Sunday 25 November 2012

God is....



God is

Ons as mense het die gewoonte om God se eenvoudige Woord te neem en dit onsetend kompleks te maak. Soveel so dat ek partykeer getwyfel het in my geloof en selfs in God! Christenskap is veronderstel om so eenvoudig te wees dat die kinders dit moet kan verstaan. My enigste sekerheid in die lewe is God Homself. Verder het ek gevind dat alles anders tot niet gaan of jou gaan terleurstel. Ek het gevind dat sou ek my geloof basseer op dit wat ander mense sê en selfs leer, is die kanse goed dat ek iewers probleme gaan optel. Die Heilige Gees wil ons self leer en al gebruik Hy wie of wat ookal Hy wil om dit te doen (Hy mag maak wat Hy wil want Hy is God!), moet ek alles na Hom toe vat en dit toets aan die Woord. Dit kan slegs gedoen word deur my eie persoonlike verhouding met God te hê. Jesus het dit moontlik vir ons almal gemaak om self met God te kan praat!

My vraag was eenvoudig: Wie is die God wat ek my lewe voor gee? Ek ken Hom n bietjie maar weet nie eintlik wie Hy is nie. Die Bybel is vol beskrywings en stories wat God en Sy karaktereienskappe beskryf en dit is noodsaaklik dat ons God so leer ken. Maar daar is n paar plekke in Sy Woord waar God pertinent sê Ek is, of Hy is, of Jesus is soos bv waar Jesus sê Ek is die weg, die waarheid, die lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. So ek het al hierdie versies in die Woord gaan soek. My gebed is dat dit jou kan help om ons Skepper en Vader en God beter te leer ken.

Moet asb nie alles net deur lees nie! Print dit, skryf dit uit, maar spandeer tyd en bid asb oor elke versie! Lees met die Bybel byderhand en lees die paar versies voor en na elke genoemde versie om die konteks beter te kan verstaan. Laat die Gees jul lei en leer Hom ken!

Hier is die versies wat sê God is.

· Genesis 21:22 AFR53-AF
God is met jou in alles wat jy doen.

· Genesis 31:50 AFR53-AF
As jy my dogters mishandel, en as jy vroue neem by my dogters, dan is geen mens by ons nie: Kyk, God is getuie tussen my en jou.

· Exodus 6:6 AFR53-AF
en Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle n God wees. En julle sal erken dat Ek die HERE julle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit.

· Exodus 29:46 AFR53-AF
en hulle sal weet dat Ek die HERE hulle God is wat hulle uit Egipteland uitgelei het om in hulle midde te woon. Ek is die HERE hulle God.

· Exodus 34:14 AFR53-AF
Want jy mag jou nie neerbuig voor n ander god nie; want die HERE se Naam is Jaloers n jaloerse God is Hy.

· Numeri 23:19-21 AFR53-AF
God is geen man dat Hy sou lieg nie; of n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hý iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?
Kyk, ek het ontvang om te seën; en het Hy geseën, dan kan ek dit nie keer nie.
n Mens aanskou geen ongeregtigheid in Jakob en sien geen onheil in Israel nie. Die HERE sy God is met hom, en die gejubel tot eer van die Koning is by hom.

· DEUTERONÓMIUM 3:24 AFR53-AF
Here, Here! Ú het begin om u kneg u grootheid en u sterke hand te laat sien; want watter God is daar in die hemel en op die aarde wat sulke werke en sulke magtige dade kan doen soos U?

· DEUTERONÓMIUM 4:24 AFR53-AF
Want die Here jou God is n verterende vuur, n jaloerse God.

· DEUTERONÓMIUM 4:31 AFR53-AF
Want die Here jou God is n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie.

· DEUTERONÓMIUM 6:4 AFR53-AF
Hoor, Israel, die Here onse God is n enige Here.

· DEUTERONÓMIUM 6:15 AFR53-AF
want die Here jou God is n jaloerse God by jou sodat die toorn van die Here jou God nie teen jou ontvlam en Hy jou van die aarde verdelg nie.

· DEUTERONÓMIUM 7:21 AFR53-AF
Skrik nie vir hulle nie, want die Here jou God is by jou, n groot en gedugte God.

· DEUTERONÓMIUM 10:17-18 AFR53-AF
Want die Here julle God is die God van die gode en die Here van die here; die grote, magtige en gedugte God wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie;
wat reg verskaf aan die wees en die weduwee, en die vreemdeling liefhet, sodat Hy hom brood en klere gee.

· DEUTERONÓMIUM 11:11-12 AFR53-AF
Maar die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem, is n land van berge en laagtes wat van die reën van die hemel water drink;
n land waar die Here jou God voor sorg; die oë van die Here jou God is altyddeur daarop, van die begin van die jaar tot die einde van die jaar.

