weggaan
Ø HANDELINGE 7:32 AFR53-AF
Ek is die God van jou vaders, die God van Abraham
en die God van Isak en die God van Jakob. En Moses het begin bewe en nie gewaag
om dit te bekyk nie.
Ø HANDELINGE 9:5 AFR53-AF
En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek
is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.
Ø HANDELINGE 18:9-10 AFR53-AF
Wees nie bevrees nie, maar spreek en moenie swyg
nie; want Ek is met jou, en niemand sal die hand aan jou slaan om jou kwaad aan
te doen nie, want Ek het baie mense in hierdie stad.
Ø I PETRUS 1:16 AFR53-AF
omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is
heilig.
Ø OPENBARING 1:8 AFR53-AF
Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die
einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.
Ø OPENBARING 1:11 AFR53-AF
Ek is die Alfa en die Oméga, die eerste en die
laaste, en skryf wat jy sien in ’n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat
in Asië is: na Éfese en Smirna en Pérgamus en Thiatíre en Sardis en Filadelfía
en Laodicéa.
Ø OPENBARING 1:17-18 AFR53-AF
En toe ek Hom sien, val ek soos ’n dooie aan sy
voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek
is die eerste en die laaste en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot
in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.
Ø OPENBARING 2:23 AFR53-AF
En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die
gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan
elkeen van julle gee volgens sy werke.
Ø OPENBARING 21:6 AFR53-AF
En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa
en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die
fontein van die water van die lewe, verniet.
Ø OPENBARING 22:13 AFR53-AF
Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die
einde, die eerste en die laaste.
Ø OPENBARING 22:16 AFR53-AF
Ek, Jesus, het My engel gestuur om hierdie dinge
aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van
Dawid, die blink môrester.