Here is...
Ons as mense het die gewoonte om God se eenvoudige Woord te
neem en dit onsetend kompleks te maak. Soveel so dat ek partykeer getwyfel het
in my geloof en selfs in God! Christenskap is veronderstel om so eenvoudig te
wees dat die kinders dit moet kan verstaan. My enigste sekerheid in die lewe is
God Homself. Verder het ek gevind dat alles anders tot niet gaan of jou gaan
terleurstel. Ek het gevind dat sou ek my geloof basseer op dit wat ander mense
sê en selfs leer, is die kanse goed dat ek iewers probleme gaan optel. Die
Heilige Gees wil ons self leer en al gebruik Hy wie of wat ookal Hy wil om dit
te doen (Hy mag maak wat Hy wil want Hy is God!), moet ek alles na Hom toe vat
en dit toets aan die Woord. Dit kan slegs gedoen word deur my eie persoonlike
verhouding met God te hê. Jesus het dit moontlik vir ons almal gemaak om self
met God te kan praat!
My vraag was eenvoudig: Wie is die God wat ek my lewe voor
gee? Ek ken Hom ‘n bietjie maar weet nie eintlik wie Hy is nie. Die Bybel is
vol beskrywings en stories wat God en Sy karaktereienskappe beskryf en dit is
noodsaaklik dat ons God so leer ken. Maar daar is ‘n paar plekke in Sy Woord
waar God pertinent sê Ek is, of Hy is, of Jesus is soos bv waar Jesus sê Ek is
die weg, die waarheid, die lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
So ek het al hierdie versies in die Woord gaan soek. My gebed is dat dit jou
kan help om ons Skepper en Vader en God beter te leer ken.
Moet asb nie alles net deur lees nie! Print dit, skryf dit
uit, maar spandeer tyd en bid asb oor elke versie! Lees met die Bybel byderhand
en lees die paar versies voor en na elke genoemde versie om die konteks beter
te kan verstaan. Laat die Gees jul lei en leer Hom ken!
Hier is die versies wat sê die Here is….
GÉNESIS 28:16 AFR53-AF
Daarop
word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, die Here is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie.
EXODUS 7:5 AFR53-AF
Dan
sal die Egiptenaars weet dat Ek die Here
is, as Ek my hand oor Egipte uitstrek en die kinders van Israel tussen
hulle uitlei.
EXODUS 7:17 AFR53-AF
So
spreek die Here: Hieraan sal jy weet dat Ek die Here is. Kyk, ek sal met die staf wat in my hand is, op die water
slaan wat in die Nyl is, en dit sal in bloed verander word.
EXODUS 8:22 AFR53-AF
Maar
Ek sal op dié dag met die land Gosen, waarin My volk woon, ’n uitsondering
maak, dat daar geen steekvlieë sal wees nie; sodat jy kan weet dat Ek die Here is in die land.
EXODUS 9:27 AFR53-AF
Toe
het Farao Moses en Aäron laat roep en vir hulle gesê: Ek het dié keer sonde
gedoen. Die Here is reg, maar ek en
my volk het ongelyk.
EXODUS 10:2 AFR53-AF
en
dat jy voor die ore van jou kind en jou kindskind kan vertel wat Ek Egipte
aangedoen het, en my tekens wat Ek onder hulle gedoen het, dat julle kan weet
dat Ek die Here is.
EXODUS 12:11 AFR53-AF
En
só moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete
en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet. ’n Pasga van die Here is dit.
EXODUS 14:4 AFR53-AF
En
Ek sal Farao se hart verhard, dat hy hulle agtervolg; en Ek wil My aan Farao en
sy hele leërmag verheerlik, en die Egiptenaars sal weet dat Ek die Here is. En hulle het so gedoen.
EXODUS 14:18 AFR53-AF
En
die Egiptenaars sal weet dat Ek die Here
is, as Ek My verheerlik aan Farao, aan sy strydwaens en aan sy ruiters.
EXODUS 15:2-3 AFR53-AF
Die Here is my krag en my psalm, en Hy het
my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Hom
sal ek verhef.
Die Here is ’n krygsman; Here is Sy Naam.
EXODUS 17:15 AFR53-AF
En
Moses het ’n altaar gebou en dit genoem: Die
Here is my banier.
EXODUS 29:23 AFR53-AF
en
een ronde brood en een oliebroodkoek en een platkoek uit die mandjie met
ongesuurde koeke wat voor die aangesig van die Here is.
EXODUS 31:13 AFR53-AF
Spreek
jý met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik My sabbatte onderhou,
want dit is ’n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan
weet dat Ek die Here is wat julle
heilig.
LEVÍTIKUS 10:7 AFR53-AF
Julle
mag ook uit die ingang van die tent van samekoms nie uitgaan nie, dat julle nie
sterwe nie; want die salfolie van die
Here is op julle. En hulle het gehandel ooreenkomstig die woord van Moses.
LEVÍTIKUS 16:18 AFR53-AF
Dan
moet hy na die altaar uitgaan wat voor die aangesig van die Here is en daarvoor versoening doen: hy moet van die bloed van die
bul en van die bloed van die bok neem en dit rondom aan die horings van die
altaar stryk
NÚMERI 12:6 AFR53-AF
Toe
sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van die Here is, sal Ek deur ’n gesig My aan hom bekend maak, deur ’n droom
sal Ek met hom spreek.
NÚMERI 14:9 AFR53-AF
Wees
net nie teen die Here opstandig nie, en wees julle nie bevrees vir die volk van
die land nie, want hulle is ons spys. Hulle beskutting het van hulle gewyk, en
die Here is met ons. Wees nie bevrees
vir hulle nie!
NÚMERI 14:18 AFR53-AF
Die Here is lankmoedig en groot van
goedertierenheid, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit
ongestraf laat bly nie, wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die
kinders, aan die derde en aan die vierde geslag.
NÚMERI 14:42 AFR53-AF
Moenie
optrek nie, want die Here is nie in
julle midde nie — anders word julle verslaan voor julle vyande.
