Heilige
Gees…
Ons as mense het die gewoonte om God
se eenvoudige Woord te neem en dit onsetend kompleks te maak. Soveel so dat ek
partykeer getwyfel het in my geloof en selfs in God! Christenskap is
veronderstel om so eenvoudig te wees dat die kinders dit moet kan verstaan. My
enigste sekerheid in die lewe is God Homself. Verder het ek gevind dat alles
anders tot niet gaan of jou gaan terleurstel. Ek het gevind dat sou ek my
geloof basseer op dit wat ander mense sê en selfs leer, is die kanse goed dat
ek iewers probleme gaan optel. Die Heilige Gees wil ons self leer en al gebruik
Hy wie of wat ookal Hy wil om dit te doen (Hy mag maak wat Hy wil want Hy is
God!), moet ek alles na Hom toe vat en dit toets aan die Woord. Dit kan slegs
gedoen word deur my eie persoonlike verhouding met God te hê. Jesus het dit
moontlik vir ons almal gemaak om self met God te kan praat! ‘n Mens se lewe
word grootliks bepaal deur jou prentjie van wie God is.
My vraag was eenvoudig: Wie is die
God wat ek my lewe voor gee? Ek ken Hom ‘n bietjie maar weet nie eintlik wie Hy
is nie. Die Bybel is vol beskrywings en stories wat God en Sy
karaktereienskappe beskryf en dit is noodsaaklik dat ons God so leer ken. Maar
daar is ‘n paar plekke in Sy Woord waar God pertinent sê Ek is, of Hy is, of
Jesus is soos bv waar Jesus sê Ek is die weg, die waarheid, die lewe, niemand
kom na die Vader behalwe deur My nie. So ek het al hierdie versies in die Woord
gaan soek. My gebed is dat dit jou kan help om ons Skepper en Vader en God
beter te leer ken.
Moet asb nie alles net deur lees nie!
Print dit, skryf dit uit, maar spandeer tyd en bid asb oor elke versie! Lees
met die Bybel byderhand en lees die paar versies voor en na elke genoemde
versie om die konteks beter te kan verstaan. Laat die Gees jul lei en leer Hom
ken!
Hier is die versies waar God sê
Heilige Gees….
Ø PSALMS 51:13 AFR53-AF
Verwerp my nie van U aangesig nie en neem U Heilige Gees nie van my weg
nie.
Ø JESAJA 63:10-11 AFR53-AF
Maar húlle was wederstrewig en het sy Heilige Gees bedroef; daarom het
Hy vir hulle in ’n vyand verander: Hy self het teen hulle gestry.
Toe het sy volk gedink aan die dae van die ou tyd, van Moses: Waar is Hy
wat hulle uit die see laat optrek het saam met die herder van sy kudde? Waar is
Hy wat sy Heilige Gees in hulle midde gegee het?
Ø MATTHÉÜS 1:18 AFR53-AF
DIE geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof
was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die
Heilige Gees.
Ø MATTHÉÜS 1:20 AFR53-AF
Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ’n engel van
die Here in ’n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om
Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die
Heilige Gees;
Ø MATTHÉÜS 3:11 AFR53-AF
Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is
sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle
doop met die Heilige Gees en met vuur.
Ø MATTHÉÜS 12:32 AFR53-AF
En elkeen wat ’n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom
vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie
vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.
Ø MATTHÉÜS 28:19 AFR53-AF
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die
Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te
onderhou wat Ek julle beveel het.
Ø MARKUS 1:8 AFR53-AF
Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die
Heilige Gees.
Ø MARKUS 3:29 AFR53-AF
maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in
ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel
Ø MARKUS 12:36 AFR53-AF
Want Dawid self het deur die Heilige Gees gesê: Die Here het tot my Here
gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ’n voetbank van u
voete.
Ø MARKUS 13:11 AFR53-AF
En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf
kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle
in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek
nie, maar die Heilige Gees.
Ø LUKAS 1:15 AFR53-AF
want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit
drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van
sy moeder af.
Ø LUKAS 1:35 AFR53-AF
En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom
en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige
wat gebore word, Seun van God genoem word.
Ø LUKAS 1:41 AFR53-AF
En toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in haar skoot
opgespring; en Elisabet is vervul met die Heilige Gees
Ø LUKAS 1:67 AFR53-AF
EN Sagaría, sy vader, is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer
en gesê:
Ø LUKAS 2:25-26 AFR53-AF
EN daar was ’n man in Jerusalem met die naam van Símeon; en hierdie man
was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die
Heilige Gees was op hom.
En aan hom was dit deur die
Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus
van die Here gesien het nie.
Ø LUKAS 3:16 AFR53-AF
antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom
wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie —
Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
Ø LUKAS 3:22 AFR53-AF
en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos ’n duif op Hom
neergedaal; en ’n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun;
in U het Ek ’n welbehae.