· DEUTERONÓMIUM 33:27 AFR53-AF
Die ewige God is n woning, en onder ewige arms; en Hy het die vyand voor jou uit verdrywe en gesê: Verdelg!

· JOSUA 1:9 AFR53-AF
Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.

· RUT 1:16 AFR53-AF
Maar Rut sê: Moenie by my aandring dat ek u moet verlaat om agter u om te draai nie; want waar u gaan, sal ek gaan; en waar u vertoef, sal ek vertoef; u volk is my volk, en u God is my God.

· I SAMUEL 10:7 AFR53-AF
En as hierdie tekens vir jou uitkom, doen dan wat jou hand vind om te doen, want God is met jou

· .II SAMUEL 22:3 AFR53-AF
God is my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting en my toevlug, my verlosser; van geweld het U my verlos.

· II SAMUEL 22:31 AFR53-AF
Die weg van God is volmaak; die woord van die Here is gelouter; Hy is n skild vir almal wat by Hom skuil.

· I KONINGS 17:24 AFR53-AF
En die vrou sê vir Elía: Nou weet ek dit dat u n man van God is en dat die woord van die Here in u mond waarheid is.

· II KONINGS 4:9 AFR53-AF
En sy het aan haar man gesê: Kyk tog, ek merk dat dit n heilige man van God is wat gedurig by ons verbygaan;

· I KRONIEKE 17:2 AFR53-AF
Toe sê Natan vir Dawid: Doen alles wat in u hart is, want God is met u.

· II KRONIEKE 2:5 AFR53-AF
En die huis wat ek gaan bou, sal groot wees; want onse God is groter as al die gode.

· II KRONIEKE 19:7 AFR53-AF
Mag die skrik vir die Here dan nou op julle wees; handel nougeset, want by die Here onse God is geen onreg of partydigheid of aanneming van geskenke nie.

· II KRONIEKE 25:8 AFR53-AF
Maar gaan u alleen, tree moedig op in die geveg; God sal u laat val voor die vyand; want by God is krag om te help of te laat val.

· II KRONIEKE 30:9 AFR53-AF
Want as julle jul tot die Here bekeer, sal julle broers en julle kinders barmhartigheid vind voor die wat hulle as gevangenes weggevoer het, sodat hulle na hierdie land kan terugkom; want die Here julle God is genadig en barmhartig, en Hy sal die aangesig van julle nie afwend nie as julle jul tot Hom bekeer.

· ESRA 8:22 AFR53-AF
Want ek was skaam om van die koning n leër en perderuiters te vra om ons te help teen vyande op die pad, omdat ons met die koning gespreek en gesê het: Die hand van onse God is ten goede oor almal wat Hom soek, maar sy krag en sy toorn oor almal wat Hom verlaat.

· JOB 21:9 AFR53-AF
Hul huise het vrede, sonder skrik; en die roede van God is op hulle nie.

· JOB 27:3 AFR53-AF
want my asem is nog heeltemal in my, en die lewensasem van God is in my neus

· JOB 36:5 AFR53-AF
Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie geweldig deur krag van verstand.

· JOB 36:26 AFR53-AF
Kyk, God is groot en onbegryplik vir ons; die getal van sy jare is onnaspeurlik.

· JOB 37:22 AFR53-AF
Uit die Noorde kom goud te voorskyn, maar  oor God is daar ontsagwekkende majesteit.

· PSALMS 7:12 AFR53-AF
God is n regverdige regter, en n God wat elke dag toornig is.

· PSALMS 14:5 AFR53-AF
Dáár het skrik hulle oorweldig, want God is by die regverdige geslag.

· PSALMS 18:31 AFR53-AF
Die weg van God is volmaak; die woord van die Here is gelouter; Hy is n skild vir almal wat by Hom skuil.

· PSALMS 18:33 AFR53-AF
God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak.

· PSALMS 37:31 AFR53-AF
Die wet van sy God is in sy hart; sy gange sal nie wankel nie.

· PSALMS 46:2 AFR53-AF
God is vir ons n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.

· PSALMS 46:6 AFR53-AF
God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek.

· PSALMS 47:8 AFR53-AF
Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met n onderwysing.

· PSALMS 51:19 AFR53-AF
Die offers van God is n gebroke gees; n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!

· PSALMS 54:6 AFR53-AF
Kyk, God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun.

· PSALMS 59:9-10 AFR53-AF
Maar U, o Here, lag oor hulle; U spot met al die heidene.
My Sterkte, op U wil ek wag, want God is my rotsvesting.