NÚMERI 16:3 AFR53-AF
En
hulle het bymekaargekom teen Moses en Aäron en aan hulle gesê: Dit is nou
genoeg; want die hele vergadering, hulle almal, is heilig; en die Here is in hulle midde! Waarom verhef
julle jul dan oor die vergadering van die Here?
DEUTERONÓMIUM 10:9 AFR53-AF
Daarom
het Levi geen deel of erfenis saam met sy broers nie; die Here is sy erfdeel, soos die Here jou God hom beloof het.
DEUTERONÓMIUM 15:2 AFR53-AF
En
dit is die saak van die kwytskelding: elke skuldeiser moet kwytskeld wat hy aan
sy naaste geleen het; hy moet sy naaste en sy broer nie aanmaan nie, want tot
eer van die Here is daar ’n
kwytskelding uitgeroep.
DEUTERONÓMIUM 18:2 AFR53-AF
En
hy mag geen erfdeel hê onder sy broers nie; die Here is sy erfdeel soos Hy hom beloof het.
DEUTERONÓMIUM 33:13 AFR53-AF
En
van Josef het hy gesê: Geseënd deur die
Here is sy land met die kostelikste gawe van die hemel, met dou en met die
wêreldvloed wat onder lê,
JOSUA 22:22 AFR53-AF
Die
God van die gode, die Here, die God van die gode, die Here, Hy weet dit; en ook
Israel mag dit weet: As dit deur opstandigheid of deur troubreuk teen die Here is — verlos ons nie vandag nie,
Here! —
RIGTERS 6:12 AFR53-AF
En
die Engel van die Here het aan hom verskyn en vir hom gesê: Die Here is met jou, dapper held!
RIGTERS 6:24 AFR53-AF
Toe
bou Gídeon daar ’n altaar vir die Here en noem dit: Die Here is vrede! Dit staan vandag nog daar by Ofra van die
Abiësriete.
I SAMUEL 2:3 AFR53-AF
Spreek
nie voortdurend alte hoog nie, laat vermetele taal nie uit julle mond uitgaan
nie; want die Here is ’n God van
diepe kennis, en deur Hom word die dade beproef.
I SAMUEL 12:5 AFR53-AF
Daarop
sê hy vir hulle: Die Here is getuie
teen julle, en getuie is sy gesalfde vandag, dat julle niks in my hand gevind
het nie. En hulle roep: Hy is getuie.
I SAMUEL 14:6 AFR53-AF
Jónatan
dan het aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die
wagpos van daardie onbesnedenes; miskien sal die Here vir ons optree, want by
die Here is daar geen verhindering om
deur baie of deur min te verlos nie.
I SAMUEL 16:18 AFR53-AF
En
een van die dienaars antwoord en sê: Kyk, ek het ’n seun van Ísai, die
Betlehemiet, gesien wat kan speel, en hy is ’n dapper held en ’n krygsman en
wel ter tale en mooi gebou, en die Here
is met hom.
I SAMUEL 20:23 AFR53-A
En
wat die saak aangaan wat ons bespreek het, ek en jy — kyk, die Here is tussen my en jou tot in
ewigheid.
II SAMUEL 7:3 AFR53-AF
Toe
sê Natan aan die koning: Gaan heen, doen alles wat in u hart is, want die Here is met u.
II SAMUEL 22:2 AFR53-AF
En
hy het gesê: Die Here is my rots en
my bergvesting en my redder;
II SAMUEL 22:31 AFR53-AF
Die
weg van God is volmaak; die woord van die
Here is gelouter; Hy is ’n skild vir almal wat by Hom skuil.
I KONINGS 20:13 AFR53-AF
Opeens
kom daar ’n profeet na Agab, die koning van Israel, en sê: So spreek die Here:
Het jy hierdie hele groot menigte gesien? Kyk, Ek gee hulle vandag in jou hand,
dat jy kan weet dat Ek die Here is.
I KONINGS 20:28 AFR53-AF
Toe
kom die man van God nader en sê aan die koning van Israel: So spreek die Here:
Omdat die Arameërs gesê het: Die Here is ’n
god van die berge, en Hy is nie ’n god van die laagtes nie — daarom sal Ek
hierdie hele groot menigte in jou hand gee, dat julle kan weet dat Ek die Here is.
II KONINGS 22:5 AFR53-AF
en
laat hulle dit oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel is oor
die huis van die Here, sodat hulle dit kan gee aan die wat die werk doen, wat in
die huis van die Here is om die
bouvallige plekke van die huis te herstel,
II KONINGS 22:13 AFR53-AF
Gaan
raadpleeg die Here vir my en vir die volk en vir die hele Juda oor die woorde
van hierdie boek wat gevind is; want die grimmigheid van die Here is groot wat teen ons ontvlam het,
omdat ons vaders nie geluister het na die woorde van hierdie boek om te handel
volgens alles wat ons voorgeskrywe is nie.
I KRONIEKE 16:14 AFR53-AF
Hy,
die Here is onse God; oor die ganse
aarde is sy oordele.
I KONIEKE 16:25 AFR53-AF
Want
die Here is groot en baie lofwaardig,
en Hy is gedug bo al die gode.
I KRONIEKE 16:31 AFR53-AF
Laat
die hemele bly wees en die aarde juig, en laat hulle onder die volke sê: Die Here is Koning!
II KRONIEKE 12:6 AFR53-AF
Hierop
het die owerstes van Israel en die koning hulle verootmoedig en gesê: Die Here is regverdig.
II KRONIEKE 13:10 AFR53-AF
Maar
ons — die Here is onse God, en ons
het Hom nie verlaat nie; en as priesters dien die seuns van Aäron die Here, en
die Leviete is in die dienswerk.
II KRONIEKE 15:2 AFR53-AF
en
hy het uitgegaan om Asa te ontmoet en vir hom gesê: Luister na my, Asa en die
hele Juda en Benjamin! Die Here is met
julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat
vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.