Ø LUKAS 4:1 AFR53-AF
EN Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en
is deur die Gees in die woestyn gelei,
Ø LUKAS 11:13 AFR53-AF
As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee,
hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?
Ø LUKAS 12:10 AFR53-AF
En elkeen wat ’n woord teen die Seun van die mens sal spreek, dit sal
hom vergewe word; maar vir hom wat gelaster het teen die Heilige Gees, sal dit
nie vergewe word nie.
Ø LUKAS 12:12 AFR53-AF
want die Heilige Gees sal julle in dieselfde uur leer wat julle moet sê.
Ø JOHANNES 1:33 AFR53-AF
En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te
doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit
is Hy wat met die Heilige Gees doop.
Ø JOHANNES 7:39 AFR53-AF
En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want
die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.
Ø JOHANNES 14:26 AFR53-AF
maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur,
Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê
het.
Ø JOHANNES 20:22 AFR53-AF
En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die
Heilige Gees.
Ø HANDELINGE 1:2 AFR53-AF
tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy
uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het;
Ø HANDELINGE 1:5 AFR53-AF
Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige
Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.
Ø HANDELINGE 1:8 AFR53-AF
maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en
julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en
tot aan die uiterste van die aarde.
Ø HANDELINGE 1:16 AFR53-AF
Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel
het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus
gevange geneem het;
Ø HANDELINGE 2:4 AFR53-AF
En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in
ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
Ø HANDELINGE 2:33 AFR53-AF
Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die
belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou
sien en hoor.
Ø HANDELINGE 2:38 AFR53-AF
En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop
word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die
gawe van die Heilige Gees ontvang.
Ø HANDELINGE 4:8 AFR53-AF
Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van
die volk en ouderlinge van Israel,
Ø HANDELINGE 4:31 AFR53-AF
En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle
is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid
gespreek.
Ø HANDELINGE 5:3 AFR53-AF
Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die
Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?
Ø HANDELINGE 5:32 AFR53-AF
En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God
gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.
Ø HANDELINGE 6:3 AFR53-AF
Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol
van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel;
Ø HANDELINGE 6:5 AFR53-AF
En die woord het byval gevind by die hele menigte; en hulle het gekies:
Stéfanus, ’n man vol van geloof en van die Heilige Gees, en Filippus en
Próchorus en Nikánor en Timon en Pármenas en Nikoláüs, ’n Jodegenoot uit
Antiochíë,
Ø HANDELINGE 7:51 AFR53-AF
Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan
altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle.
Ø HANDELINGE 7:55 AFR53-AF
Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en
die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.
Ø HANDELINGE 8:15 AFR53-AF
Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag
ontvang,
Ø HANDELINGE 8:17-19 AFR53-AF
Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees
ontvang.
En toe Simon sien dat deur die
handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld
aangebied
en gesê: Gee aan my ook hierdie
mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang.
Ø HANDELINGE 9:17 AFR53-AF
En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en
gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn
het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige
Gees vervul word.
Ø HANDELINGE 9:31 AFR53-AF
En die gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede
gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en
die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.
Ø HANDELINGE 10:38 AFR53-AF
met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die
Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal
genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.
Ø HANDELINGE 10:44-45 AFR53-AF
En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige
Gees op almal geval wat die woord gehoor het.
En die gelowiges uit die
besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van
die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is.
Ø HANDELINGE 10:47 AFR53
Niemand kan tog die water weer, dat
hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word
nie?
Ø HANDELINGE 11:15-16 AFR53
En toe ek begin spreek, het die
Heilige Gees op hulle geval soos ook op ons in die begin. En ek het die woord van die Here onthou, hoe
Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees
gedoop word.
Ø HANDELINGE 11:24 AFR53
want hy was ’n goeie man en vol van
die Heilige Gees en geloof; en ’n aansienlike skare is aan die Here toegebring.
Ø HANDELINGE 11:28 AFR53
En een van hulle met die naam van
Ágabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar ’n groot
hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het onder keiser
Claudius.
Ø HANDELINGE 13:2 AFR53
En terwyl hulle besig was om die Here
te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir
My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het
Ø HANDELINGE 13:4 AFR53
So het hulle dan, deur die Heilige
Gees uitgestuur, afgegaan na Seleúcië en daarvandaan weggevaar na Ciprus.
Ø HANDELINGE 13:9 AFR53
Maar Saulus, dit is Paulus, vervul
met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê:
Ø HANDELINGE 13:52 AFR53
En die dissipels is vervul met
blydskap en met die Heilige Gees.
Ø HANDELINGE 15:8 AFR53
En God wat die harte ken, het vir
hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan
ons.
Ø HANDELINGE 15:28 AFR53
Want die Heilige Gees en ons het
besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge:
Ø HANDELINGE 16:6 AFR53
En hulle het deur die land Frígië en
Galásië gegaan, omdat die Heilige Gees hulle verhinder het om in Asië die woord
te verkondig.