· PSALMS 59:18 AFR53-AF
My Sterkte, tot u eer wil ek psalmsing, want God is my rotsvesting, my genadige God.

· PSALMS 62:8-9 AFR53-AF
By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.
Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is n toevlug vir ons.

· PSALMS 65:10 AFR53-AF
U het die land besoek en oorvloed gegee; U verryk dit grootliks; die stroom van God is vol water. U berei hulle koring; ja, so berei U die land.

· PSALMS 68:16 AFR53-AF
n Berg van God is die berg Basan, n berg met toppe is die berg Basan.

· PSALMS 68:18 AFR53-AF
Die waens van God is tienduisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle; dit is Sinai in heiligheid.

· PSALMS 68:20-21 AFR53-AF
Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela.
God is vir ons n God van verlossinge, en die Here Here het uitkomste teen die dood.

· PSALMS 73:1 AFR53-AF
Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is.

· PSALMS 73:26 AFR53-AF
Al beswyk my vlees en my hart God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.

· PSALMS 75:8 AFR53-AF
maar God is regter: Hy verneder die een en verhef die ander.

· PSALMS 76:2 AFR53-AF
God is bekend in Juda, sy Naam is groot in Israel.

· PSALMS 84:12 AFR53-AF
Want die Here God is n son en skild; die Here sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie.

· PSALMS 116:5 AFR53-AF
Die Here is genadig en regverdig, en onse God is n ontfermer.

· PSALMS 149:6 AFR53-AF
Lofverheffinge van God is in hulle keel, en n tweesnydende swaard in hulle hand;

· SPREUKE 30:5 AFR53-AF
Elke woord van God is gelouter; Hy is n skild vir die wat by Hom skuil.

· PREDIKER 5:1 AFR53-AF
WEES nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees.

· JESAJA 8:10 AFR53-AF
Neem n besluit, en dit sal verydel word; maak n afspraak, en dit sal nie tot stand kom nie; want God is met ons!

· JESAJA 12:2 AFR53-AF
Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die Here Here is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword.

· JESAJA 40:28 AFR53-AF
Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? n Ewige God is die Here, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.

· JESAJA 45:14 AFR53-AF
So sê die Here: Die opbrings van Egipte en die handelswins van Kus en die Sabeërs, manne van hoë gestalte, sal na jou toe oorkom en joue wees; hulle sal agter jou loop; in kettings sal hulle oortrek en hulle voor jou buig; hulle sal jou smeek en sê:  Waarlik, God is in jou; en anders is daar geen, geen God meer nie!

· JESAJA 45:21 AFR53-AF
Verkondig en bring voor, ja, laat hulle saam raad hou: Wie het dit van ouds af laat hoor, lank tevore dit verkondig? Is dit nie Ek, die Here, nie? En buiten My is daar geen ander God nie: n regverdige en reddende God is daar buiten My nie.

· JESAJA 49:5 AFR53-AF
En nou sê die Here wat My van die moederskoot af geformeer het om sy Kneg te wees, om Jakob na Hom terug te bring en dat Israel by Hom versamel mag word en Ek word geëer in die oë van die Here, en my God is my sterkte

· JESAJA 52:7 AFR53-AF
HOE lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning!

· JEREMIA 3:23 AFR53-AF
Waarlik, tevergeefs verwag hulle dit van die heuwels en van die rumoer op die berge; waarlik, in die Here onse God is Israel se heil.

· DANIËL 2:47 AFR53-AF
Die koning het Daniël geantwoord en gesê: Waarlik, julle God is die God van die gode en die Here van die konings en die Openbaarder van geheimenisse, daarom was jy in staat om hierdie geheim te openbaar.

· DANIËL 3:29 AFR53-AF
Daarom word deur my bevel gegee dat enige volk, nasie of taal wat oneerbiedig spreek oor die God van Sadrag, Mesag en Abednégo, stukkend gekap en van sy huis n mishoop gemaak sal word, omdat daar geen ander God is wat so kan verlos nie.

· DANIËL 9:9 AFR53-AF
By die Here onse God is barmhartigheid en vergewing, want ons het teen Hom opgestaan

· DANIËL 9:14 AFR53-AF
Daarom was die Here wakker oor die onheil, om dit oor ons te bring; want die Here onse God is regverdig by al sy werke wat Hy doen, maar ons het nie na sy stem geluister nie

· SEFÁNJA 3:17 AFR53-AF
Die Here jou God is by jou, n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.

· MATTHÉÜS 19:26 AFR53-AF
Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.

· MATTHÉÜS 22:32 AFR53-AF
Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie n God van dooies nie, maar van lewendes.