II KRONIEKE 25:7 AFR53-AF
Toe
kom daar ’n man van God na hom en sê: o
Koning, laat die kommando van Israel nie saam met u gaan nie, want die Here is nie met Israel, met al die
kinders van Efraim nie.
II KRONIEKE 28:11 AFR53-AF
Luister
dan nou na my en laat die gevangenes wat julle van jul broers weggevoer het,
teruggaan; want die toorngloed van die
Here is op julle!
II KRONIEKE 35:16 AFR53-AF
Die
hele diens van die Here is toe op dié
dag gereël — om die pasga te hou en brandoffers te bring op die altaar van die
Here volgens die gebod van koning Josía.
JOB 28:28 AFR53-AF
Maar
aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die Here is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.
PSALMS 10:16 AFR53-AF
Die Here is Koning vir ewig en altyd; die
heidene het vergaan uit sy land.
PSALMS 11:4 AFR53-AF
Die Here is in sy heilige paleis; die troon
van die Here is in die hemel; sy oë
sien, sy ooglede toets die mensekinders.
PSALMS 11:7 AFR53-AF
Want
die Here is regverdig; Hy het
geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.
PSALMS 12:7 AFR53-AF
Die
woorde van die Here is rein woorde,
silwer wat gelouter is in ’n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.
PSALMS 14:6 AFR53-AF
Die
raad van die ellendige — julle kan dit tot skande maak; waarlik, die Here is sy toevlug.
PSALMS 16:5 AFR53-AF
Die Here is die deel van my erfenis en van
my beker; Ú onderhou my lot.
PSALMS 18:3 AFR53-AF
Die Here is my rots en my bergvesting en my
redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my
rotsvesting.
PSALMS 18:31 AFR53-AF
Die
weg van God is volmaak; die woord van die
Here is gelouter; Hy is ’n skild vir almal wat by Hom skuil.
PSALMS 19:8-10 AFR53-AF
Die
wet van die Here is volmaak: dit
verkwik die siel; die getuienis van die
Here is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.
Die bevele van die Here is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die Here is suiwer: dit verlig die oë.
Die vrees van die Here is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van
die Here is waarheid — tesame is
hulle regverdig.
PSALMS 23:1 AFR53-AF
Die Here is my herder; niks sal my ontbreek
nie.
PSALMS 25:8 AFR53-AF
Die Here is goed en reg; daarom sal Hy
sondaars leer aangaande die weg.
PSALMS 25:10 AFR53-AF
Al
die paaie van die Here is goedertierenheid
en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar.
PSALMS 25:14 AFR53-AF
Die
verborgenheid van die Here is vir die
wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.
PSALMS 27:1 AFR53-AF
Die Here is my lig en my heil: vir wie sou
ek vrees? Die Here is die toevlug van
my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?
PSALMS 28:7-8 AFR53-AF
Die Here is my sterkte en my skild; op Hom
het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof
met my gesang.
Die
Here is ’n sterkte vir hulle, en Hy is ’n vesting van verlossing vir sy
gesalfde.
PSALMS 29:3-4 AFR53-AF
Die
stem van die Here is op die waters,
die God van eer donder; die Here is op
die groot waters.
Die stem van die Here is met krag; die stem van die Here is met heerlikheid.
PSALMS 33:4 AFR53-AF
Want
die woord van die Here is reg, en al
sy werk is met trou.
PSALMS 33:6 AFR53-AF
Deur
die Woord van die Here is die hemele
gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.
PSALMS 33:12 AFR53-AF
Welgeluksalig
is die nasie wie se God die Here is,
die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.
PSALMS 33:18 AFR53-AF
Kyk,
die oog van die Here is op die wat
Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag;
PSALMS 34:16-17 AFR53-AF
Die
oë van die Here is op die
regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep.
Die
aangesig van die Here is teen die
kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei.
PSALMS 34:19 AFR53-AF
Die Here is naby die wat gebroke is van
hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.
PSALMS 48:2 AFR53-AF
Die Here is groot en baie lofwaardig in die
stad van onse God, sy heilige berg!
PSALMS 68:5 AFR53-AF
Sing
tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur
die woestynvlaktes ry: Here is sy
Naam; en jubel voor sy aangesig!
PSALMS 68:18 AFR53-AF
Die
waens van God is tienduisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle; dit is Sinai in heiligheid.
PSALMS 75:9 AFR53-AF
Want
in die hand van die Here is ’n beker,
en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die
afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink.
PSALMS 83:19 AFR53-AF
sodat
hulle kan weet dat U, wie se Naam Here is,
alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde.
PSALMS 93:1 AFR53-AF
DIE Here is Koning; Hy is met hoogheid
bekleed. Die Here is bekleed, Hy het
Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.
PSALMS 94:22 AFR53-AF
Maar
die Here is ’n rotsvesting vir my, en
my God die rots van my toevlug
PSALMS 95:3 AFR53-AF
Want
die Here is ’n grote God, ja, ’n
groot Koning bo al die gode.
PSALMS 96:4 AFR53-AF
Want
die Here is groot en baie lofwaardig;
Hy is gedug bo al die gode.
PSALMS 96:10 AFR53-AF
Sê
onder die volke: Die Here is Koning!
Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. Hy sal die volke regverdig
oordeel.
PSALMS 97:1 AFR53-AF
DIE Here is Koning; laat die aarde juig;
laat baie eilande bly wees!
PSALMS 99:1-2 AFR53-AF
DIE Here is Koning; laat die volke bewe! Hy
troon op die gérubs; laat die aarde sidder!
Die
Here is groot in Sion, en verhewe is Hy bo al die volke
PSALMS 100:5 AFR53-AF
Want
die Here is goed; sy goedertierenheid
is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.
PSALMS 103:17 AFR53-AF
Maar
die goedertierenheid van die Here is van
ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir
kindskinders,
PSALMS 111:2 AFR53-AF
Die
werke van die Here is groot; Dalet.
nagespeur word hulle deur almal wat daar ’n welbehae in het.