Ø HANDELINGE 19:2 AFR53
en hulle gevra: Het julle die Heilige
Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie
eens gehoor dat daar ’n Heilige Gees is nie.
Ø HANDELINGE 19:6 AFR53
En Paulus het hulle die hande opgelê,
en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en
geprofeteer.
Ø HANDELINGE 20:23 AFR53
behalwe dat die Heilige Gees in elke
stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag.
Ø HANDELINGE 20:28 AFR53
Gee dan ag op julleself en op die
hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as
herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.
Ø HANDELINGE 21:11 AFR53
En toe hy by ons kom, neem hy die
gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: Dít spreek die Heilige
Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die
hande van heidene oorlewer.
Ø HANDELINGE 28:25 AFR53
En toe hulle onder mekaar onenig was,
het hulle uiteengegaan nadat Paulus hierdie woord gesê het, naamlik: Tereg het
die Heilige Gees deur Jesaja, die profeet, tot ons vaders gespreek
Ø ROMEINE 5:5 AFR53
en die hoop beskaam nie, omdat die
liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons
gegee is.
Ø ROMEINE 9:1 AFR53
EK spreek die waarheid in Christus,
ek lieg nie — my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees —
Ø ROMEINE 14:17 AFR53
Want die koninkryk van God is nie
spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.
Ø ROMEINE 15:13 AFR53
En mag die God van die hoop julle
vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan
wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!
Ø ROMEINE 15:16 AFR53
om ’n dienaar van Jesus Christus
onder die heidene te wees, ’n dienaar van die evangelie van God, sodat die
offer van die heidene welgevallig kan wees, geheilig deur die Heilige Gees.
Ø I KORINTHIËRS 2:13 AFR53
Daarvan spreek ons ook, nie met
woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees
leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
Ø I KORINTHIËRS 6:19 AFR53
Of weet julle nie dat julle liggaam
’n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en
dat julle nie aan julself behoort nie?
Ø I KORINTHIËRS 12:3 AFR53
Daarom maak ek julle bekend dat
niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ’n vervloeking noem nie; en
niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.
Ø II KORINTHIËRS 6:6 AFR53
in reinheid, in kennis, in
lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde;
Ø II KORINTHIËRS 13:13 AFR53
Die genade van die Here Jesus
Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met
julle almal! Amen.
Ø EFÉSIËRS 1:13 AFR53
in wie julle ook, nadat julle die
woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie
julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die
belofte,
Ø EFÉSIËRS 4:30 AFR53
En bedroef nie die Heilige Gees van
God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.
Ø I THESSALONICENSE 1:5-6 AFR53
Want ons evangelie het tot julle nie
gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle
versekerdheid, soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees
het. En julle het navolgers van ons
geword en van die Here deurdat julle die woord in baie verdrukking ontvang het
met die blydskap van die Heilige Gees,
Ø I THESSALONICENSE 4:8 AFR53
Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp
nie ’n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.
Ø II TIMÓTHEÜS 1:14 AFR53
Bewaar jou goeie pand deur die
Heilige Gees wat in ons woon.
Ø TITUS 3:5 AFR53
nie op grond van die werke van
geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered
deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees
Ø HEBREËRS 2:4 AFR53
terwyl God ook nog saam getuig het
deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige
Gees volgens sy wil?
Ø HEBREËRS 3:7 AFR53
Daarom, soos die Heilige Gees spreek:
Vandag as julle sy stem hoor,
Ø HEBREËRS 6:4 AFR53
Want dit is onmoontlik om die wat
eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees
deelagtig geword het,
Ø HEBREËRS 9:8 AFR53
waarmee die Heilige Gees dít duidelik
maak, dat die weg na die heiligdom nog nie geopen is so lank as die eerste
tabernakel nog standhou nie.
Ø HEBREËRS 10:15 AFR53
En ook die Heilige Gees gee aan ons
getuienis;
Ø I PETRUS 1:12 AFR53
Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie
vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig
is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat
van die hemel gestuur is — dinge waarin die engele begerig is om in te sien.
Ø II PETRUS 1:21 AFR53
want geen profesie is ooit deur die
wil van ’n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die
heilige mense van God gespreek.
Ø I JOHANNES 5:7 AFR53
Want daar is drie wat getuig in die
hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een;
Ø JUDAS 1:20 AFR53
Maar julle, geliefdes, moet julleself
opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid
Ø GALÁSIËRS 5:22 AFR53
Maar die vrug van die Gees is liefde,
blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid,
sagmoedigheid, selfbeheersing.
Ø I JOHANNES 5:6 AFR53
Dit is Hy wat deur water en bloed
gekom het, Jesus die Christus; nie deur die water alleen nie, maar deur die
water en die bloed; en dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die
waarheid.