· MARKUS 10:27 AFR53-AF
Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik.

· MARKUS 12:27 AFR53-AF
God is nie n God van dooies nie, maar n God van lewendes. Julle dwaal dus grootliks.

· LUKAS 7:28 AFR53-AF
Want Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, is daar geen profeet groter as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van God is groter as hy.

· LUKAS 17:21 AFR53-AF
En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.

· JOHANNES 4:24 AFR53-AF
God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

· JOHANNES 6:33 AFR53-AF
Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee.

· JOHANNES 8:47 AFR53-AF
Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.

· JOHANNES 13:31 AFR53-AF
EN toe hy buite was, sê Jesus: Nou is die Seun van die mens verheerlik, en God is in Hom verheerlik.

· HANDELINGE 15:18 AFR53-AF
Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend.

· ROMEINE 3:30 AFR53-AF
aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof.

· ROMEINE 6:23 AFR53-AF
Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

· ROMEINE 8:33 AFR53-AF
Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak.

· ROMEINE 11:23 AFR53-AF
Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent.

· ROMEINE 11:29 AFR53-AF
Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik.

· ROMEINE 14:4 AFR53-AF
Wie is jy wat die huiskneg van n ander oordeel? Hy staan of val met betrekking tot sy eie heer; maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou.

· ROMEINE 14:17 AFR53-AF
Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.

· I KORINTHIËRS 1:9 AFR53-AF
God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here.

· I KORINTHIËRS 2:11 AFR53-AF
Want wie van die mense weet wat in n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.

· I KORINTHIËRS 3:9 AFR53-AF
WANT ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.

· I KORINTHIËRS 3:16-17 AFR53-AF
Weet julle nie dat julle n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?
As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.

· I KORINTHIËRS 8:4 AFR53-AF
Wat dan die eet van die offervleis aan die afgode betref, weet ons dat n afgod niks in die wêreld is nie, en dat daar geen ander God is nie, behalwe Een.

· I KORINTHIËRS 10:13 AFR53-AF
Geen versoeking het julle aangegryp behalwe n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

· I KORINTHIËRS 14:33 AFR53-AF
want God is nie n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.

· I KORINTHIËRS 15:10 AFR53-AF
Maar deur die genade van God is ek wat ek is, en sy genade aan my was nie tevergeefs nie; maar ek het oorvloediger gearbei as hulle almal; nogtans nie ek nie, maar die genade van God wat met my is.

· II KORINTHIËRS 5:11 AFR53-AF
OMDAT ons dan die vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig; maar voor God is ons openbaar, en ek hoop om ook in julle gewetens openbaar te wees.

· GALÁSIËRS 3:20 AFR53-AF
En die middelaar is nie net vir een nie; maar God is een

· FILIPPENSE 1:8 AFR53-AF
Want God is my getuie hoe ek na julle almal verlang met die innige tederheid van Jesus Christus.

· I THESSALONICENSE 2:5 AFR53-AF
Want ons het, soos julle weet, ons nooit met vleitaal opgehou of met bedekte hebsug nie. God is getuie.

· I TIMÓTHEÜS 3:16 AFR53-AF
En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid.

· II TIMÓTHEÜS 2:9 AFR53-AF
waarin ek verdrukking ly tot die boeie toe soos n kwaaddoener; maar die woord van God is nie gebonde nie.

· HEBREËRS 4:12 AFR53-AF
Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

· HEBREËRS 6:10 AFR53-AF
Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.

· HEBREËRS 12:29 AFR53-AF
Want onse God is n verterende vuur.

· JAKOBUS 4:4 AFR53-AF
Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan n vriend van die wêreld wil wees, word n vyand van God.

· I PETRUS 5:12 AFR53-AF
Deur Silvánus, die getroue broeder, soos ek meen, het ek kortliks aan julle geskrywe om julle te vermaan en om te betuig dat dit die ware genade van God is waarin julle staan.

· I JOHANNES 1:5 AFR53-AF
EN dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.

· I JOHANNES 3:20 AFR53-AF
want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles.

· I JOHANNES 4:6 AFR53-AF
Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.

· I JOHANNES 4:8 AFR53-AF
Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.

· I JOHANNES 4:15-16 AFR53-AF
Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is God bly in hom, en hy in God.
En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.

· I JOHANNES 5:9 AFR53-AF
As ons die getuienis van die mense aanneem die getuienis van God is groter, omdat dit die getuienis is van God wat Hy aangaande sy Seun getuig het.

· I JOHANNES 5:19 AFR53-AF
Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê.

· OPENBARING 5:6 AFR53-AF
En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde.

· OPENBARING 21:3 AFR53-AF
En ek het n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.

No comments:

Post a Comment