PSALMS 111:4 AFR53-AF
Hy
het vir sy wonders ’n gedagtenis gestig; Get. die Here is genadig en barmhartig.
PSALMS 111:10 AFR53-AF
Die
vrees van die Here is die beginsel
van die wysheid; Sin. almal wat dit beoefen, het ’n goeie verstand. Sy lof
bestaan tot in ewigheid.
PSALMS 113:4 AFR53-AF
Die Here is hoog bo al die nasies; bo die
hemele is sy heerlikheid.
PSALMS 116:5 AFR53-AF
Die Here is genadig en regverdig, en onse
God is ’n ontfermer.
PSALMS 117:2 AFR53-AF
Want
sy goedertierenheid is geweldig oor ons, en die trou van die Here is tot in ewigheid. Halleluja!
PSALMS 118:6-7 AFR53-AF
Die Here is vír my; ek sal nie vrees nie:
wat kan ’n mens my doen?
Die
Here is vír my as my helper; so sal ék dan neersien op die wat my haat.
PSALMS 118:14 AFR53-AF
Die Here is my sterkte en psalm, en Hy het
my tot heil geword.
PSALMS 118:27 AFR53-AF
Die Here is God, en Hy het vir ons lig
gegee. Bind die feesoffer met toue, tot by die horings van die altaar.
PSALMS 119:57 AFR53-AF
Die Here is my deel; ek het gesê dat ek u
woorde sal bewaar.
PSALMS 121:5 AFR53-AF
Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou
regterhand.
PSALMS 129:4 AFR53-AF
Die Here is regverdig: Hy het die toue van
die goddelose afgekap.
PSALMS 130:7 AFR53-AF
Wag
op die Here, o Israel! want by die Here
is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;
PSALMS 135:3 AFR53-AF
Loof
die Here, want die Here is goed;
psalmsing tot eer van sy Naam, want dié is lieflik!
PSALMS 138:5-6 AFR53-AF
en
hulle sal sing van die weë van die Here, want die heerlikheid van die Here is groot.
Want die Here is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die
hoogmoedige ken Hy uit die verte.
PSALMS 144:15 AFR53-AF
Welgeluksalig
is die volk met wie dit so gaan; welgeluksalig is die volk wie se God die Here is!
PSALMS 145:3 AFR53-AF
Gimel. Die
Here is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik.
PSALMS 145:9 AFR53-AF
Die Here is vir almal goed, en sy
barmhartighede is oor al sy werke.
PSALMS 145:17-18 AFR53-AF
Die Here is regverdig in al Sy werke.
Die Here is naby almal wat Hom aanroep,
almal wat Hom aanroep in waarheid.
PSALMS 146:10 AFR53-AF
Die Here is vir ewig Koning; jou God, o
Sion, is van geslag tot geslag! Halleluja!
PSALMS 147:5 AFR53-AF
Onse Here is groot en ryk aan krag; Sy
verstand is oneindig.
SPREUKE 1:7 AFR53-AF.
DIE
vrees van die Here is die beginsel
van die kennis; sotte verag wysheid en tug.
SPREUKE 3:33 AFR53-AF
Die
vloek van die Here is in die huis van
die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.
SPREUKE 8:13 AFR53-AF
Die
vrees van die Here is om te haat wat
sleg is; hoogmoed en trotsheid en ’n slegte wandel en ’n huigelagtige mond haat
ek.
SPREUKE 10:29 AFR53-AF
Die
weg van die Here is vir die opregte
’n vesting, maar ’n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.
SPREUKE 14:27 AFR53-AF
Die
vrees van die Here is ’n fontein van
die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.
SPREUKE 15:29 AFR53-AF
Die Here is ver van die goddelose, maar die
gebed van die regverdiges hoor Hy.
SPREUKE 15:33 AFR53-AF
Die
vrees van die Here is die tug van die
wysheid, en nederigheid gaan aan die eer vooraf.
SPREUKE 18:10 AFR53-AF
Die
Naam van die Here is ’n sterk toring;
die regverdige hardloop daarin en word beskut.
SPREUKE 19:23 AFR53-AF
Die
vrees van die Here is tot die lewe;
en versadig bring ’n mens die nag deur, sonder om deur ’n onheil besoek te
word.
JESAJA 12:2 AFR53-AF
Ja,
God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die Here Here is my krag en my psalm, en Hy het
my tot heil geword.
JESAJA 13:6 AFR53-AF
Huil
julle, want die dag van die Here is naby;
hy kom as ’n verwoesting van die Almagtige.
JESAJA 26:4 AFR53-AF
Vertrou
op die Here vir ewig, want in die Here Here is ’n ewige rots.
JESAJA 30:18 AFR53-AF
En daarom
sal die Here met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy
Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die Here is ’n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag!
JESAJA 30:33 AFR53-AF
Want
’n Tofet is van gister af gereedgemaak, ook is dit vir die koning berei; diep
en wyd het Hy die houtstapel daarvan aangelê met vuur en hout in menigte; die
asem van die Here is soos ’n stroom
van swawel wat dit aan die brand steek.
JESAJA 33:5 AFR53-AF
Die Here is verhewe, want Hy woon in die
hoogte; Hy het Sion vervul met reg en geregtigheid.
JESAJA 33:22 AFR53-AF
Want
die Here is ons Regter, die Here is ons Aanvoerder, die Here is ons Koning: Hý sal ons verlos.
JESAJA 34:2 AFR53-AF
Want
die toorn van die Here is oor al die nasies,
en grimmigheid oor al hulle leërskare; Hy het hulle met die banvloek getref, Hy
het hulle oorgegee om geslag te word.
JESAJA 34:6 AFR53-AF
Die
swaard van die Here is vol bloed, dit
drup van vet, van die bloed van lammers en bokke, van die niervet van ramme;
want die Here het ’n slagoffer in Bosra en ’n groot slagting in die land Edom.
JESAJA 45:3 AFR53-AF
En
Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme,
sodat jy kan weet dat Ek die Here is wat
jou by jou naam roep, die God van Israel;
JESAJA 45:24 AFR53-AF
Hulle
sal van My sê: Alleen in die Here is volle
geregtigheid en sterkte; na Hom sal hulle kom; maar hulle almal sal beskaamd
staan wat op Hom toornig is.
JESAJA 49:23 AFR53-AF
en
konings sal jou oppassers wees, hulle vorstinne jou pleegmoeders; hulle sal
voor jou neerbuig met die aangesig na die aarde toe en die stof van jou voete
lek; en jy sal weet dat Ek die Here is,
dat hulle nie beskaamd staan wat My verwag nie.
JESAJA 59:1 AFR53-AF
KYK,
die hand van die Here is nie te kort
om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie;
JESAJA 61:1 AFR53-AF
DIE
Gees van die Here Here is op My,
omdat die Here My gesalf het om ’n blye boodskap te bring aan die ootmoediges;
Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes
’n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;
JEREMIA 6:10 AFR53-AF
Wie
sal ek toespreek en waarsku, dat hulle kan hoor? Kyk, hulle oor is onbesnede,
sodat hulle nie kan luister nie. Kyk, die woord van die Here is vir hulle ’n smaad, hulle het daar geen behae in nie.
JEREMIA 8:8 AFR53-AF
Hoe
durf julle sê: Ons is wys, en die wet van die Here is by ons? Waarlik, kyk, bedrieglik werk die leuenpen van die
skrywers.
JEREMIA 9:24 AFR53-AF
maar
laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die Here is wat goedertierenheid, reg en
geregtigheid op die aarde doen; want in dié dinge het Ek ’n behae, spreek die
Here.
JEREMIA 10:10 AFR53-AF
Maar
die Here is waarlik God, Hy is die
lewende God en ’n ewige Koning; vir sy toorn beef die aarde, en die nasies kan
sy grimmigheid nie verdra nie
JEREMIA 16:21 AFR53-AF
Daarom,
kyk, Ek laat hulle hierdie keer voel, voel my hand en my mag; en hulle sal weet
dat my Naam Here is.
JEREMIA 17:7 AFR53-AF
Geseënd
is die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue die Here is
JEREMIA 20:11 AFR53-AF
Maar
die Here is met my soos ’n geweldige
held; daarom sal my vervolgers struikel en nie oorwin nie; hulle staan diep
beskaamd, omdat hulle nie geslaag het nie, ’n ewige smaad wat nie vergeet sal
word nie.
JEREMIA 24:7 AFR53-AF
En
Ek sal hulle ’n hart gee om My te ken, dat Ek die Here is; en hulle sal vir My ’n volk wees, en Ek sal vir hulle ’n
God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart.
JEREMIA 33:2-3 AFR53-AF
So
spreek die Here wat dit doen, die Here wat dit formeer om dit te bevestig, Here is sy Naam:
Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou
bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.
JEREMIA 33:11 AFR53-AF
die
stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die
stem van die bruid, die stem van die wat sê: Loof die Here van die leërskare,
want die Here is goed, want sy
goedertierenheid is in ewigheid! — van die wat ’n lofoffer bring in die huis
van die Here; want Ek sal die lot van die land verander soos tevore, sê die
Here.
JEREMIA 33:16 AFR53-AF
In
dié dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit sal die naam
daarvan wees: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.
KLAAGLIEDERE 3:24 AFR53-AF
Die Here is my deel, sê my siel, daarom sal
ek op Hom hoop.
ESÉGIËL 6:7 AFR53-AF
En
die wat verslaan is, sal onder julle lê, sodat julle kan weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 6:10 AFR53-AF
En
hulle sal weet dat Ek die Here is; Ek
het nie tevergeefs gespreek dat Ek hulle hierdie onheil sal berokken nie.
ESÉGIËL 6:13-14 AFR53-AF
En
julle sal weet dat Ek die Here is, as
die wat uit hulle verslaan is, onder hulle drekgode lê rondom hulle altare op
elke hoë heuwel, op al die bergtoppe en onder elke groen boom en onder elke
digte terpentynboom, die plek waar hulle aan al hulle drekgode ’n lieflike
offergeur gebring het.
En Ek sal my hand teen hulle uitstrek en sal
die land ’n wildernis maak en ’n woesteny, van die Woestyn af tot by Ribla in
al hulle woonplekke. En hulle sal weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 7:4 AFR53-AF
en
my oog sal jou nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie, maar Ek sal jou
wandel op jou laat neerkom, en jou gruwels sal in jou midde wees; en julle sal
weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 7:9 AFR53-AF
En
my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; Ek sal dit op jou laat
neerkom volgens jou weë, en jou gruwels sal in jou midde wees; en julle sal
weet dat Ek die Here is wat slaan.
ESÉGIËL 7:27 AFR53-AF
Die koning
sal rou, en die vors sal hom beklee met verbasing, en die hande van die mense
van die land sal deur skrik verlam wees. Ek sal met hulle handel volgens hulle
weg, en volgens hulle verordeninge sal Ek hulle vonnis; en hulle sal weet dat
Ek die Here is.
ESÉGIËL 11:10 AFR53-AF
Julle
sal deur die swaard val; by die grens van Israel sal Ek julle oordeel. En julle
sal weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 11:12 AFR53-AF
En
julle sal weet dat Ek die Here is,
omdat julle nie in my insettinge gewandel en my verordeninge nie gehou het nie,
maar gehandel het volgens verordeninge van die nasies wat rondom julle is.
ESÉGIËL 12:15-16 AFR53-AF
Dan
sal hulle weet dat Ek die Here is, as
Ek hulle onder die nasies versprei en hulle in die lande verstrooi;
maar Ek sal van hulle ’n klein klompie
laat oorbly van die swaard, die hongersnood en die pes, sodat hulle al húlle
gruwels kan vertel onder die nasies waar hulle kom; en dié sal weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 12:20 AFR53-AF
En
die stede wat bewoon is, sal woes word, en die land sal ’n wildernis wees; en
julle sal weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 13:9 AFR53-AF
En
my hand sal wees teen die profete wat bedrieglike gesigte sien en leuens
waarsê: hulle sal in die vergadering van my volk nie wees nie en in die boek
van die huis van Israel nie opgeskryf word nie en in die land van Israel nie
kom nie; en julle sal weet dat Ek die Here Here
is.
ESÉGIËL 13:14 AFR53-AF
En
Ek sal die muur afbreek wat julle met los kalk gepleister het, en dit op die
grond gooi, sodat sy fondament blootgelê sal word; dan sal die stad val, en
julle sal daarin omkom; en julle sal weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 13:21 AFR53-AF
Ek
sal ook julle sluiers skeur en my volk uit julle hand red, sodat hulle nie meer
’n buit in julle hand sal wees nie; en julle sal weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 13:23 AFR53-AF
daarom
sal julle geen bedrieglike gesigte meer sien en geen waarsêery meer drywe nie;
maar Ek sal my volk uit julle hand red, en julle sal weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 14:8 AFR53-AF
Ek
sal my aangesig rig teen dié man en hom tot ’n teken en ’n voorwerp van spot
maak, en Ek sal hom uitroei uit die midde van my volk; en julle sal weet dat Ek
die Here is.
ESÉGIËL 15:7 AFR53-AF
Ek
sal my aangesig teen hulle rig: uit die vuur het hulle voortgekom, en die vuur
sal hulle verteer; en julle sal weet dat Ek die Here is as Ek my aangesig teen hulle rig
ESÉGIËL 16:62-63 AFR53-AF
En
Ek sal my verbond met jou oprig, en jy sal weet dat Ek die Here is;
sodat jy kan nadink en beskaamd staan en jou
mond nie meer oopmaak vanweë jou skande nie, as Ek vir jou versoening sal
bewerk oor alles wat jy gedoen het, spreek die Here Here.
ESÉGIËL 18:25 AFR53-AF
Tog
sê julle: Die weg van die Here is nie
reg nie. Hoor tog, o huis van Israel! Is mý weg nie reg nie? Is júlle weë nie
onreg nie?
ESÉGIËL 18:29 AFR53-AF
Tog
sê die huis van Israel: Die weg van die
Here is nie reg nie. Is mý weë nie reg nie, o huis van Israel? Is júlle weë
nie onreg nie?
ESÉGIËL 20:26 AFR53-AF
En
Ek het hulle verontreinig deur hulle offergawes, omdat hulle deur die vuur laat
deurgaan het alles wat die moederskoot open; sodat Ek hulle kon vernietig, dat
hulle sou weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 20:38 AFR53-AF
En
Ek sal uit julle afsonder die wat opstandig is en teen My oortree; Ek sal hulle
uit die land van hul vreemdelingskap uitlei, maar hulle sal in die land van
Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 20:42 AFR53-AF
En
julle sal weet dat Ek die Here is as
Ek julle in die land van Israel bring, in die land waar Ek my hand oor opgehef
het om dit aan julle vaders te gee
ESÉGIËL 20:44 AFR53-AF
En
julle sal weet dat Ek die Here is as
Ek met julle handel ter wille van my Naam en nie volgens julle verkeerde weë of
julle verdorwe handelinge nie, o huis van Israel, spreek die Here Here.
ESÉGIËL 22:16 AFR53-AF
En
jy sal deur jouself ontheilig wees voor die oë van die nasies; en jy sal weet
dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 23:49 AFR53-AF
En
hulle sal julle skandelike dade op julle laat neerkom, en julle sal die sondes
van julle drekgode dra; en julle sal weet dat Ek die Here Here is.
ESÉGIËL 24:24 AFR53-AF
En
Eségiël sal vir julle ’n sinnebeeld wees; net soos hy gedoen het, sal julle
doen; as dit kom, sal julle weet dat Ek die Here Here is.
ESÉGIËL 24:27 AFR53-AF
Op
dié dag sal jou mond geopen word tegelyk met dié van die vlugteling, en jy sal
spreek en nie meer stom wees nie. So sal jy dan vir hulle ’n sinnebeeld wees,
en hulle sal weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 25:5 AFR53-AF
En
Ek sal Rabba ’n weiveld maak vir kamele en die kinders van Ammon ’n lêplek vir
kleinvee, en julle sal weet dat Ek die Here
is.
ESÉGIËL 25:7 AFR53-AF
daarom,
kyk, Ek strek my hand teen jou uit en gee jou as buit vir die nasies, en Ek sal
jou uitroei uit die volke en jou uit die lande verdelg; Ek sal jou vernietig,
en jy sal weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 25:11 AFR53-AF
Ek
sal ook in Moab strafgerigte voltrek; en hulle sal weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 25:17 AFR53-AF
En
Ek sal gedugte wraak aan hulle oefen met grimmige strawwe; en hulle sal weet
dat Ek die Here is as Ek my wraak oor
hulle bring.
ESÉGIËL 26:6 AFR53-AF
En
sy dogters wat op die land is, sal met die swaard gedood word; en hulle sal
weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 28:22-24 AFR53-AF
en
sê: So spreek die Here Here: Kyk, Ek het dit teen jou, o Sidon, en Ek sal My
verheerlik in jou midde; en hulle sal weet dat Ek die Here is as Ek in hom strafgerigte voltrek en My in hom as die
Heilige laat ken.
En Ek sal die pes in hom stuur en bloed op
sy strate, en die gewondes sal in hom val deur die swaard wat teen hom is van
alle kante, en hulle sal weet dat Ek die Here
is.
En daar sal vir die huis van Israel geen
steekdoring en smartlike distel meer wees onder almal wat rondom hulle is nie,
wat hulle verag; en hulle sal weet dat Ek die Here Here is.
ESÉGIËL 29:6 AFR53-AF
En
al die inwoners van Egipte sal weet dat Ek die Here is, omdat hulle vir die huis van Israel ’n rietstok is —
ESÉGIËL 29:9 AFR53-AF
En
Egipteland sal ’n wildernis en puinhoop word, en hulle sal weet dat Ek die Here is. Omdat hy sê: Die Nyl is myne,
en ek het dit gemaak —
ESÉGIËL 29:16 AFR53-AF
En
dit sal vir die huis van Israel geen voorwerp van vertroue meer wees, wat die
ongeregtigheid in gedagtenis bring as Israel omdraai agter hulle aan nie; en
hulle sal weet dat Ek die Here Here is.
ESÉGIËL 29:21 AFR53-AF
In
dié dag sal Ek vir die huis van Israel ’n horing laat uitspruit, en Ek sal vir
jou opening van die mond gee onder hulle; en hulle sal weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 30:8 AFR53-AF
En
hulle sal weet dat Ek die Here is, as
Ek ’n vuur werp in Egipte en al sy helpers verbreek word.
ESÉGIËL 30:19 AFR53-AF
So
sal Ek dan strafgerigte voltrek in Egipte; en hulle sal weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 30:25-26 AFR53-AF
Ja,
Ek sal die arms van die koning van Babel versterk, maar Farao se arms sal
afval; en hulle sal weet dat Ek die Here
is as Ek my swaard in die hand van die koning van Babel gee, dat hy dit kan
uitstrek oor Egipteland.
En Ek sal die Egiptenaars verstrooi onder
die nasies en hulle versprei in die lande. So sal hulle dan weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 32:15 AFR53-AF
As
Ek Egipteland ’n wildernis maak en die land woes lê, van sy volheid beroof, as
Ek almal wat daarin woon, verslaan het, dan sal hulle weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 33:17 AFR53-AF
Maar
die kinders van jou volk sê: Die weg van die
Here is nie reg nie, terwyl tog hulle eie weg nie reg is nie.
ESÉGIËL 33:20 AFR53-AF
Tog
sê julle: Die weg van die Here is nie
reg nie. Ek sal julle oordeel, elkeen volgens sy weë, o huis van Israel!
ESÉGIËL 33:29 AFR53-AF
Dan
sal hulle weet dat Ek die Here is, as
Ek die land ’n wildernis en ’n woesteny maak oor al hul gruwels wat hulle
bedryf het.
ESÉGIËL 34:27 AFR53-AF
En
die bome van die veld sal hulle vrugte gee, en die land sal sy opbrings gee, en
hulle sal veilig wees in hul land; en hulle sal weet dat Ek die Here is as Ek hulle jukskeie stukkend
breek en hulle red uit die hand van die wat hulle diensbaar gemaak het.
ESÉGIËL 35:4 AFR53-AF
Ek
sal jou stede ’n puinhoop maak, en jy self sal ’n wildernis word; en jy sal
weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 35:9 AFR53-AF
Ewige
wildernisse sal Ek jou maak, en jou stede sal nie bewoon word nie; en julle sal
weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 35:15 AFR53-AF
Soos
jy vrolik was oor die erfdeel van die huis van Israel, omdat dit verwoes is, so
sal Ek met jou maak: jy sal ’n wildernis word, o berg Seïr en die hele Edom,
almal saam. En hulle sal weet dat Ek die Here
is.
ESÉGIËL 36:11 AFR53-AF
Ja,
Ek sal mense en diere op julle vermenigvuldig, en hulle sal vermenigvuldig en
vrugbaar wees; en Ek sal julle laat bewoon soos in jul voortyd en aan julle
weldoen meer as in julle vroeër dae, en julle sal weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 36:23 AFR53-AF
En
Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder
hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek die Here is, spreek die Here Here, as Ek My in julle voor hul oë as die
Heilige laat ken.
ESÉGIËL 36:38 AFR53-AF
Soos
die geheiligde skape, soos die skape van Jerusalem op sy feestye, so sal die
stede wat in puin lê, vol wees van kuddes van mense; en hulle sal weet dat Ek
die Here is.
ESÉGIËL 37:6 AFR53-AF
En
Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en ’n vel oor julle
trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat
Ek die Here is.
ESÉGIËL 37:13 AFR53-AF
En
julle sal weet dat Ek die Here is as
Ek julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk!
ESÉGIËL 37:28 AFR53-AF
En
die nasies sal weet dat Ek die Here is wat
Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees.
ESÉGIËL 38:23 AFR53-AF
So
sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë
van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die Here is.
ESÉGIËL 39:6-7 AFR53-AF
En
Ek sal ’n vuur slinger in Magog en onder hulle wat in die kuslande veilig woon;
en hulle sal weet dat Ek die Here is.
En Ek sal my heilige Naam bekend maak onder
my volk Israel en sal my heilige Naam nie meer laat ontheilig nie; en die
nasies sal weet dat Ek die Here is,
die Heilige in Israel.
ESÉGIËL 41:22 AFR53-AF
Die
altaar was van hout, drie el hoog, en sy lengte twee el, en dit het sy
hoekstukke gehad; en sy voetstuk en sy sykante was van hout. En hy het vir my
gesê: Dit is die tafel wat voor die aangesig van die Here is.
ESÉGIËL 48:35 AFR53-AF
rondom
agttienduisend el; en die naam van die stad sal van vandag af wees: Die Here is daar!
HOSÉA 12:6 AFR53-AF
En
Here God van die leërskare, Here is sy
gedenknaam.
HOSÉA 14:10 AFR53-AF
Wie
wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken!
Want die weë van die Here is reg; en
die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel!
JOËL 2:11 AFR53-AF
En
die Here verhef sy stem voor sy leërmag uit; want geweldig groot is sy leër,
ja, magtig die uitvoerder van sy woord. Want die dag van die Here is groot en uitermate vreeslik, en
wie kan dit verdra?
AMOS 5:8 AFR53-AF
Hy
wat die Sewe-ster en die Oríon gemaak het en die duisternis in môrelig verander
en die dag tot nag verduister, wat die waters van die see roep en dit uitgiet
oor die oppervlakte van die aarde — Here
is sy Naam!
AMOS 9:6 AFR53-AF
Dit
is Hy wat sy solders in die hemele bou en sy hemelgewelf bo die aarde vestig,
wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die aardbodem, Here is sy Naam!
AMOS 9:8 AFR53-AF
Kyk,
die oë van die Here Here is gerig
teen die sondige koninkryk, en Ek sal dit van die aardbodem verdelg; maar Ek
sal die huis van Jakob nie heeltemal verdelg nie, spreek die Here.
OBÁDJA 1:15 AFR53-AF
Want
die dag van die Here is naby oor al
die nasies; soos jy gedoen het, sal aan jou gedoen word, jou daad sal op jou
hoof neerkom.
MIGA 7:8 AFR53-AF
Wees
nie bly oor my nie, o my vyandin! Al het ek geval, ek staan weer op; al sit ek
in duisternis, die Here is ’n lig vir
my.
NAHUM 1:3 AFR53-AF
Die Here is lankmoedig, maar groot van
krag; en nooit laat die Here ongestraf bly nie. Sy weg is in warrelwind en in
storm, en wolke is die stof van sy voete.
NAHUM 1:7 AFR53-AF
Die Here is goed, ’n toevlug in die dag van
benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.
HÁBAKUK 2:20 AFR53-AF
Maar
die Here is in sy heilige tempel —
swyg voor Hom, o ganse aarde!
HÁBAKUK 3:19 AFR53-AF
Die
Here Here is my sterkte, en Hy maak
my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die
musiekleier op snaarinstrumente.
SEFÁNJA 1:7 AFR53-AF
Swyg
voor die Here Here! Want die dag van die
Here is naby; want die Here het ’n offer berei, sy gaste geheilig.
SEFÁNJA 2:5 AFR53-AF
Wee
die inwoners van die kusstreek, die nasie van die Kretiërs! Die woord van die Here is teen julle, Kanaän, land van
die Filistyne — Ek verdelg jou, sodat daar niemand meer woon nie.
SEFÁNJA 3:5 AFR53-AF
Die Here is regverdig binne-in hom, Hy doen
geen onreg nie; elke môre laat Hy sy reg aan die lig kom, dit ontbreek nooit
nie; maar die kwaaddoener ken geen skaamte nie.
SEFÁNJA 3:15 AFR53-AF
Die
Here het jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die koning van Israel, die Here is by jou, jy sal geen kwaad meer
vrees nie.
SAGARÍA 10:5 AFR53-AF
En
hulle sal wees soos helde wat in die oorlog die modder van die strate vertrap;
en hulle sal veg, want die Here is met
hulle; en die ruitery sal beskaamd uitkom.
MALEÁGI 1:7 AFR53-AF
Julle
bring spys wat verontreinig is, op my altaar, en dan vra julle: Waardeur het
ons U verontreinig? Deurdat julle sê: Die tafel van die Here is veragtelik.
MALEÁGI 1:12 AFR53-AF
Julle
daarenteen ontheilig dit as julle sê: Die tafel van die Here is verontreinig, en wat sy opbrings betref — sy spys is
veragtelik.
LUKAS 1:28 AFR53-AF
En
die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder
die vroue.
LUKAS 4:18-19 AFR53-AF
Die Gees
van die Here is op My, omdat Hy My
gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die
wat verbryseld van hart is, te genees;
om aan gevangenes vrylating te verkondig en
aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur;
om die aangename jaar van die Here aan te kondig.
JOHANNES 21:7 AFR53-AF
Daarop
sê die dissipel — die een vir wie Jesus liefgehad het — aan Petrus: Dit is die
Here! En toe Simon Petrus hoor dat dit die Here
is, gord hy sy bo-kleed om — want hy was naak — en werp homself in die see.
HANDELINGE 13:11 AFR53-AF
En
nou, kyk, die hand van die Here is op
jou, en jy sal blind wees en die son ’n tyd lank nie sien nie. En onmiddellik
het daar donkerheid en duisternis op hom geval, en hy het rondgegaan en gesoek
na mense wat hom by die hand kon lei.
HANDELINGE 13:49 AFR53-AF
En
die woord van die Here is deur die
hele land verbrei.
ROMEINE 16:11 AFR53-AF
Groet
Heródion, my stamgenoot. Groet hulle wat van die huis van Narcíssus is, die wat
in die Here is.
I KORINTHIËRS 4:17 AFR53-AF
Daarom
het ek Timótheüs, wat my geliefde en getroue seun in die Here is, na julle gestuur. Hy sal julle herinner aan my handelwyse
in Christus, soos ek oral in elke gemeente leer.
I KORINTHIËRS 11:11 AFR53-AF
En
tog, in die Here is die man nie
sonder die vrou nie, en die vrou ook nie sonder die man nie.
I KORINTHIËRS 12:3 AFR53-AF
Daarom
maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ’n
vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.
I KORINTHIËRS 14:37 AFR53-AF
As
iemand meen dat hy ’n profeet of ’n geestelike mens is, moet hy erken dat wat
ek aan julle skrywe, bevele van die Here
is.
II KORINTHIËRS 3:17 AFR53-AF
Die Here is die Gees, en waar die Gees van
die Here is, daar is vryheid.
EFÉSIËRS 5:17 AFR53-AF
Daarom
moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.
FILIPPENSE 2:11 AFR53-AF
en
elke tong sou bely dat Jesus Christus die
Here is tot heerlikheid van God die Vader.
FILIPPENSE 4:5 AFR53-AF
Laat
julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.
I THESSALONICENSE 5:12 AFR53-AF
MAAR
ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers
in die Here is en julle vermaan;
II THESSALONICENSE 3:3 AFR53-AF
Maar
die Here is getrou; Hy sal julle
versterk en bewaar van die Bose.
HEBREËRS 13:6 AFR53-AF
Daarom
kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die
Here is vir my ’n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ’n mens aan my
doen?
JAKOBUS 5:8 AFR53-AF
Julle
moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby.
I PETRUS 3:12 AFR53-AF
Want
die oë van die Here is op die
regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.